Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die volk van Abbesinië en Nubië

179 (Die Heer:) "Die meeste van julle ken, al is dit maar uit die sages, die van ouds beroemde land van Egipte.

[2] Agter die groot watervalle van die Nyl is daar `n uiters vrugbare en groot bergland, wat die naam dra Abi ie sin (dit beteken van die seun van Abi. Vandag bekend as Abbesinië). Hierdie Abi was `n nakomeling van Kaïn en nie van Noag nie, want die hoogland, soos nog meer lande op aarde, het ten tye van Noag vry gebly van die groot vloed.

[3] Die seun van hierdie Abi word, net soos Nimrod, `n magtige jagter. Hy vind die knots en die boog uit, en alle diere, ook al was hulle hóé verskeurend, woes en wild, het reeds gevlug as hulle hom in die verte gesien het, want hy was `n reus. Sy stem het die gesteente laat bewe, met sy kolossale knots het hy rotse stukkend geslaan en met sy boog het hy tien pond swaar pyle duisend treë ver geskiet en dit waarna hy gemik het, het hy feilloos getref en dit word sy buit.

[4] Behalwe dat hy heerser was oor alle diere, het ook al sy swakker broers en susters hom gehoorsaam. Hy was baie ernstig, maar daarby tog teenoor mense nooit wreed nie, selfs nie eers hard nie; maar wat hy neergelê het, moes gebeur.

[5] Hy het aan `n soort verre, almagtige god geglo van wie alle dinge oorspronklik afkomstig is. Maar hierdie god het ontelbare magtige dienaars en knegte, sigbaar en onsigbaar. Sommiges moes heers oor son, maan en alle sterre, `n deel oor die aardbodem, `n deel oor die water, `n deel oor die vuur en so aan, `n deel oor die gras, oor bome en struike, `n deel oor die waters bo en onder die aarde, `n deel oor die metale, `n deel oor die voëls in die lug, `n deel oor alle diere in die water en `n deel oor alle diere wat op die aarde loop en kruip.

[6] Hierdie onsigbare dienaars en dikwels sigbare knegte moes altyd deur die sterwelinge in hoë eer gehou word deur gehoorsaamheid aan, en streng navolging van, die wette wat hulle van tyd tot tyd aan die mense sou gegee het. Ongehoorsaamheid straf hulle altyd baie gevoelig met allerlei plae wat hulle oor die ongehoorsame mense laat kom het wat hulle nie gerespekteer het nie, hulle wette nie nagevolg het nie en wat hulle as mense onderling ook onvriendelik gedra het.

[7] Kortom, hierdie seun van Abi was die eerste heerser van daardie toenmalige volkie en terselfdertyd die eerste priester wat, aan hierdie volkie `n onvoldoende begrip van God en ander geestelike wesens bygebring het en hy was in `n reguit lyn in die sesde geslag `n afstammeling van Kaïn en sewende in die lyn van Adam.

[8] Hy het die volk die mak diere geleer ken, behandel en vir die huishouding gebruik en was sodoende `n egte grondlegger van `n herderskolonie en leer die volk ook baie vrugte as voedsel herken, in die tuin verbou, versorg en veredel; hy leer hulle ook om hutte van klippe, palms en leem te bou en dit as veilige woonplek te gebruik.

[9] Self het hy die hele uitgestrekte land van verskeurende, wilde diere gesuiwer. Sy seuns wat net so reusagtig groot en sterk was, oes reeds die seën van die rustelose inspanninge van hul magtige vader. Na verloop van `n paar eeue het hierdie swartvellige volkie gegroei tot `n groot en magtige volk en het goeie sedes en `n heel doelmatige staatsinrigting gahad; verstandiger en beter selfs as dié van Egipte, onder hulle eerste geestelike leiers.(die Farao’s)

[10] Hierdie volk, wat regtig gelukkig was, het alle moontlike toegange tot hul land op sodanige wyse versper dat selfs die wilde diere van buite byna onmoontlik nadeel kon berokken aan die ryk kuddes van hierdie groot land wat na alle kante uitgestrek was en wat vyfmaal so groot was as die Beloofde Land. Om dieselfde rede dring daar ook tot op hierdie uur geen vyand van buite deur na die groen streke van hierdie land nie, hoewel die volk hulle tot op hede reeds ver oor die ou grense uitgebrei het. Die grense van elke nuwe grondbesit het hierdie volk ook sodanig versper dat dit vir `n vyand nie maklik sou gewees het om oor hierdie grense die land binne te dring nie.

[11] Aan die Egiptiese kant, waar die laaste uitlopers van die Komrahaigebergte baie steil begin, besit hulle één enkele uitweg. Dit is `n verskriklike nou pas, wat vier uur se reis lank is, met baie draaie waardeur mens kan verdwaal en wat meestal onderaards uitmond in die boonste deel van Egipte en deur `n baie smal grot lei. Dié uitweg is egter eers ten tye van Moses deur die inboorlinge gevind en wel deur vlugtelinge wat as groot misdadigers teen die staat vir die gevreesde straf op vlug was. Toe die mense hulle agtervolg, vlug hulle in `n rotsholte in om hulle daar te verberg. Toe hulle, gewapen met pyl en boog, ongeveer vyfhonderd treë in die holte deurgedring het, ontdek hulle in die teenoorgestelde rigting daglig en gaan haastig daarop af; hulle bereik dit baie gou en was baie bly dat hulle hul agtervolgers so gelukkig ontkom het. Toe hulle aan hierdie kant in `n oop vlakte aankom wat hulle vroeër nog nooit gesien het nie, sluit hulle dadelik die uitgang met klippe af om te voorkom dat hulle agtervolgers nooit in hierdie wye, mooi, vrye landskap sou kon kom nie.

[12] Daar was in totaal sewentig vlugtelinge, waaronder ses-endertig manne en vier-en-dertig vroue; die een wat nie `n vrou gehad het nie, maak hulle die aanvoerder omdat hy van almal ook byna die meeste ervaring gehad het; één was egter nog te jonk om `n vrou te hê en die word daarom die dienaar van die aanvoerder.

[13] In hierdie omgewing woon die vlugtelinge ongeveer anderhalfjaar. Ondanks hul jag op verskeurende diere, kry hulle die omgewing nie gesuiwer nie. Aan die einde van voorvermelde periode breek hulle op en trek langs die Nyl in `n noordelike rigting, volg die hele stroom verder, kom na `n paar weke tot aan die watervalle wat die mense nou vanuit Egipte die tweede noem. Daar kos dit hulle baie moeite en werk om verder te kan trek.

[14] Aan die regteroewer van die Nyl sou hulle wel makliker vooruit gekom het, maar hulle bevind hulle op die linkeroewer en daar bevind hulle in hierdie streek baie skeure en dit wemel daar van allerlei ongediertes wat die mense bepaald nie vriendelik gesind is nie. Hulle wou, omdat daar geen einde gekom het aan die ongemak van hierdie tog nie, alweer omdraai en na die vroeëre omgewing teruggaan, toe hulle op `n groot kudde mak beeste en skape afkom wat ewe-eens na die noorde trek. Hierdie gebeurtenis gee hulle die indruk dat hulle agtervolgers op hulle spoor gekom het. Hulle begewe hulle toe op die pad en trek so goed dit maar gaan verder, en bereik na `n swaar dagreis eindelik `n mooi, groot en buitengewoon vrugbare streek.

[15] Daar was `n oorvloed aan dadels en vye en daar was groot kuddes skape en mak beeste wat heeltemal vry en sonder eienaar rondgetrek en gewei het. Die kudde, wat ons geselskap van swart mense gedwing het om verder te trek, verdwyn egter in die ravyne van die watervalle en volg hulle nie, wat ons geselskap goed te pas kom omdat hulle daardeur oortuig raak dat die kudde nie deur die vermeende agtervolgers gevolg word nie.

[16] In hierdie nuwe omgewing soek die geselskap vir hulle eers voorlopig die beste moontlike plek uit, versterk dit en vestig hulle daar. Dit was `n mooi, plat heuwel aan die Nyl wat ryklik begroei was met dadels, vye en mooi palms; behalwe enkele ape was daar geen spoor van enige ander verskeurende gediertes te bespeur nie.

[17] Hier vermenigvuldig hierdie mense hulle en binne enkele honderde jare was hulle `n belangrike volk wat hulle alle vrye kuddes toe-eien en hutte en selfs dorpe bou, en `n heel goed gelewe het. Almal het hulle aan die geloof en die sedes en gewoontes gehou wat die seun van Abi ingestel het.

[18] Hierdie groot, vrugbare land, wat destyds baie mooi was, noem die swart inwoners ‘Noua Bia’ wat ‘Nuwe woonplek’ beteken.

[19] Van daar af kom hierdie volk met die verloop van die tyd ook in aanraking met die Egiptenare, wat later baie moeite doen om hierdie eerste swart mense te onderwerp, waarin hulle egter tog nie heeltemal kon slaag nie. Dit was ook die eerste heeltemal swart mense wat die Egiptenare te siene gekry het.

[20] Aanvanklik beskou die Egiptenare hierdie mense as groot ape; eers toe hulle merk dat hierdie mense selfs `n taal gepraat het wat byna heeltemal dieselfde was as hulle taal, begin hulle hulle as egte mense aansien, en koop beeste en skape van hulle en daarvoor leer hierdie swartes van die Egiptenare allerlei kunste en wetenskappe wat hulle baie goed kon gebruik, spesifiek die maak van metaal, waarvan hulle tot op daardie stadium nog geen kennis gehad het nie.

[21] Dié volk het tot op die huidige dag die ou godsdiens en alle ou sedes en gewoontes behou wat hulle van die seun van Abi gekry het.

[22] Maar in hierdie jaar het daar by dié volk `n siener opgestaan wat aan sy swart broers en susters `n buitengewone visioen meegedeel het wat hy sewe maal na mekaar gesien het. Hy beskryf aan hulle die pad wat hulle moes volg om op aarde op die plek te kom waar Hy Homself bevind het wat die mense die waarheid en die groot onbekende God leer ken.

[23] En kyk, hierdie siener uit ‘Noua Bia’ sal met `n baie aansienlike geselskap nog voor die middag hier in die omgewing van Césarea Philippi aankom; ons sal daarom `n boodskapper na hulle toe stuur om hulle hierheen te bring! Hulle het op `n groot aantal kamele hierheen gekom en het baie skatte saamgebring en sal alles wat hulle hier vir hulle onderhoud nodig het met goud en edelstene betaal.

[24] Markus, let jy dus daarop dat hierdie Nubiërs baie goed versorg word! Want toe jy My gisteraand gevra het om vir hierdie dag nog by jou te bly, het Ek jou wens ingewillig en gebly, terwyl Ek andersins vandag al voor sonop met My leerlinge hierdie karavaan, wat My soek, tegemoet sou gegaan het. Ek het egter gebly en dié blyery sal jou huis vandag nog baie werk besorg; maar jy sal daarvoor beloon word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205