|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 107
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die ontstaan van die maan
107 (Die Heer:) "Talle duisendmaal duisende aardse jare gelede was dit (die aarde) aansienlik swaarder, en haar geeste was onder groot druk. Toe ontsteek die erger geeste egter in toorn en hulle maak hulleself inderdaad met heelwat growwe materie van haar af los, en swerm gedurende talle duisende jare in `n uiters onreëlmatige baan om hierdie aarde.
[2] Omdat al die dele egter, op enkele brokke na, volkome week en die helfte vloeibaar was en alles voortdurend ronddraai, vorm dit ten slotte `n groot bol, waarvan die as-omwenteling vir sy klein deursnee veels te stadig was om op sy oppervlakte, wat nie gering is nie, te sorg vir `n gelykmatige verdeling van die vloeistof, terwyl sy omwenteling rondom hierdie aarde baie vinnig was, sodat alle vloeistof altyd op die teenoorgestelde kant van die aarde moes bly weens die ou gewig tydens die uitstoting.
[3] Daardeur word egter die eintlike swaartepunt van hierdie ronde klomp steeds meer na die kant verskuif waar alle vloeistof voortdurend is en so moes mettertyd die te stadige eie-asrotasie van hierdie klomp ten slotte algeheel ophou toe die water nie meer so vinnig deur die klomp kon sypel nie omdat die klomp kompakter geword het en die golwe wat dit saamgeneem het, teen die ontstane hoë bergwande te veel gebreek en weerstand ondervind het. Die hele klomp begin toe die aarde, wat hom uitgewerp het, slegs één en dieselfde gesig te laat sien.
[4] En dit was goed, sodat die geeste wat te hardnekkig was, kon ondervind hoe goed dit is om in `n baie droë materie wat byna geen voedsel het nie, opgesluit te wees. En terselfdertyd dien hierdie deel van die maan (want die klomp waarvan hier sprake is, is ons maan) sedert hierdie aarde deur mense bewoon is, ook om mensesiele, wat te veel van die wêreld hou, daarheen te verwys. Van daar af kan hulle, voorsien van `n fyn, stoflike omhulsel, hul mooi aarde ver weg op `n afstand van meer as honderdduisend uur deurgaans enige duisende jare lank meer as werklik genoegsaam bekyk, en hulleself bekla omdat hulle nie meer haar suinige bewoners is nie. Dat hulle egter ondanks al hul verlange nie weer na benede na die aarde toe kan kom nie, is daar gewis baie goed voor gesorg. Maar etlike eons aardse jare sal op die duur ook die allerhardnekkigstes tot besinning bring!
[5] Nou het julle dus gesien hoe die hele materiële skepping van die wêrelde ontstaan het tot en met die mane van die planete, wat feitlik orals waar mens hulle aantref, op dieselfde wyse ontstaan het, dieselfde aard het en nou dieselfde doel dien.
[6] Op gelyke wyse, en om dieselfde rede soos waarop oorspronklik die hele stoflike skepping van die wêrelde tot en met die mane tot stand gekom het uit geeste wat in hulself ineengestort het, ontstaan met die verloop van tyd op die harde en swaar hemelliggame ook die berge as die eerste reusagtige plante van `n wêreld, en later allerlei plante, diere en ten slotte die mens self.
[7] Verbeterde geeste ontworstel hulle gewelddadig aan die steeds toenemende druk van die materie, deur met die krag van hul wil hul eie materie op te los. Hulle kon dadelik oorgaan in die orde van die suiwer geeste, maar die ou prikkel laat ook nog steeds sy ou krag geld. Die eieliefde word dadelik weer wakker, die plant suig, die dier vreet, en die mensesiel soek net `n kort rukkie, nadat hy in die ou goddelike vorm teruggekom het, begerig na stoflike kos en `n soortgelyke, trae gevoel van welbehaaglikheid. Die siel moet haarself daarom dadelik weer met `n stoflike liggaam omhul, wat egter tog sagter en dus nie so hard as die ou, sondige materie is nie. Ondanks die sagter liggaam neem die siel daarin tog sodanig in eieliefde toe dat sy weer heeltemal in die hardste materie sou verander het as Ek nie in sy hart `n bewaker, `n vonkie van My liefdesgees, sou geplaas het nie."
|
|
|
|
|