Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Betekenis en ontstaan van die aarde

106 (Die Heer:) "`n Deel van sulke ontbonde geeste wil egter nog op die een of ander planeet die weg van die vlees deurmaak. Sommiges doen dit ook in die son, in `n sone wat hul natuurlik die meeste aanstaan; heel weinig van hulle kom egter na hierdie aarde toe, aangesien die liggaamlike lewe vir hulle hier te moeilik voorkom, omdat hulle hier selfs enige herinnering aan `n vroeëre bestaan moet opgee, en heeltemal van vooraf `n nuwe bestaan moet opbou, en dit is op die ander planete en hemelliggame nie die geval nie.

[2] Want daar behou die geïnkarneerde geeste altyd `n soort droomherinnering aan die vroeëre bestaanstoestande, en die gevolg daarvan is dat die mense op die ander planete en hemelliggame van die begin af aan reeds baie wyser en bedagsamer is as op hierdie aarde. Maar daarom kan hulle ook nie vorder om `n hoëre trap van die vrye lewe te bereik nie. Hulle lyk, soos wat reeds vroeër ter sprake gekom het, meer na die diere van hierdie aarde, wat reeds van nature vir hul bestaan toegerus is met die bepaalde, instinkmatige ontwikkeling waarin hulle altyd `n groot vaardigheid en perfeksie aan die dag lê, sodat die mens hul met al sy verstand in heel baie dinge nie sou kon ewenaar nie. Maar probeer nou om `n dier daarbenewens in ander dinge te onderrig, en jy sal dit nie veel nuttigs kan bybring nie!

[3] Daar is wel die wat soveel kan leer dat hulle dan vir heel eenvoudige en growwe werk gebruik kan word, soos die os om te trek, die perd, die donkie en die kameel om te dra, `n hond vir die opspoor, jaag en aandryf; maar veel meer as dit sal jy hulle nie kan bybring nie, en taal kan hulle glad nie leer nie. Die eenvoudige rede daarvoor is ook dat die vae herinnering aan hul vroeëre bestaanstoestande die dieresiele nog steeds soos in `n gerig vashou en besighou, en dat hulle sodoende in `n soort verdowing lewe.

[4] Slegs by al die mense van hierdie aarde doen die volkome unieke geval hom voor dat hulle al hulle herinneringe kwytraak, en daarom van vooraf met `n algeheel nuwe lewensorde en - ontwikkeling begin, wat so gemaak is dat elke mens tot `n volkome ewebeeld van God kan opgroei.

[5] Maar daarom kan `n siel op hierdie aarde ook net geïnkarneer word as dit afkomstig is van `n son waarin nog alle oer-elemente byeen is, en waar hy reeds `n liggaamlike bestaan deurloop het, en sodoende al die spesifieke siele-intelligensiedeeltjies in hom het wat vir die voltooiing van die hoogste vorm van geestelike lewe nodig is - of as dit direk afkomstig is van hierdie aarde, en voorheen al drie die so genoemde natuurryke deurloop het, vanaf die grofste rotsmaterie deur alle mineraallae, vandaar deur die totale plantewêreld, en ten slotte deur die hele dierewêreld in die water, op die aarde en in die lug.

[6] Daarby moet mens egter veral nie dink aan die stoflike liggaam nie, maar aan die geestelike siele-element daarin; want die omhulsel het weliswaar ook geestelike en siels-eienskappe in sy wese in die verdere analise, maar dit is op sigself nog te laag, te traag en te grof, en dra nog te duidelik die stempel van eieliefde, selfsug, en hoogmoed, en van die trae, luie genieting van die uitermate gulsige, suinige en die dodelike draende, toornige heerssug. Dié materie moet eers deur veelvuldige ontbinding, en slegs gedeeltelike oorgang opgeneem word in die suiwerder substansie wat die siel omhul en beklee; vir die eintlike sielsubstansie sal daarvan gewis nooit iets bruikbaar wees nie.

[7] Daarom is daar op hierdie aarde ook meer verskillende soorte minerale, plante en diere as op alle ander planete en sonne, natuurlik elkeen afsonderlik gesien. Almal saam sou wel `n groter aantal soorte oplewer, maar op elke ander hemelliggaam afsonderlik vind `n mens in die hele skeppingsruimte nie `n honderd-duisendste deel van die talle soorte wat hier op hierdie aarde in elkeen van sy drie ryke voorkom nie. Juis daarom is dit ook maar net hierdie aarde wat aangewese is om in die waarste sin van die woord God se kinders te dra.

[8] Hoe en waarom is dit so? Die situasie van hierdie aarde is iets heel eienaardig. Dit hoort weliswaar nou as planeet by hierdie son, maar streng genome is dit nie afkomstig uit hierdie son soos wat alle ander planete, uitgesonderd die een tussen Mars en Jupiter, wat egter deur bepaalde, bose oorsake reeds sesduisend jaar gelede verwoes is, of eintlik deur homself en deur sy bewoners verwoes is nie. Hierdie aarde het oorspronklik uit die oersentraalson ontstaan, en is in `n bepaalde opsig wat tyd betref, vir julle onvoorstelbaar baie ouer as hierdie son. Tog het dit eintlik pas begin om stoflik te word, nadat hierdie son reeds lankal as `n gevormde hemelklomp die eerste omloop om sy sentrale son begin het, en dit het toe sy feitlike, stoflike liggaam tog hoofsaaklik uit hierdie son na hom toe aangetrek."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205