Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 254

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die grootte van die skepping

254 Ek sê: "My beste vriend Mathaël, die onoorbrugbare verskil tussen God en die geskape, sterflike mens, selfs die allervolmaaktste, bly steeds bestaan. In alle ewigheid kan dit nie verander word nie, dat God in Sy oerwese voortdurend ewig en oneindig in alles is en moet wees, terwyl die mens wel ewig voortaan steeds volmaakter in sy geestelike wese sal bestaan, maar tog nooit die oneindige maat van die oerwese van God sal kan bereik nie.

[2] Die mens kan aan God gelyk word in sy vorm, ook in die liefde en in haar krag, maar tog ewig nooit in geheel in die wesenlike omvang van die eindelose wysheid in en uit God nie. So sou die lang ewigheid met hul tallose ewigheidsperiodes wel heelwat baie kon bevat wat in die eindelose ruimte beslis plek sal vind, maar waarvan selfs `n oeraartsengel beslis nog nooit van gedroom het nie! Want ook die bevattingsvermoë van `n oeraartsengel is daarvoor nog baie beperk; eers wanneer elke oeraartsengel, net soos Ek die weg van die vlees deurgemaak het, sal hy ook meer kan inneem, - maar onmoontlik nie alles van die algehele, ewig nooit eindigende oneindigheid nie!

[3] Ja, julle sal ewig steeds maar deur nuwe wonders dit leer ken en leer om daarmee om te gaan, maar die einde daarvan tog ewig nooit as te nimmer bereik word nie. Julle sou dit maklik kon verklaar as julle daaroor nadink, of dit moontlik sou wees om so lank deur te tel tot julle aan die einde van die getalle gekom het! Daar Ek egter geestelik van ewigheid ewigdurend as één en dieselfde God bestaan, dink, wil en handel, en werksaam is deur My Liefde en Wysheid, wat altyd dieselfde bly, en dat Ekself na elke skeppingsperiode, deurdat die werk vir alle toekomstige ewigheid volmaakte geluk is, natuurlik ook volmaakter en nog suiwerder geseënd moet voel. Julle sou dit verstandiger wel op julle vingers kan natel, dat Ek, soos wat die Vader nou in My en uit My spreek, tot aan die huidige skeppingsperiode seker nie in die een of ander oneindigheidspunt in die ewige ruimte `n soort winterslaap gehou het nie! Laat `n skeppingsperiode vanaf haar oerbegin tot aan die voltooide, uiteindelike geestelike voleinding duisendmaal duisende eonemaal eone van duisendjarige siklusse duur, dan is so `n skeppingsperiode tog niks in vergeleke met My ewige bestaan nie, en haar uitsettingsgrootte wat julle onmeetlik vind, is wat ruimte betref niks in die oneindige ruimte nie!

[4] Mathaël, jy ken die sterrebeelde van die ou Egiptenare goed, en Regulus in die groot Leeu is vir jou welbekend! Wat sien jy daar? `n Skemerige kolletjie, - en tog is daar waar hy hom in die ruimte bevind so `n groot sonnewêreld, dat as `n bliksem in vier oomblikke `n afstand van 400.000 veldweë* aflê, volgens jou, Mathaël, welbekende ou Arabiese syferindeling meer as `n triljoen aardse jare nodig sou hê om die afstand van sy noord- tot aan sy suidpool af te lê! (*l veldweg = ongeveer 1/4 uur en iets meer. 10 veldweë = l Duitse myl. 400.000:10=40.000 d.myl=beweging van die lig per sekonde. Nota van Jakob Lorber. (1 d.myl=7,5 km, dus 40.000 myl=300.000 km; Sy eintlike naam is Urka of liewer Ourisa (die eerste, of die begin van die skepping van eonsmaal eons sonne en `n byna eindelose groot, omhulsde skeppingsfeer (skeppingsglobe); hy is die siel of die sentrale swaartepunt van `n hulsglobe, (ronde sfeer) wat egter op homself slegs één senuwee vorm van die groot menslike vorm van die geskape wêrelde, waarvan hierdie denkbeeldige, groot mens daar soveel het as die sand en die gras van die ehele aarde, - maar tog vorm hierdie groot menslike vorm eintlik slegs maar één skeppingsperiode van die begin tot aan die geestelike voltooiing.

[5] So `n Urka, en nog meer `n hele hulsglobe, (ronde sfeer) is bygevolg reeds respektabele groot dinge, en so `n groot menslike vorm van die geskape wêrelde is nog onbeskryflik baie groter! Maar wat is hy vergeleke met die ewige, oneindige ruimte? Dieselfde as niks! Want alles wat noodsaaklikergewys begrens is, ook al is dit vir julle begrippe op sigself nog so eindeloos groot, is in verhouding tot die oneindige ruimte soveel as niks, omdat dit daarmee in geheel geen berekenbare verhouding gebring kan word nie.

[6] Nou vra Ek jou, My beste Mathaël, of jy aan die hand van wat nou gesê is, so `n bietjie begin te vermoed wat dit eintlik beteken!"

[7] Mathaêl sê: "O Heer, ja seker, ja seker snap ek dit; maar terwyl ek dit snap, begin ek my heeltemal in die niet te verloor! Want U ewige mag en grootte, die oneindige ruimte en die ewige duur van die tye verslind my volledig. Dit begin al wel heeltemal vaag tot my deur te dring, en - of ek dit goed begryp het wat U, o Heer, in `n sekere sin ingefluister het, weet ek natuurlik nouliks of eintlik heeltemal nie. Ek begin nouliks uit te spreek, want so skemerig begin dit my te deurdring, dat U van sulke skeppingsperiodes nie net - om ook op Arabiese wyse te tel - sê maar nie net tientalle of honderdtalle meegemaak het nie, maar ontelbaar baie! Want as ek in die tyd terug tel en by die hede begin, sou ek beslis nooit met die tel klaarkry nie, en nooit in der ewigheid tot by die tyd sal kom, waarvan mens sou kon sê dat dit U eerste skepping was nie!

[8] Kortom, U het geen begin nie, en dus is dit ook onmoontlik dat U skepping ooit `n begin gehad het, en hoeveel die ewige ruimte daar ook mag bevat, daar is tog nie één daarvan by waarvan `n mens sou kon sê: 'Kyk dit was die eerste skepping nie! Vóór hierdie is daar niks geskape nie!' Want agter so een wat die eerste moes gewees het, verskuil hom tog weer `n volmaakte, hele ewigheid! Wat sou U dan gedurende die tyd, terwyl U steeds dieselfde wese was, gedoen het? In die eindelose ruimte is ook plek vir eindelose baie skeppings; ook al is hul afstande nog so eindeloos groot, dit maak nie saak nie! Die eindelose ruimte het plek genoeg vir al die ewige, eindelose talle, en sal ewiglik nog plek hê vir ontelbare maal ontelbare talle, en so ewig verder en verder vir nog tallose nuwe skeppinge, en hierdie toekomstiges sal die reeds van eeue hier aanwesiges ook in sekere sin nie vermeerder nie; want eindeloos baie en talloos baie kan nooit méér word nie, omdat dit sonder meer al eindeloos baie is.

[9] Ja, as ek hierdie periode nommer één gee, sal hy met één vermeerder kon word, en dit sal in die toekomstige eons of ewigheid van tye beslis steeds met één en één en één verder vermeerder kon word; maar as die getal op hom al eindeloos is, is `n vermeerdering daarvan nie meer denkbaar nie! Die nuwe skepping tel op homself nog wel mee, - maar by die aantal van die voorskeppinge totaal nie!

[10] Dit is nou wat ek snap en wat nou dreig om my heeltemal te vernietig. Maar weg met sulke gedagtes, dat vanweë hul eindelose grootte my siel, wat daarvoor te klein is, heeltemal terneerdruk en tot niet doen! As ek maar `n ewig lewe het, die liefde en die barmhartigheid daarby en `n omgewing soos wat hierdie is, dan sal ek verder nooit verlang om ook maar die maan of selfs ons son van naderby te leer ken nie! Ek sien nou ook in, hoe dom dit van my was om U iets te vra wat `n beperkte mens heeltemal nie betaam om te weet nie! Heer, vergeef my my groot domheid!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205