|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 53
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Zorel in die paradys
53 "Aha, my innerlike lewenslig word nou tog ontsettend sterk, dit deurdring nou reeds my hele binneste! O, hoe goed doen die lig my hele wese! Maar die lig vertoon hom nou aan my as `n vierjarige kind met `n buitengewone vriendelike uiterlike! Hy moet baie wys wees, want hy sien soos `n klein God daar uit, soos wat jy jou dit so suiwer moontlik kan voorstel. Nie soos `n fantasiegod van die Egiptenare, Grieke of Romeine nie, maar soos `n wonderbaarlike spieëlbeeld van die ware God van die Judeërs! Hy is `n spieëlbeeld van die ware God!
[2] O, nou erken ek wel dat daar maar een ware God is, maar net hulle wat `n volkome rein hart het sal Sy heilige Aangesig kan sien! Ek sal dit gewis nie maklik te siene kry nie, want my hart is reeds baie onrein! Jou sal dit wel geluk, vriend Zinka, want aan jou hart ontdek ek bykans niks onrein nie, behalwe die plek en die draad* waardeur jy noodsaaklikerwys nog `n tydjie met die wêreld verbind moet bly! (*Prediker 12:6: vertaler)
[3] Maar nou eers sien ek, alhoewel bietjie veraf, die breë einde van die laan. Nou is daar geen spoor meer van `n see nie, orals sien ek weelderig begroeide, wondermooie lande, tuin na tuin. Orals staan die pragtigste huise en paleise! Ag, dit is vir my tog `n onbeskryflike prag!
[4] My vriend sê dat dit nog lank geen hemel is nie, maar dat dit die paradys is. In die hemel het nog geen sterfling ingekom nie, want daarheen is tot op hede nog nie `n brug gebou nie. Alle goeie mense wat vanaf die begin van die skepping op aarde geleef het, bly hier saam met Adam, Noag, Abraham, Isak en Jakob. Die hoë berge daar begrens hierdie buitengewone, wonderbaarlik heerlike land. Wie dié berge sou klim, sal wel die hemele sien met God se groot engeleskares, maar solank daar bo-oor die groot bodemlose kloof nie vir ewig `n vaste brug gebou sal word nie, kan niemand daar inkom nie.
[5] Ons loop nou so vinnig soos die wind. Die ligmens in my het reeds die grootte van `n agtjarige jongeling en dit voel vir my of sy gedagtes soos bliksems deur my hele wese flits. Ek voel wel hulle onbegryplike verhewenheid en diepte, maar hulle vorme verstaan ek nog nie. Daarin moet iets buitengewoon wonderbaarlik geleë wees! Elke uitgaande gedagteblits, verskaf my `n onbeskryflike geluksalige gevoel! So `n saligheid ken die hele aarde nie - en kan dit ook nie ken nie! Want die hele aarde is tog slegs `n barmhartigheidsoordeel van God - maar tog `n oordeel, en in die beste oordeel vind jy altyd maar weinig salighede.
[6] Nou kom ons al baie naby die hoë berge en dit word steeds pragtiger! Wat `n onbeskryflike, afwisselende veelheid van wonders! Duisend mensleeftye sou nie voldoende wees om dit alles te beskrywe nie!
[7] En kyk eers daar, by die berge woon ontelbare, beeldskone mense! Maar vir beide van ons, dit wil sê vir my en my goeie vriend, skyn hulle nie op te merk nie, want hulle gaan vinnig en onbekommerd by ons verby, sonder om te laat blyk dat hulle ons sien, terwyl al die bome my vriend tog duidelik sigbaar begroet! `n Wonderlike geestesvolk is dit!
[8] Aha, aha, intussen het ons ook die top van `n hoë berg bestyg! O God, o God, daar staan ons nou, en ek veral, heeltemal ten einde raad! Baie ver weg sien ek steeds duideliker `n groot horison, wat helderder is as die sonlig. Daar moet die begin van God se hemel wees, wat daaragter steeds verder gaan, hoër en ewigdeur hoër!
[9] Maar tussen hier en daar gaap `n kloof, groter as die ruimte tussen die aarde en die son! Daaroor sal nou `n brug gebou word! By God sal dit ongetwyfeld alles wel moontlik wees!
[10] Maar nou is my innerlike ligmens reeds so groot soos ekself, en vreemd, ek word nou slaperig en die vriend sê dat ek op die groen en geurende weiveld moet uitrus en slaap! Dit sal ek ook doen!"
|
|
|
|
|