|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 238
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Ontwikkelingsprobleme van `n wêreldse siel in die hiernamaals
238 (Die Heer:) "Natuurlik sou die ontwikkeling van so `n natuurvolk gouer verloop deur `n openbaring van bo af! Maar `n openbaring kan op hierdie wêreld makliker gegee word aan `n volk as in die hiernamaals aan `n siel, soos die een wat hierbo beskrywe was, wat geen enkele vonkie van iets wat enigsins lyk na `n goddelike orde, na die hiernamaals saamgebring het nie.
[2] As so `n siel wat heeltemal stoflik geword het, deur ontelbare noodsituasies en onmenslike benarde toestande in die hiernamaals eindelik sover gebring is dat sy bepaalde begrippe en idees gekry het, en daar deur die groter beweeglikheid van haar gemoed `n swak lig in haar substansiële brein kom, waaruit sy dan ten gevolge van haar uiters behoeftige verbeelding en wil `n hersenskimmige noodwoonwêreld vorm, wat natuurlik nog lank nie duursaam is nie, omdat dit nog te ver staan van die enigste waarheid en die goddelike orde wat daaruit voortvloei, - dan skep dit eers die moontlikheid dat sendelinge, wat heeltemal in dieselfde omstandighede blyk te verkeer as sy, haar besoek, om haar heel behoedsaam en so ongemerk moontlik te voorsien van en te verryk met verskeie betere begrippe.
[3] En dan is honderd aardse jare dikwels nog `n te kort tydjie om `n siel wat op hierdie wêreld so `n totaal bedorwe geword het, in `n heel powere hemelse orde te bring.
[4] Maar dit is en bly bykans onmoontlik om haar hoër te bring as die onderste, eerste en suiwere wysheidshemel, want haar brein verloor die treurige eerste merktekens nooit nie, waaruit sy van tyd tot tyd steeds nog `n soort aanspraak op wraak en besinning op wraak ontwikkel. Dit laat in die nou steeds beter verligte brein ook weer `n beeld agter en maak dat die gemoed van die siel insien dat dit weliswaar baie goed met haar gaan, maar dat hierdie goeie gang van sake lank geen vergoeding is vir alles wat sy tot nou toe moes deurstaan nie.
[5] Sy lyk soos `n ou, Romeinse soldaat wat vanweë sy leeftyd en sy groot aantal verwondings en littekens van die keiser `n boerderytjie as `n geskenk gekry het, waarop hy met die vlyt van sy hande `n baie goeie bestaan kan maak. Maar die ou soldaat mor tog wanneer hy sy littekens sien en sê: 'Goed is goed, maar veels te min vir my, wat my lewe so dikwels vir die keiser, volk en vaderland gewaag het! My bure het nooit teen `n magtige, kwaai vyand geveg nie, hulle het gesonde en ongeskonde liggame en kan hulle velde maklik verbou. Ek het ook wel diensknegte en diensmaagde wat my help met die werk, maar tog moet ek ook self my hande uit die moue steek as ek iets behoorliks wil hê. Ek hoef weliswaar geen belasting en geen tiendes vir die keiser te gee solank ek leef nie, en ook nie my kinders tot in die vyfde nageslag nie, maar as een van my seuns voor die keiser gaan staan en die wapenrok sou dra, kom dit daarop neer die iemand soos ek nou nog aan die keiser belasting betaal! Maar ook sonder belasting vind ek die loon, wat op sigself heeltemal behoorlik is, maar veels te min!'
[6] En so, op hierdie manier, is die siele van die onderste hemel dan ook deurentyd nukkerig, veral wanneer hulle hul herinner dat hulle baie deurgemaak het en nou, as saliges, self moet werk, en selfs baie ywerig moet werk om, net soos toe hulle mense op aarde was, in die nodige lewensonderhoud te kan voorsien, slegs met die vervelende verskil dat hulle vir hulle daar geen oormatige oorvloed kan verwerf nie, want dit bestaan nie in die hiernamaals nie, omdat die leiers van die verenigings dit baie sorgvuldig weet om dit te vermy en te voorkom. En so is hierdie salige siele dan nooit heeltemal gelukkig nie, omdat hulle deur hul aard altyd ietwat tekort skiet.
[7] Ja, natuurlik kom hulle heelwat te kort, maar dit wat hulle misloop, is vir die meeste van hulle so goed as volkome en vir ewig onbereikbaar, omdat hulle glad nie die grondelemente daarvoor besit nie. Hulle lyk ook soos mense wat baie graag net soos voëls in die lug sou wou rondvlieg en is daarom dikwels uiters bedroef, omdat hulle as mense die voortreflike eienskappe kan onthou waarin hulle hulself net soos onnosele diere in `n baie volmaakte graad kon verheug.
[8] Maar wat baat die getreur tog die mense? Vir vlieg ontbreek die grondelemente hulle, en dus kan hulle, ondanks al die getreur en ondanks al die gemor, dit tog nie dit bereik wat die voëls besit nie, naamlik die kuns van die heerlike, vrye vlieg nie.
[9] My Cyrenius, nou het Ek vir jou en julle ander baie duidelik laat sien wat `n siel in die hiernamaals te wagte is deur haar verwêreldliking aan hierdie kant, omdat sy buite My orde, wat nou eenmaal alles insluit, beslis nie gehelp kan word nie, - tensy `n mens haar bestaan geheel en al sou ophef en `n ander in die plek daarvan sou stel, waarmee die siel egter ook beslis nie geholpe sou wees nie!
[10] Elke siel moet haarself tot ontwikkeling bring: hier maklik, of in die hiernamaals moeilik, daarvoor is vir haar die middele ingeplant. Versuim sy dit hier, omdat sy haar te veel deur die wêreld en haar verlokkende skatte laat verlei het, dan sal sy dit in die hiernamaals moet doen. Op welke wyse het Ek julle sover baie duidelik laat sien en die vraag wat jy op jou hart het, het Ek voldoende beantwoord. Ook al lyk julle nou nie al te vriendelik nie, dan kan Ek julle tog nie help nie en Ek kan dit onmoontlik anders maak as wat dit gemaak en gestel is nie; want drie maal drie kan nooit sewe wees nie, maar sal altyd slegs nege wees. Die appelboom moet vir ewig appels en die vyeboom vir ewig vye as vrug dra!"
|
|
|
|
|