Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die toepassing van magnetiese slaap

40 Cornelius kom na My toe en vra: "Heer, tydens U meer as goddelike toespraak en lering, het U aangedui dat `n geestelik volmaakte mens `n ander die hande sou kon oplê, waarop hierdie ander dan dadelik in `n magnetiese slaap sou val en vanuit sy innerlike wete wyshede ten beste sou deurgee - ook al sou hy andersins `n hóé blinde en volslae dom mens wees! As ek nou maar eenmaal kon sien hoe om met so `n behandeling te werk te gaan, dan sou ek weet hoe so `n heilsame proefneming by iemand uitgevoer moet word in geval dit êrens nodig sou wees. Maar as leek ten opsigte van die behandelingswyse, kan jy selfs met die beste wil niks begin en bygevolg ook niks tot stand bring nie. - Sou U my daaroor iets nader wou vertel?"

[2] Ek sê: "O ja, heel graag, omdat hierdie handeling beslis noodsaaklik is om die verlore gegane liggaamlike en ook geestelike gesondheid te herstel! Want enersyds versag die suiwer oplegging van die hande op sigself reeds die hewigste liggaamlike pyn, en bowendien veroorsaak dit meestal dat die mens wat jy met `n onwrikbare geloof die hande opgelê het met die vaste wil om hom te help, heldersiende word en dan vir homself die korrekte medisyne kan vasstel wat, volgens sy voorskrif toegepas, hom volledig sal genees. Natuurlik sal die volledige genesing nie intree as daar êrens teen sy voorskrif gesondig word nie; maar as die voorskrif volledig nageleef word, sal die algehele genesing ongetwyfeld volg.

[3] As by hierdie genesingsbehandeling `n bepaalde mens in die heldersiende slaap gekom het, mag hierdie persoon nie deur allerlei nuttelose vrae gesteur en uitgeput word nie, maar `n mens mag slegs dit vra wat nodig is.

[4] Wie egter iemand die hande sal oplê, moet dit in My Naam doen, omdat sy behandeling andersins geen nut en geen uitwerking sal hê nie.

[5] Daarvoor is `n vaste, onwankelbare geloof en selfs `n onwankelbare, vaste wil nodig.

[6] Die wens daartoe moet uit die diepste van die hart kom en gevoed word deur ware naasteliefde, dan vervul die liefdeskrag die hande van die handoplegger, dring deur sy vingerpunte en stroom soos sagte dou in die senuwees van die sieke in en genees die dikwels stekende en dikwels brandende pyn.

[7] `n Mens moet egter rekening daarmee hou dat dit moeiliker is om `n man in die magnetiese slaap te bring as `n vrou! In sekere gevalle sou `n man ook deur `n vrou in die magnetiese slaap gebring kon word, maar dit sal die gelowige vrou slegs geluk met die hulp van haar tersyde staande, onsigbare engel, wat haar sal help ter wille van haar gebed en haar rein hart.

[8] Sulke vroom vroue sou veral baie verligting kon bring by bevallings, wat dikwels moeilik en met baie pyn gepaard gaan. So `n hulp sou beter wees as die hulp van die vroedvroue wat meestal na Betlehem reis om daar die kuns te leer hoe hulle by `n bevalling moet help, waarby heelwat dwase middele toegepas word wat op suiwer bygeloof berus en baie meer skaad as wat dit baat.

[9] Veral by die geboorte van die eerste kind, word daar dikwels vreeslike dom en belaglike seremonies gehou! As die eerste kind `n meisie is, moet daar allerlei dwase klaagliedere aangehef word en moet daar drie dae lank erbarmlik gesug en gejammer word. Word daar `n seuntjie gebore, dan moet daar kalwers en lammers geslag en broodjies gebak word, en moet alle sangers, fluiters en strykers bymekaar kom om die hele dag `n oorverdowende lawaai te maak, wat die geboorteweë van die kraamvrou moet versag! Daarom - in plaas van sulke domhede, sou die hierbo genoemde verloskundige hulp tog beslis beter in hulle plek wees!"

[10] Cornelius sê: "Gewis en seker! Maar kan `n vrou so godvresend word?"

[11] Ek sê: "Baie seker! Vereers is `n goeie opvoeding daarvoor nodig, en vervolgens `n baie goeie onderwys vir volwasse meisies! Maar die onderwys mag, ook al is die meisie hóé volwasse, nie gegee word voor die ware godvresendheid bewys is nie.

[12] Maar ook manne kan `n barende deur handoplegging bystaan en haar baie verligting verskaf!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205