Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 251

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die swaard as tugtigingsmiddel by ongelowige volke

251 (Die Heer:) "Daar sal tye kom dat hulle wat deur My woord wys geword het, sal roep: 'Heer, nou is dit baie moeilik om mens te wees; slegs heimlik kan jy nog die waarheid spreek, as jy nie bestraf wil word nie! Wat die valse profete wil, is egter `n duidelike leuen en daarom lastering van die God! Heer, bewapen U tog en trek ten stryde teen U vyande voor hulle U lewensakker totaal bedorwe maak!'

[2] Maar Ek sal telkens opnuut geduld hê en vir elkeen wat My so aanroep, sê: Wees vir `n kort tydjie geduldig totdat die gegewe maat vol geword het! Hou vol tot aan die einde en jy sal salig wees; want die dwang van die wêreld sal julle reinig, geen kwaad doen aan julle siel nie, en julle, as My jongste kinders, wat in allerlei kwellinge, nood en ellende die weg deur die vlees deurstaan het, sal in My ryk nog nader aan My hart rus vind. Ek sal julle tot regters maak oor die wêreld en oor hulle wat julle met nood en kwellinge van allerlei aard sonder rede en sonder dat Ek hulle daartoe die reg gegee het, gepynig het!'

[3] Kortom, My ware leerlinge sal altyd herkenbaar wees, omdat hulle elkeen wedersyds lief sal hê soos wat Ek julle almal liefhet, en omdat hulle My Naam en My woord nooit met die swaard verkondig het nie!

[4] Ja, as `n volk eenmaal geheel in My lig sou staan, en hulle sou bedreig word deur hardnekkige, blinde, heidense volke van buite, wat beslis nie die geloof in My wil aanneem nie, maar wel My lammers met alle haas en woede wil vervolg, dan is dit tyd om die swaard te gryp en die wolwe vir altyd van die saggeaarde kudde te verjaag. As daar eenmaal in My Naam na die swaard teen die wolwe gegryp word, moet dit egter in alle erns gebeur, sodat die wolwe die swaard, wat hulle in My Naam geraak het, sal onthou. Want as daar iewers eenmaal `n oordeel in My Naam plaasgevind het, moet dit nie lyk as iets wat nie heeltemal ernstig opgeneem moet word nie!

[5] Teen blinde heidene, waarvan die siele nog te ver van My orde verwyderd is en wat My woord onmoontlik kan begryp, maar hulle origens met `n besondere ywer aan hul geloof wy, moet die swaard maar net solank as bewaarder van die grense opgestel wees, totdat die heidense bure begin om hulle gaandeweg volgens My orde te gedra. As dit gebeur het, moet in die plek van die swaard die teken van die broederlike eendrag en liefde verteenwoordigend wees.

[6] Maar `n heel ander saak is dit, wanneer in die vervolg, mense wat vanaf die begin die 'volk van God' genoem was, en as sodanig onderrig en beskerm was, - ag, as hulle hulleself aanhoudend teen hierdie leer van My sal verset en dit met hul baie bose en selfsugtige ywer sal vervolg, ja, dan sal daar vir hulle geen ander middel meer wees as die allerskerpste en onverbiddelikste swaard nie! Wee hulle wanneer dit sover gekom het; dan sal geen steen op die ander bly nie en die kinders in die moederlyf sal nie gespaar word nie! En wie sou probeer vlug, sal deur die pyle van die boog agtergehaal en gedood word omdat hulle uit selfsug, teen sy innerlike oortuiging in, `n moordenaar van My woord en van My wil geword het. Hulle teen wie Ek met Myne te velde sal trek, sal `n harde stryd hê, waaruit hulle nooit as oorwinnaar te voorskyn sal kom nie!

[7] Nou ken julle ook die reël, hoe en wanneer julle in My Naam die swaard moet gebruik! - Het julle dit alles baie goed en korrek begryp?"

[8] Mathaël sê: "Heer, U, my enige liefde, na alles wat deur U tot op hede so barmhartig gesê en uitgelê was, is dit vir my alles duidelik en ek sê U nou uit die diepste grond van my hart heel hartlike dank daarvoor en ek dank U ook reeds noual namens al die mense en volke wat ek deur my ywer vir U woord en vir U ryk sal wen!"

[9] Cyrenius sê: "Heer, dieselfde dank bring ek ook aan U en ek waag dit om nou voor U, o Heer, `n klein voorspelling te maak aan die hand van hulle wat U, by die uitleg oor die gebruik van die swaard, spesiaal toegevoeg het oor die bekende volk van God: hulle sou wel eers in groot aantalle in Jerusalem gevind kon word! Oor die volk sou ek reeds nou met die allerskerpste swaard `n onmenslike groot kruis wil slaan; want hulle lyk my reeds oorryp vir die swaard te wees!"

[10] Ek sê: "Nog nie heeltemal nie; hulle mis nog drie meesterstukke van onmenslike slegtigheid! As dit ook, ondanks alle lesse en waarskuwings, uitgevoer is, dan eers, vriend, sal oor hierdie stad en al haar bewoners jou onmenslike groot kruis met die skerpste swaard geslaan word! Met die volk sal ons egter nog eers meer as vier-en-twintig jaar geduld moet hê en ons sal hulle vóór die ondergang nog sewe jaar lank deur allerlei voorbodes, verskynings van die dooies en baie groot tekens aan die hemel laat waarsku! En, vriend, as dit alles ook tevergeefs sal wees, dan eers sal jou onmenslike teken in hoë mate en met die skerpste swaard oor hulle geslaan word! Ek sou dit wou verhinder!

[11] Maar wat nog moet gebeur, weet slegs die Vader en verder geen wese in die gehele oneindigheid nie! Aan wie Hy egter die bestemde tyd nog sal openbaar, dit sal Hy ook weet!"

[12] Dan sê Cyrenius: "Maar U, o Heer, sal dit tog wel baie presies weet; want in U gees is U immers die Vader self!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205