Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oordeel nie!

58 Na hierdie woorde slaap Zorel weer rustig en Zinka sê: "Nee, hoe baie het hierdie man nie nou aan ons geopenbaar nie! As dit alles werklik waar is, het ons dinge gehoor waarvan geen profeet waarskynlik ooit gedroom het nie! Nee, ek is diep onder die indruk van die groot wysheid van hierdie man! Waarlik! Geen engel kan so `n groot wysheid besit nie!"

[2] Ook Cyrenius sê: "Ja, dié man moet gehelp word, want soveel buitengewone wonderbaarlike sake uit U goddelike orde is hier nog nie vroeër onthul nie! Die onthullings van Mathael was groot en bring my tot diepe nadenke, maar wat hierdie Zorel nou alles onthul het, is ongehoord! Dit is skaars te glo en haas nie denkbaar dat sulke diep innerlike wyshede hulle nog in menslike woorde laat neem en hulle vervolgens in helder taal verstaanbaar laat beskryf nie! Kortom, ek is heeltemal buite myself deur hierdie Zorel! As hy dit hierna, wanneer hy liggaamlik weer ontwaak het, ook sou kon vertel, o, dan sou ek hom op `n troon plaas om van daar af die mense die groot waarheid te predik, sodat hulle almal met meer sekerheid die ware en volmaakte bestemming van hulle bestaan en lewe sou bereik!"

[3] Ek sê: "Baie goed, vriend Cyrenius! Voorlopig is dit minder belangrik wat hy in sy derde stadium geprofeteer het - hoewel dit sonder meer waar is - as dat julle in die vervolg geen mens sal veroordeel vanweë sy siek siel nie. Want julle het nou almal gehoor en ondervind dat ook in `n hóé siek siel `n volkome gesonde lewenskiem rus. As dié siel deur julle broederlike inspanning gesond gemaak kan word, het julle iets gewen wat geen enkele wêreld ooit vir julle kan betaal nie! Van hoeveel nut kan so `n volmaakte mens daarna wees! Wie kan die draagwydte daarvan meet?! Julle mense weet dit nie, maar Ek weet hoe seer dit die moeite loon om dié moeite te doen!

[4] Daarom sê Ek vir julle: ‘Wees altyd barmhartig, ook jeens die groot sondaars en misdadigers teen julle wette en teen die goddelike wette! Want slegs `n siek siel kan `n sonde begaan, `n gesonde beslis nooit nie, omdat `n gesonde siel glad nie tot sondig in staat is nie, aangesien die sonde altyd net `n gevolg is van `n siek siel.

[5] Watter mens kan `n siel vanweë `n inbreuk op een van My gebooie bereg en straf, terwyl die mense tog almal onder dieselfde wet val? `n Wet van My bestaan juis daarin dat jy niemand sal veroordeel nie! As julle jul naaste wat teen My wette gesondig het, veroordeel, sondig julle self tog net so erg teen My wet! Want hoe kan julle, wat self sondaars is, `n ander sondaar bereg en verdoem?! Weet julle dan nie dat, wanneer julle jul sielsieke broer veroordeel het tot `n harde straf, julle daarmee tewens vir julleself `n dubbele veroordeling uitgespreek het wat eers in die hiernamaals, of na gelang van die omstandighede ook reeds hier, voltrek gaan word nie?!

[6] As een van julle `n sondaar is, moet hy sy amp as regter neerlê, want as hy oordeel, roep hy `n dubbele oordeel oor homself af, waaruit hy hom moeiliker sal kan bevry as die een wat hy bereg en verdoem het. Kan `n blinde ooit `n ander lei of hom die regte pad wys?! Of kan `n dowe `n ander dowe iets vertel oor die effek van die harmonieë in die musiek soos wat dit die suiwerste beoefen was deur Dawid? Of kan die een lamme vir die ander sê: ‘Kom hier, ongelukkige, ek sal jou na die herberg bring!'? Sal beide nie gou-gou gly en in `n put val nie?!

[7] Onthou dit dus veral dat julle niemand veroordeel nie, en druk dit ook aan almal op die hart wat eendag julle leerlinge sal word! Want by die navolging van My leer sal julle engele uit mense kweek - by die nie-navolging van My leer egter duiwels en regters oor julleself.

[8] Weliswaar is niemand op hierdie wêreld heeltemal volmaak nie, maar die meer volmaakter in verstand en hart moet leier wees en geneesheer vir hulle siek broers en susters. Slegs wie self sterk is, moet die swakkes dra, anders gaan hy tesame met die swakke ten gronde en sal hulle albei nie weer kan opstaan nie!

[9] Om julle dit almal terdeë, juis en waaragtig te laat insien, het Ek nou met hierdie Zorel `n duidelike voorbeeld gegee. Laat dit daardeur goed tot julle deurdring hoe erg en hoe foutief dit is om `n misdadiger op julle wyse te bereg! Wel sal julle manier van regspraak altyd `n wêreldse eienskap bly en die harde, diamantkop van die draak van die tirannie sal gewis nooit heeltemal vermorsel word nie, want die aarde is nou eenmaal juis daarom `n proefwêreld vir My wordende kinders. By julle moet dit egter nie so bly nie, want te midde van julle strooi die hemele vrugte wat ryk van sade voorsien is.

[10] As julle nou eet van die vrugte van My inspanning, vergeet dan nie om die saadkorrels wat daaruit val, so ryklik moontlik in die harte van julle broers en susters te strooi nie, sodat dit daarin sal ontkiem en `n ryke en gesonde, nuwe vrug mag dra! Hoe daar uit saadkorrels wat in die in die hart gesaai word `n nuwe, wonderbare vrug verwek word, het Zorel julle bykans tot in besonderheid helder en duidelik getoon. Handel daarvolgens, dan sal julle uit julleself reeds lewe laat ontkiem en juis daardeur self die ewige lewe in al die volmaaktheid ontvang wat nou aan julle bekend is! Dit is met hierdie handopleggingstoneel vir julle ter lering en navolging gedemonstreer.

[11] Maar nou het die oomblik aangebreek waarop jy, Zinka, vir Zorel jou hande teenoorgesteld moet oplê sodat hy kan wakkerword. As hy wakker geword het, gee jy, Markus, vir hom wyn met `n bietjie water, sodat sy liggaam sy vroeëre krag kan terugkry! Maar as hy na die ontwaking dieselfde taal uitlaat as eers, vererg julle dan nie en herinner hom glad nie aan wat hy tydens sy ekstase gesê het nie, want dit sou hom liggaamlik kon kwaad aandoen. Lag hom egter ook nie uit as hy met die een of ander domheid aankom nie! Baie geleidelik kan julle sy aandag meer en meer op My rig, maar nie te gou nie, omdat baie vir hom vir `n lang tyd daardeur bederf sou kon word! Zinka, doen jy nou jou werk, want Markus is al daar met die wyn en die water!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205