|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 155
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Slanggif as geneesmiddel
155 (Mathaël:) "Toe ek daar diep in gedagtes versonke staan, hoor ek asof iemand dit in my oor fluister: ‘Vang `n klapper- en `n ringslang, kap hul kop af, kook hulle goed en gee die sop of die bouillon daarvan aan die weduwee om te drink, en maak aan haar duidelik dat die regbank, waarvoor sy ontsettend bang is, haar verseker nie kan veroordeel nie, dan sal sy dadelik weer gesond wees! Maar as in die toekoms iemand deur haar giftige asem siek word, laat hy dan daarvoor sorg dat hy `n dun vleissop van die genoemde slange kry, waarmee ook die ou Aesculapius sy wegterende siekes genees het, en hy sal dadelik heeltemal genees! Die genoemde slange vind mens baie dikwels op die suidelike hellings van die Horeb.’
[2] Hierdie raad, wat ek duidelik hoor, bring ek direk in kort bewoordings aan my vader oor. Buite homself van vreugde sê hy dadelik aan die weduwee dat sy haar nie verder moet bekommer nie want hy sou haar graag help. In elk geval hoef sy nie in die minste bang te wees vir die regbank vanweë die Griekse dokter nie, omdat sy in die verste verte geen skuld het aan sy dood nie. Self ken hy die Romeinse wette baie goed, en weet van geen voorbeeld waarby so `n geval ooit êrens ontvanklik verklaar was vir `n aanklag nie.
[3] Hierdie ernstige vasstelling van die onskuld van die weduwee, stel die arme vrou so gerus dat die blou newel bo haar heeltemal verdwyn, wat ek dadelik aan my vader sê, wat hom baie genoeë doen, en hy stuur onmiddellik mense na die Horeb vir die genoemde slange. Daar bevind hulle `n aantal van die beste slangvangers en - besweerders, en binne enkele dae word `n aantal slange van beide soorte aangebring. Hierdie slange was natuurlik reeds onthoof en goed in leem gepreserveer sodat hulle, goed afgesluit van die lug, nie dadelik kon ontbind nie; want daar was`n soort vet, geel leem, waarin `n lyk honderd jaar lank nie sal ontbind nie.
[4] Toe die slange per kameel oorgebring was, word hulle, vir sover mens daarvan nodig het, van die leem ontdoen en vervolgens in `n goeie pot op die vuur gesit en vir drie uur gekook sonder dat die weduwee, wat in die bed bly, iets daarvan te wete gekom het. Vanaf die oomblik dat mense na die Horeb gestuur was tot by die kokery, verstryk daar vier dae, gedurende welke tyd my vader die weduwee oordag meermale moed inpraat, en haar reeds binne vyf dae algehele genesing beloof. Daardeur herstel die weduwee sigbaar van dag tot dag en op die vierde dag wou sy reeds die bed verlaat. Maar my vader wou haar in verband met die bereiding van die slangbouillon nie uit die bed laat gaan nie, want as sy iets sou gesien het, sou daar waarskynlik geen sprake van volledige genesing gewees het nie. Nou het sy niks daarvan gesien nie, en toe Vader haar die dun vleissop aangee om te drink, drink sy dit met sigbare welbehae tot die laaste druppel op en sê daarna dat hierdie bouillonagtige medisyne vir haar baie goed gesmaak het.
[5] My vader laat haar na `n paar uur die dun vleissop nog `n keer gee, en die weduwee begin daarop so goed te voel dat sy die vierde dag nouliks nog in die bed te hou was. Maar op my vader se streng voorskrif moes sy in elk geval nog die halwe vyfde dag, sedert ons aanwesigheid daar, in die bed bly, waarna sy toe heeltemal verkwik en volkome gesond die bed verlaat. Sy bedank my vader baie ryklik en vergeet my ook nie.
[6] Toe ons vertrek, vra sy my vader vertroulik of hy die Griekse dokter geken het, en of hy haar dalk ook met haar siekte kon gehelp het.
[7] Maar my vader sê: ‘Dié misrabele kwaksalwer het ek baie goed geken; hy het regtig nooit iemand gehelp nie - behalwe in die graf in!’
[8] Met hierdie opmerking was die lieftallige weduwee volkome tevrede en sy laat ons beide met baie simpatie gaan. Sorgvuldig buite sig, pak my vader nou die in leem bewaarde, orige slange in en bind hulle op die rug van die kameel vas tesame met ander dinge van groot waarde; ons bestyg ook ons drommedarisse (kamele) en vertrek so welgemoed terug huistoe.
[9] Met die besonder vreemdsoortige meegenome medisyne het my vader later nog baie wegkwynende siekes gehelp, en daardeur baie geld en `n groot reputasie verwerf. Natuurlik was hy daarom nie baie geliefd by die tempeldienaars nie, en ewemin by die Essene; maar die Romeine had des te meer respek vir hom, verleen hom alle moontlike beskerming, hemel sy kuns en wetenskap op en gee hom die erenaam ‘Aesculapius junior’. Sodra die voorraad slange by my vader egter op was, laat hy dadelik weer `n aansienlike besending van Horeb af kom en genees daarmee die wegkwynendes, waarvan werklik niemand gesterf het nie!"
|
|
|
|
|