|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 118
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die wese van suurstof
118 Zinka sê toe: "Heer, ek sien op die wateroppervlak hoe daar `n enorme aantal vurige slange heen en weer beweeg; enkeles duik ook onder, maar hulle snelheid word nie deur die watermassa afgerem nie. Ek sien tot op die bodem van die see; op die bodem krioel dit van alle moontlike soorte gedrogte, ook ontelbare visse, en alles hap na hierdie vurige slange. As `n vis of `n ander gedrog een of meer van sulke slange verslind het, word hulle beweegliker en lewendiger en flikker daar letterlik `n soort sinlikheid uit hierdie waterwesens.
[2] Nou sien ek dié vuurslange ook in die lug rondswerm, slegs baie kleiner en minder vurig; bo die water is die swerms die digste. Voëls, wat hulself gewoonlik snags bo die waterspieël amuseer, skyn daar nie baie van te hou nie; maar die visse spring hulle uit die water tegemoet. Die wat op die water rondswem, glinster die sterkste en beweeg ook pylsnel! - Wat, o Heer, is dit nou? Wat moet ons daarvan dink?"
[3] Ek sê: "Dit wat julle daar sien, is die eintlike lewensvoeding, dit is die sout van die lug en die sout van die see; eendag sal die natuurkundiges (wetenskaplikes) hierdie element suurstof noem. Sien sal hulle dit nie, maar wel waarneem, en hulle sal die gehalte en die mate waarin dit aanwesig is, of ook wel die algehele ontbreking daarvan, vasstel.
[4] Water, wat die hoofelement vir die lewe van plante, diere en mense is, moet die meeste van hierdie suurstof bevat en dit geld by name vir die groot oseaan. Die diere in die water sou glad nie kon lewe as die water nie altyd ryklik van hierdie stof voorsien was nie.
[5] Hierdie stof is oorspronklik die eintlike sielesubstansie, en kom ooreen met die gedagtes, voordat dit nog tot `n idee saamgevoeg word. Maar wanneer jy hierdie geestelike lewenstof in voldoende hoeveelheid êrens byeen sal vind, dan sal daar ook al gou die een of ander vorm homself vertoon, hetsy `n lewende, wat sag en beweeglik is, of `n verstarde vorm, soos `n klip of `n stuk dooie hout. Kyk nou spesifiek na die oewers, dan sal julle hier en daar besondere plotseling flikkerende ligpuntjies ontdek wat ontstaan deur die opeenhoping van die lewenstof.
[6] Daaraan kan julle nou sien hoe ons vuurslange hulle op `n aantal plekke by honderde en duisende klompvormig saambol. So `n skynbaar toevallig gevormde klomp gee `n tyd lank `n uiters skerp lig. Hierdie groter ligproduksie vind plaas op die oomblik waarop `n aantal van hierdie lewensvuurslange met mekaar verbind; deur hierdie verbinding het dan reeds `n idee in die een of ander vorm ontstaan.
[7] As die vorm eenmaal gereed is, kom daar rus en die besondere ligglans hou op, maar dan word daar reeds daaruit `n skepsel gevorm. Dit word sigbaar in die vorm van `n kristal, of in die van `n saadkorrel of `n eier, of selfs reeds in die vorm van `n volledige waterdiertjie of ten minste van `n watermosplantjie - om welke rede sal julle dan ook heel dikwels sien dat die vlakker en vlak oewergebiede die rykste begroei is met allerlei waterplante. En waar baie van dié begroeide plekke voorkom, sal ook geen gebrek wees aan allerlei groter en kleiner waterdiere nie.
[8] Nou vra julle julleself af wie hierdie lewensgeeste, wat almal na mekaar lyk, `n vaste of lewende, beweeglike vorm gee? Dié vraag sal My RafaEl julle die beste kan beantwoord. Kom RafaEl, praat, en toon wat jy prakties kan doen!"
|
|
|
|
|