Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 190

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die skat van Oubratouvishar

190 Toe wikkel ons Oubratouvishar sy kleinood uit die fyn katoen-linnedoek uit en sit dit voor My neer met die woorde: "Hier is dit, soos wat ek dit tussen die los klippe van `n berghelling gevind het, waarby ek nie anders kon doen as om dit op te tel en te bewaar nie! Mensehande het daar beslis nooit iets mee te doen gehad nie! Dit blyk daarom `n suiwer produk, `n sogenaamde spel van die natuur te wees. Wat is dit en watter waarde sou dit kon hê? Want iets waardeloos sou ek tog nooit as geskenk aan iemand wou gee nie."

[2] Ek sê: "Dit is `n uiters waardevolle edelsteen en wel `n baie groot, geslypte diamant. Dit is egter deur mensehande so geslyp en gepoleer en is ten tye van die Persiese oorlog met Egipte, by watter geleentheid die Perse ook tot in die woesteny van Nubië deurgedring het, deur `n veldheer tydens `n geveg met `n groot aantal hongerige leeus en panters verloor. Jy gee daarmee aan die owerste van Memphis volgens aardse maatstawwe `n enorm waardevolle geskenk omdat dit so buitengewoon seldsaam is.

[3] Kyk, hierdie steen het die mense honderd-en-sewentig jaar lank geslyp en gepoleer en dit was daarna die kroonjuweel van `n aantal konings van Persië, totdat ten slotte `n koning sy magtigste veldheer daarmee vereer het; en hierdie veldheer is die een wat hom toe aan die woeste grense van julle land verloor, waar dit in dié tyd gewemel het van leeus en panters. Hierdie diere het Ek destyds ook daar geplaas om julle te beskerm, anders sou daardie tyd se erg oorlogsugtige Perse julle wel gevind en julle kuddes baie erg uitgedun het.

[4] Soos wat jy egter voorbestem was om selfs stoflik `n baie waardevolle skat te vind, wat reeds etlike honderde jare onder die los klippe gelê het, so is jy ook geroep om die grootste en waardevolste skat vir die gees, en daaruit vir julle siele, te vind. Jy soek, en het ook baie eervol gevind wat jy gesoek het! Jou swart vel moet jou nie bekommer nie, dit sal vir My een van die mees gewaardeerde kleure bly.

[5] Die Evangelie wat Ek nou aan julle sal verkondig, sal net by julle heeltemal suiwer bewaar bly. Jy moet My voor-apostel word vir jou swart broers en susters! Binne `n kort tydjie sal Ek julle reeds `n helper stuur wat julle sal lei na `n baie gelukkige land van julle wêrelddeel en julle die akkerbou leer en ander nuttige dinge wat vir die aardse lewe van groot noodsaaklikheid is.

[6] In daardie land wat vir julle nou nog volkome onbekend is, sal julle `n heel tevrede en gelukkige volk wees en die reinheid van My Woord en My leer bewaar. Wee egter diegene wat julle in latere tye sal opsoek om julle lastig te val en te onderwerp; teen hulle sal Ek Self die gloeiende swaard van toorn ophef en hulle tot op die laaste man verslaan! En so sal julle Swartes in `n afgeslote, heel groot stuk land altyd as `n vry volk tot aan die einde van die tye woon.

[7] Indien julle onder mekaar egter eendag onenigheid kry - wat ook moontlik moet bly vanweë julle vryheid - dan sal die magtiges onder julle hulle as konings verhef en hulle sal julle met harde wette pla en met julle goue vryheid sal dit vir lank of ook selfs vir altyd tot `n einde kom! Dan sal julle kinders in groot nood moet smag en vurig verlang na die verlossing; maar dit sal dan regtig baie lank op sigself laat wag. Sorg daarom daarvoor dat daar by julle geen konings opstaan nie - behalwe so een soos wat jy is! Want jy is geen onderdrukker nie, maar `n ware weldoener van jou volk en dít is dus ook binne My orde en so moet dit by julle ook bly!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205