|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 253
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die verskynsels by die doop van die Heer
253 Simon Juda (Petrus) sê: "Heer toe U Uself voor my oë in die Jordaan rivier deur Johannes met water laat doop het, sien ons terstond `n vlam in die vorm van `n duif bo U hoof sweef, en mense sê dat dit God se Heilige Gees was! En mense hoor toe ook `n stem, asof uit die lug, wat sê: 'Sien, dit is My geliefde Seun in wie Ek `n welbehae het; luister na Hom!' Wat was dit dan? Waar kom die heilige vlam vandaan, en wie spreek die woorde wat duidelik gehoor was, uit? Hoe moet ons dit opvat en verstaan?"
[2] Ek sê: "Waar sou dit anders vandaan kon kom as slegs maar van- en uit My?! Of dink jy egter dat daar agter die sterre `n Vader in die eindelose ruimte woon, wat die vlam bo My hoof na benede laat daal en dan egter ook vanuit die oneindige hoogte die bepaalde woorde na benede in die rigting van hierdie aarde gespreek het? O pragtige, heeltemal blinde blindheid van die mense! As die ewige Vader in My, Sy ewe-so ewige Seun, op die wyse woon wat Ek julle nou duidelik genoeg uitgelê het, waar kan die vlam en die stem dan vandaan gekom het? Hier, kyk eers, dan sal julle weer dieselfde vlam bo My hoof sien! En luister, dan sal julle nogmaals dieselfde woorde verneem!"
[3] Toe sien almal die vlam in die vorm van `n vlammende kruis of, met ietwat fantasie, die vorm van `n duif, wat in werklikheid ook `n kruis voorstel, sweef en gelyktydig verneem almal ook die reeds bekende woorde.
[4] En Ek sê: "Dit was die stem van die Vader in My, en die vlam het ontstaan uit My oneindige, uitstralende lewensfeer, wat die werking is van My Heilige Gees! - Simon Juda, begryp jy dit nou ook goed?"
[5] En almal sê: "Ja, Heer, nou is dit vir ons ook duidelik, hoewel dit meer as wonderbaarlik is!"
[6] Daarop sê Mathaël: "Heer, Heer, U, die wyste van ewigheid. Ondeurgrondelike groot dinge het U aan ons uitgelê en U het ons U orde laat sien soos wat hy is en was van ewigheid af! Ek kan nou dink wat ek maar wil, en sien, dit is vir my alles helder en duidelik vir wat betref die onveranderlike verhoudinge tussen U, die Skepper, en ons, U skepsele! Al U instellings is so wys gemaak dat ook die skerpste verstand en die mees verligte brein nêrens iets kon vind wat in homself en met homself ook maar in die minste strydig sou wees nie.
[7] Net as ek my in my gedagtes verplaas na die begin van alle tye en ewigheid, dan moet ek my voorstel dat al die geskapenheid wat bestaan, alle oorspronklike aartsengele, alle hemele, alle wêrelde - soos wat sonne, aardes, mane, al die sterre, wat volgens U uitleg ook niks anders is as sonne, aardes en hul mane nie, wat ons sterwelinge met ons liggaamlike oë vanweë die te groot afstand weliswaar nooit kan sien nie, tog eens `n begin moes gehad het. Die moontlikheid van hul bestaan sou anders, in elke geval vir my, eintlik nie denkbaar wees nie! Want in bepaalde, positiewe verhouding stel ek dit my as volg voor: Iets, `n wese, ding of saak sonder enige begin, kan eintlik ook heeltemal nie bestaan nie! Of sou `n ding wel uit die niks kon ontstaan het wanneer U, as Skepper, dit nooit bedink het nie?!
[8] Dus moet iets wat bestaan, soos byvoorbeeld `n sentrale oerson, tog eers binne U geleidelike orde deur U bedink moes gewees het, voordat hy, natuurlik eers daarna, as `n konkrete oerson in sy sfeer begin te werk het. Maar hy sou volgens my verstand nie bestaan het as U nie vooraf ook één atoom van sy wese sou bedink het nie! Kortom, hy sou nie daar kon gewees het nie, as hy nooit begin het om te bestaan nie! Hy kan wel eonsmaal eons eeue oud wees, ook nog wel duisendmaal duisend eeue ouer, maar dit maak nie saak nie; as hy onweerlegbaar daar is, dan moet hy ook eenmaal iewers met sy bestaan begin het. Wanneer? Dit is iets waaroor selfs die mens hom verder heeltemal nie hoef te bekommer nie!
[9] Nou sal die mens hierdie stelling omgekeerd natuurlik ook op U kon toepas, en dan sou U heel volmaakte, soliede ewigheid sonder begin, ook in `n skitterende niks val! Maar dan sê my heldere verstand en my verligte brein weer heelwat anders! Ek kan my, ook al verplaas ek my in my gedagtes ook in die ewigheid van die ewighede terug, geen einde voorstel nie. Die oneindige ruimte bly en daarmee die ewe-so oneindige tydsduur.
[10] In hierdie dus noodsaaklik ewige, oneindige ruimte moet dan tog ook die oerewige krag aanwesig gewees het, wat die oorsaak is van die oneindige uitbreiding van die ruimte, wat ewig steeds maar voortgaan, waarsonder die ruimte nie denkbaar sou gewees het nie, terwyl die krag net so min sonder die ruimte denkbaar sou gewees het. Hierdie krag kan maar daar wees, soos wat die ruimte daar ook maar een is; hy moet in homself eweneens `n sentrum en in `n sekere sin `n swaartepunt hê, ewe-eens soos die oneindige ruimte self. Omdat die ruimte daar as sodanig is, moet daarin ook die oneindige en dus meeste vrye bestaan voelend as homself tot uitdrukking kom; want hoe sou hy kon bestaan, as hy nie in sy volkome vryheid sou kon waarneem dat hy bestaan nie?!
[11] Wat egter vir die ruimte geld, geld ook vir die krag wat daarin aanwesig is; ook sy moet noodsaaklikergewys van haarself waarneem dat sy bestaan, omdat sy andersins onmoontlik daar sou kon gewees het. Kortom, hierdie dinge hang so nou met alles tesame en is dermate inherent aan hulleself, dat die een sonder die ander gladnie daar kan wees nie! Maar omdat al hierdie sake immers oorspronklik en volmaakte kenmerke van U eie geestelike oerbestaan Self is, is dit dus volgens U gees nooit of te nimmer weg te dink nie!
[12] U is dus volgens my verstand net so noodsaaklik ewig as al die ander noodsaaklikergewys slegs tydelik kan wees, tenminste in die formele bestaan daarvan! - Maar nou eers kom `n heel ander vraag!
[13] Omdat hierdie heel sigbare en ook onsigbare skepping tog ondenkbare lang tye gelede begin het, wat het U, o Heer, dan vóór dit begin het, gedurende die ewigheid gedoen? Ek merk weliswaar aan U vriendelike glimlaggende gesig dat ek my vraag ietwat dom gestel het; maar ek is tog daarvan oortuig dat dit nie heeltemal sonder inhoud is nie! En ek vra U daarom, o Heer, om ons ook hieroor ietwat meer te vertel! My soekende siel wil nou eenmaal alles volledig weet."
|
|
|
|
|