|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 56
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die wese van die mens en sy kreatiewe roeping
56 (Zorel:) "God Self is die hoogste en mees volmaakte, ewige Oermens uit Homself. Dit wil sê, hierdie Mens is in wese `n vuur, waarvan die gevoel Liefde is; `n Lig, waarvan die gevoel Verstand en Wysheid is; en `n warmte, waarvan die gevoel die lewe self is in die volste bewussyn van Homself. As die vuur hewiger word, word die lig ook intenser en die alles skeppende warmte ook hewiger, sodat dit uiteindelik ver na buite uitstraal. Hierdie straling is self lig, het die warmte reeds in homself, en hierdie warmte het ver weg dieselfde uitwerking as binne-in homself. Die geskapene neem steeds meer lig en warmte op, dit verlig en verwarm so altyd verder en verder en werk daar waar dit kom, ook weer. En so plant alles ewig verder voort uit die oervuur, die oerlig en uit die oerwarmte en vul steeds verder en steeds meer die oneindige skeppingsruimte.
[2] Alles kom dus oorspronklik uit die een oerbestaan van God voort en bly hulself ontwikkel totdat dit gelyk word aan die oerwese van die Oermens. Eenmaal daaraan gelyk, bly dit dan ook in volledige selfstandige vryheid in die menslike vorm uit God bestaan as `n elohim homself, in innige verbondenheid met die Oer- God, omdat dit dít is wat die Oer-God Self is.
[3] Waar julle lig, vuur en warmte sien, daar is ook die mens, hetsy al gereed of in `n beginstadium. Miljarde lig-, vuur- en warmte-atome ontpop hulleself en bring vorme voort. Die afsonderlike vorme gaan opnuut tesame en ontpop hulleself in `n groter vorm, wat die menslike vorm al meer benader, en ontwikkel homself daarin tot `n wese. Hierdie wese produseer nou al meer vuur, lig en warmte, waardeur `n groot behoefte aan `n hoër en meer volmaakte vorm egter ontstaan. Die talle vorme wat op sigself reeds volmaakter is, verskeur ewe-eens hulle omhulsels, voeg hulle saam en ontpop hulleself deur die substansie van hulle wil wederom in `n hoër en volmaakter vorm. Dit gaan so voort totdat die mens voltooi is, en daarna ontpop die mens homself tot die toestand waarin ek my nou bevind en waarin hy dan volledig gelyk is aan die Oervuur, die Oerlig en die Oerwarmte. Dít alles nou, is God, wat ek nou onafgebroke sien in Sy Oerlig, met in Homself die volle vuur en die volle warmte, en dit alleen is dit wat van ewigheid tot ewigheid die wese van God uitmaak.
[4] Daarom is die mens éérs mens uit God en dan eers mens uit homself. Solank hy slegs uit God is, lyk hy soos `n embrio in die moederliggaam. Eers wanneer hy uit homself `n mens geword het volgens God se ordening, is hy `n voltooide mens, omdat hy eers daardeur tot `n ware ewebeeld van God kan word. As hy dít bereik het, bly hy ewig soos `n God en het self `n skepper van die verdere wêrelde en wesens en mense geword. Want dit is wonderlik dat ek nou al my gedagtes, gevoelens en wense kan sien en my wil kan vorm volgens die omhulsel van dit wat ek gedink en gevoel het! Kyk, so gaan die skepping steeds opnuut voort!
[5] Die gevoel van warmte, en dus liefde, het die behoefte aan realisasie; hoe sterker daardie gevoel word, des te meer vlamme en warmte wek dit daardeur in homself op en des te kragtiger word die lig van die vlamme ook.
[6] Die behoefte van die liefde druk haarself uit in vorme van lig. Maar die vorms ontstaan en vergaan dadelik weer, soos by `n mens die beelde agter die ooglede van die geslote oë tydens `n verhitte fantasie. Daar kom steeds weer ander beelde, hulle word groter en neem stadig maar seker meer blywende en herkenbare vorms aan. Maar by die voltooide mense, soos wat dit by my nou natuurlik maar vir `n kort tydjie die geval is, bly die gedagte in sy vorm bestaan omdat dit, deur die wil gegryp, dadelik deur `n vinnige omhulling in die opgetrede vorm vasgehou word en dit nie weer kan verander nie. Omdat die omhulling egter oorspronklik slegs eteries teer en daarom ook deurskynend is, dring daar van die skepper van die gedagte wat nou vasgelê is, voortdurend meer lig en warmte na binne. Dit vergroot die eie lig en die eie warmte van die vasgelegde gedagte, wat oorspronklik uit hierdie twee geestelike elemente ontstaan het. Die so gevormde gedagte begin homself steeds gou meer en meer te ontwikkel en word volgens die lig van die wysheid en die volmaakte kennis, waarvoor elke konstruksie, ook al is dit hóé kunstig, helderder as die helderste dag is, in al sy noodsaaklike dele, verbindinge en opbou, doelmatig en as `n sinvolle geheel ingerig. As die gedagte eenmaal die organiese inrigting het, begin in hom hierin ook al `n eie lewe van homself bewus word en dit voor te berei.
[7] Jy kan jou goed voorstel dat `n voltooide mens reeds in enkele oomblikke `n eindelose hoeveelheid verskillende gedagtes en idees, volkome organies ingerig, sal kan dink en saamvat. As hy dit wil omhul met sy wil, sal dit bly bestaan en hulleself ontwikkel. Uiteindelik sal hulle by die bereik van hulle natuurlike, hoogste, voltooide vorm self gelyk word aan hulle skepper en hulle sal hulle soortgenote voortbring en skep en so uit hulleself, op soortgelyke wyse as waarop hulle self ontstaan het, `n eindelose vermeerdering van hulle eie soort tot stand kan bring. Daarvan vind jy reeds duidelik aantoonbare voorbeelde in die materiële wêreld.
[8] Voortplanting vind jy by plante, diere, en mense wat die liggame aanbetref, en by die hemelliggame, wat hulleself ook vermeerder. Daar is egter grense gestel aan hulle vermeerdering. So kan `n saadkorrel van `n bepaalde soort en geslag ook slegs `n bepaalde aantal gelyke saadkorrels produseer, welke aantal nie oorskry kan word nie. Ook by die diere is dit so - en wel: Hoe groter die dier, des te beperkter is die voortplanting! Ook by die mense is dit so, en nog baie meer by die hemelliggame. Maar in die geestesryk van die voltooide mense gaan, net soos by God, die gevoel en denke vir ewig voort. Omdat op die hierbo beskrewe wyse elke gedagte en elke idee deur die wil van die skeppende gees omhul kan word en uiteindelik heeltemal selfstandig kan word, is dit verstaanbaar dat die ewige vermeerdering van die wesens nooit kan ophou nie.
[9] Zinka, jy vra jouself nou af waar al die eindelose aantalle geskape wesens uiteindelik sal moet bly, as die skepping ewiglik op enorme, steeds groter skaal sal toeneem. O, vriend, bedink slegs dat die fisiese ruimte self oneindig is en al sou jy vir ewig, elke oomblik, sonder ophou, tienmaal honderdduisend sonne wou skep, dan sou dit, terwyl hulle hulleself baie vinnig voortbeweeg, in die oneindige ruimte tog eeu na eeu net so verdwyn asof daar nooit `n son geskape was nie! Niemand buiten God verstaan die oneindigheid van die ewige ruimte nie; selfs die hoogste en mees volmaakte engele verstaan nie eers die ewige diepte van die ruimte nie. Hulle huiwer selfs voor die té eindelose diepte van die ewige ruimte!
[10] O vriend, ek sien nou met die oë van my hart die totale materiële skepping! Hierdie aarde, haar maan, die groot son en die tallose sterre wat jy sien, en waarvan sommige vir jou oë daar uitsien soos swak, wasige punte, maar wat elk `n onmeetlike groot son- en wêreldgebied vorm van miljarde maal miljarde sonne en nog meer planete, is, vergeleke met die totale aanwesige skepping, nog nie wat die kleinste en fynste sonstoffie is ten opsigte van hierdie hele sterrehemel wat vir jou sigbaar is nie! En tog kan ek jou sê dat daar onder die talle sterre wat jou oog bespeur, etlike is waarvan die deursnee nog talle duisende kere groter is as die lyn tussen die verste verwyderde ster wat vir jou nouliks sigbaar is, en die van hierdie ster se ewe ver verwyderde teenpool - `n afstand, waarvoor jy selfs met die snelheid van `n blits meer as `n miljard maal miljarde aardse jare nodig sou hê om dit te oorbrug!
[11] Hoewel sulke afsonderlike liggame dus raaiselagtig groot is, lyk hulle tog vir die oog soos skaars sigbare puntjies, omdat hulle te ver van hier verwyderd is! Maar tog is hulle, vergeleke met die totaliteit van die gesamentlike skeppingsheelal, soos reeds gesê, nie meer as die kleinste stoffie nie, wat moeiteloos deur die sonstrale gedra kan word! Ek sê vir jou: jy kan `n miljard sonne met al hulle planete en mane en komete skep en hulle almal inbring binne die sfeer (globe) van hierdie sonnegebied, dan sal dit binne die ruimte van hierdie een sfeer (globe) net so min merkbaar wees as één druppel water wat die see vergroot en die ruimte van haar uitgestrekte bedding beïnvloed; en miljarde maal miljarde sfere (globes) sou in die gehele gebied van die nou bestaande totaliteit van die skepping ewe min merkbaar wees as miljarde reëndruppels in die see.
[12] Kyk na die aarde! Hoeveel duisende spruite, riviere en strome mond daar ook nie in die see uit nie, tog word dit geen streep groter daardeur nie. Ook al bedink jy elke oomblik hoé baie skeppings, dit sal hulleself in die oneindige ruimte steeds op soortgelyke wyse verloor soos die miriades maal miriades waterdruppels wat elke oomblik in die see val en daarin verdwyn. Wees dus maar nie bang dat daar te veel geskape sou word nie, want in die oneindigheid is ewige ruimte en plek genoeg vir die oneindige, en God is magtig genoeg om alles vir ewig te bewaar en na `n uiteindelik hoofdoel te lei!"
|
|
|
|
|