Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die weduwee en haar giftige sfeer

154 Mathaël buig en begin dadelik die volgende gedenkwaardige sterfgeval te vertel: "In `n klein plekkie tussen Bethlehem en Jerusalem het `n sonderlinge weduwee geleef. Sy was met twee manne getroud gewees. Die eerste man het haar reeds na `n jaar ontval. Van hom het sy `n dogter verkry wat egter vanaf geboorte doof en stom was, maar wat by doofstommes selde die geval is, was sy lewendig en opgewek.

[2] Nadat sy `n jaar weduwee was, ding `n tweede, heel energieke man om haar hand mee en trou met die weduwee, wat toentertyd baie mooi moes gewees het. Maar met hierdie man gaan dit met hierdie vrou skaars beter as sy voorganger, want hy leef maar twee jaar en `n paar maande en sterf, net soos die eerste, aan algehele uitputting.

[3] Dit skrik daarna alle ander manne af, sodat niemand haar meer verder om die hand durf vra nie. Van die tweede energieke man het sy egter glad geen kind nie, terwyl die doofstom dogter flink groei en op haar vyfde jaar al so groot en sterk was soos `n meisie van twaalf jaar. Daarby het sy `n heel aangename uiterlike, en elke man kyk met baie genoeë en dikwels reeds baie begerig na hierdie doofstom meisie.

[4] Hierdie weduwee leef daarna nog twintig jaar, bly steeds mooi en selfs baie aantreklik, en haar dogter betower elke man; want iets mooiers en aantreklikers was daar in dié tyd in die hele Judese land nie te vinde nie! Die meisie was ook nog in hoë mate intelligent en goed opgevoed, en weet om haar deur gebaretaal baie goed aan elkeen verstaanbaar te maak, en dit doen sy altyd op so `n egte, kunssinnig sierlike manier dat elke man hom gelukkig ag om met hierdie doofstom meisie `n gesprek te gevoer het. Baie doen aan die meisie `n huweliksaansoek, maar omdat doofstommes volgens die wet van die huwelik uitgesluit is, waarvoor ek absoluut geen enkele aanvaarbare rede voor sien nie, was daar beslis niks aan te doen nie.

[5] Die weduwee was ook baie vermoënd en het uitgestrekte besittings en sodoende baie knegte en diensmaagde gehad, en sy doen baie goed aan die armes. Die vrou sou graag nog `n keer getroud wou wees, maar omdat niemand meer om haar hand vra nie, en die vrou ook niemand meer durf vra nie uit angs en tewens uit goeie wil, om nie sonder omgee ook nog `n derde man te dood nie, bly sy ongetroud, lei `n heel sedige en ingetoë lewe, en was die troosteres vir baie noodlydendes.

[6] Ook het daar eens `n Griekse geneesheer gekom wat haar wou genees van haar vreemde, merkwaardige eienskap; maar sy wys hom af en sê - soos wat sy dit later presies aan my vader vertel het, en wel, as my origens goeie geheue my nie bedrieg nie met die volgende woorde - : ‘My ouers was goeie en godvrugtige mense, en ek staan as meisie bekend as `n toonbeeld van ingetoënheid. Voor my eerste huwelik het ek nooit `n man beken nie. Hoe dan so `n bose eienskap in my goedgevormde liggaam kan woon, is vir my `n raaisel; ek is egter – aan JaHWeH alleen alle lof! - verder kerngesond en daarom wil ek geen geneesmiddel hê nie. Dit is dus God se wil, wat ek my graag laat welgeval! Jy, pseudo- Aesculapius, kan egter gaan, anders adem ek in jou rigting en dan is jy miskien ook reddeloos verlore, ondanks dat jy geneesheer wil wees en my graag wil help, maar soos wat ek sien, nie eers jou eie verskriklike struma (skildkliervergroting) kon verhelp nie, en ook nie die hink van jou linkervoet nie! `n Dokter moet tog eers self as mens sonder gebreke en kerngesond wees voordat hy `n sieke kan help! Die blakende en algehele gesondheid van die dokter moet die sieke tog `n sekere vertroue inboesem, sodat hy kan glo dat die dokter iets kan; as die dokter egter soos `n kreupele daar staan en dan `n gesonde wil help, is hy immers uitermate belaglik, en as hy te opdringerig word, moet hy dadelik weggejaag word!’

[7] Toe die dokter hierdie aanbeveling hoor, verlaat hy brommend en morrend die huis, maar kom na `n jaar terug, vra na die gesondheid van ons mooi weduwee en begin om haar mooie hand mee te ding.

[8] Toe word die weduwee ongeduldig en adem op `n afstand van drie treë in die rigting van die dokter en sê: ‘Gaan weg en kom nie nader aan my nie! As my asem jou raak, is jy `n kind des doods; nog binne `n jaar sal jy verrot onder die aarde!’

[9] Toe lag die dokter en hy suig die uitgeasemde lug met vreugde gretig na binne om aan die mooie weduwee te toon hoe min hy omgee vir haar sogenaamde giftige asem, omdat hy daarvan oortuig was dat daar niks mee verkeerd was nie. Die mooiste van dit alles was egter dat die weduwee self nie in die minste daarin geglo het nie, maar haar slegs maar van hierdie bedreiging bedien het omdat die mense daardie gerug versprei het en niemand hom daaroor in haar omgewing gewaag het nie.

[10] Maar die volk het tog nie heeltemal ongelyk nie. As ons weduwee haar nie opwen oor die een of ander nie, dan was daar niks aan die gang met haar asem nie; maar sodra sy ook maar enigsins deur iets driftig word, was dit by haar nie uit te hou nie. Wie dan te veel van haar asem inasem, leef nie `n jaar langer nie en was `n kind des doods. Hy teer op `n bepaalde manier weg en alles wat hy daarteen gebruik, ook al kom dit van `n betroubare dokter wat letterlik wondere kon verrig, was verniet; met ysere hardnekkigheid gaan die kwaal verder en die sieke gaan onherroeplik daaraan te gronde! En so gaan dit ook werklik met ons Griekse dokter; hy word weldra sieklik en verander binne agt maande in `n misrabele, en totaal uitgeteerde lyk, vergeleke waarby `n ongeveer drieduisend jaar oue Egiptiese mummie nog heel welgevoed was!

[11] Weldra hoor ons weduwee daarvan, en die mense fluister haar van verskillende kante in die oor dat sy voor die gereg moes kom. Die weduwee trek haar dit baie aan; sy begin ten slotte self sieklik te word en laat weldra my vader haal, wat natuurlik vir my, as sy onontbeerlike siener, saamneem om deur my sienersgawe iets by hierdie merkwaardige vrou te ontdek. Ons gaan `n bietjie versigtig die huis van hierdie vreemde vrou binne en vind haar vermoeid en uitgeput in die bed lê. Haar doofstom, maar verder werklik hemelsmooie dogter en `n paar ander jong vroue was by haar en het haar versorg.

[12] Wel moet hier opgemerk word dat haar eienaardige asem slegs vir manne, maar nooit vir vroue en meisies gevaarlik was nie.

[13] My vader sê, toe hy met enigsins ingehoue asem die kamer binnegaan: ‘Hier is die bestelde dokter uit Jerusalem; wat verlang die bekoorlike weduwee van my?’

[14] Toe sê die weduwee: ‘Wat sal `n sieke anders van `n dokter verlang as dat sy gesond word?! Help my as u kan!’

[15] My vader sê: ‘Staan my toe dat ek u vir `n tyd waarneem, dan sal ek wel sien of u nog te help is of nie!’

[16] Die weduwee antwoord: ‘Doen wat u goeddink!’

[17] Toe sê Vader in Romeins aan my: ‘Let op of jy hier iets kan raaksien; want haar siekte moet `n baie spesiale oorsaak hê!’

[18] Ek span my nou dadelik in om iets te sien, maar kon aanvanklik niks raaksien nie, dit wil sê niks geesteliks en onheilspellends nie. Maar na ongeveer `n uur ontdek ek `n blouagtige damp wat hom bo die bed van die weduwee versprei, en vra my vader of hy ook iets daarvan sien. Hy ontken dit en maak daaruit die gevolgtrekking dat dit al iets buitengewoons was. Ek sit my waarneming met die grootste opmerksaamheid voort en ontdek in hierdie blou newel weldra `n groot aantal ongeveer vingerlange klapper- en ringslange, wat in die blou newel soos visse in die water rondswem. Hierdie ondiere kronkel ontsettend, en vorm die een ring na die ander, en flits vreeslik met hul staal tonge; maar bo die in `n sekere sin vaste newelkring beweeg geen van die talle ondiere nie. Ek maak my vader dadelik daarop attent en gee hom my mening te kenne dat dit in elk geval nie baie aan te beveel was om te naby die bed te kom nie. My vader deel dadelik my mening, maar hy vra my ook of ek nie die een of ander middel te wete kon kom waarmee die weduwee gehelp sou kon word nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205