|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 98
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die gee van geldelike hulp
98 (Die Heer:) "Wie van julle baie geld het, moet dit nie altyd uitleen aan hulle wat hom die kapitaal met hoë woekerrente op die afgesproke tyd kan terugbetaal nie, maar ook aan armes wat hom nóg die kapitaal nóg die rente sal kan teruggee, dan sal hy sy geld van My te goede hê en Ek sal hom reeds hier tienvoudig en in die hiernamaals honderdvoudige kapitaal en rente terugbetaal. Wie egter sy geld maar net aan hulle leen wat hom op die vasgestelde tyd kapitaal en rente moet terugbetaal of in bepaalde gevalle deur geregtelike dwang moet terugbetaal, hy het sy loon hier reeds heeltemal geneem en het dit van My nie meer te verwagte nie; want hy het daardeur nie My nie, maar slegs die wêreld en homself gedien.
[2] Julle sal weliswaar sê: 'As `n mens iemand wat in die nood sit geld teen rente uitleen, dan is dit tog ook `n goeie daad; die lener het hom daardeur uit die nood gered, het `n ryk man geword en kan dan immers baie maklik die kapitaal en rente teruggee! Want die geldskieter het tog die risiko geloop om sy geld, in geval van `n ongunstige spekulasie, te verloor! Maar as die lener voordeel daarvan geniet het, dan kan geen God met al Sy Wysheid tog daarop teë wees as hy, die lener, aan die geldskieter die kapitaal insluitende die afgesproke rente terugbetaal nie! Want die geldskieter is ten eerste ook `n mens, ten opsigte van wie `n ander dieselfde verpligtinge het as hy teenoor hom, en ten tweede kan die uitgeleende geld immers die hele besit van die geldgewer uitmaak, waarvan hy moet lewe soos die landman van sy grond en lande! As die geldgewer homself egter die geleende geld, ewenas die rente daarvoor, nie laat terugbetaal nie, waarvan moet hy dan lewe? Of het die lener ook maar tot in die verste verte die reg om die geleende geld te hou, terwyl hy daarmee tog baie verdien het en goed kan en moet weet dat dit die enigste besit van die vriendelike geldgewer was?!
[3] Daaroor sê Ek: Elkeen wat geld het, moet, as daar `n vriend kom wat geld nodig het en om `n lening vra, dit nie weier nie. Wie hom die geld leen teen die wetlike rente, het aan hom reeds `n goeie daad gedoen, wat ook in die hemel gewaardeer sal word. Maar presies so is dit die plig van die lener om die geldgewer nie net gewetensvol die geleende, saam met die bedonge rente, terug te betaal nie, maar nog meer; as hy baie verdien het, moet hy ook uit eie vrye, innerlike behoefte die wins met die geldlener deel, omdat hy immers slegs met sy geld die wins gemaak het. Maar die geldlener moet dit nie op een of ander wyse eis nie! Dit kan julle almal in alle vriendelikheid doen, maar daarvoor hoef julle die ander nie volledig na te laat nie!
[4] As daar egter, by die een wat geld kan uitleen,`n baie arm man aankom, van wie nie te verwag is dat hy van `n groot geleende som gunstig en voordelig gebruik sou kon of wou maak nie, dan word wat My aanbetref geen mens verplig om aan so `n arme die geld te leen wat deur hom gevra word nie, omdat hy op hierdie wyse moedswillig sy geld, sonder dat dit iemand werklik tot nut sou wees, in `n sekere sin sou weggegooi en die arme geldlener slegs in `n situasie sou bring waardeur hy geneig sou wees om hom aan allerlei oorbodige uitspattighede oor te gee, waar hy afhanklik van sy aard, dan ook aan sou moes toegee. So `n handelswyse sou daarom nie besonder goed nie, maar veel eerder, hoewel nie bepaald sleg, tog baie dom genoem kan word - wat nóg My Liefde en nóg minder My Wysheid sou kon beval.
[5] Ag, `n heel ander saak sou dit wees as daar `n arm man geld van julle sou wou leen terwyl julle weet dat hy goed weet hoe om met geld om te gaan en slegs deur `n ongunstige sameloop van omstandighede arm geword het. Aan hom moet julle dit veral nie weier nie, ook sonder rente en sonder die sekerheid om die geleende kapitaal ooit weer terug te kry! As die man die geld goed gebruik het, sal hy as julle broer ook wel weet wat hy daarna te doen het; want hy het dieselfde verpligtinge teenoor julle as julle teenoor hom.
[6] As hy egter nie meer in staat sou wees om die geleende terug te gee nie, dan moet julle nie vir hom daaroor kwaad word of die goedmaking van sy nakomelinge probeer eis nie; want dit sou hard wees en heeltemal teen My orde. As die nakomelinge en veral die kinders of die oudste kleinkinders vermoënd geword het, en hulle dit sou goedmaak, sal dit vir My aangenaam wees as hulle die skuld sal aflos wat hulle arme vader of grootvader by `n mensevriend gemaak het. In so `n geval sal die mensevriend dan ook wel weet wat hy met daardie geld uit liefde tot My en die naaste sal moet doen!
[7] As Ek dus sê dat julle julle geld ook moet leen aan hulle wat dit nie vir julle kan teruggee nie, wil Ek maar net daarmee sê dat julle met julle geld of ander goed maar net so moet handel soos wat Ek julle nou laat sien het; alles wat julle minder of meer sou doen, sou óf dom óf baie moedswillig wees, en dus `n growwe sonde teen die ware naasteliefde!"
|
|
|
|
|