Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 245

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die selfstandige ontwikkeling van `n mensesiel

245 (Die Heer:) "Dat jy, Mathaël, egter sê dat die skuld uiteindelik tog by My lê vir die feit dat die mense met verloop van tyd in so `n heeltemal verkeerde manier van lewe tereg gekom het, dat Ek hulle baie duidelik ten gronde moes rig, daarteenoor stel Ek ook dadelik die volgende: Siele soos die van hierdie swartes, is tot op hede nog nie geroep tot die kindskap van God nie, en vir dit waarvoor hulle daar is, was `n meer stereotipe, vas bewaarde volmaaktheid van hul siel voldoende; want jy moet hierdie nie sien as `n spesiale gevolg van hul voortreflike selfontwikkeling nie, maar dit is aan hulle gegee, net soos wat hulle swart huide vir hulle gegee is. As hulle egter ook die kindskap van God wil bereik, dan sal dit alles nie meer aan hulle gegee word nie, maar slegs die leer.

[2] As hulle volgens hierdie leer vir hulleself verantwoordelik is, en probeer om die vervolmaking van hul siel uit eie krag na te strewe en daardeur My Gees van die Liefde in hulle op te wek, dan sal hulle natuurlik net so wees soos julle nou is. Maar solank die volmaaktheid van hul siel vir `n twee-derde deel gegee en slegs vir `n derde deel self verwerf is, kan hulle met so `n volmaakte siel nooit die gees in hulleself opwek en bly hulle ook in die hiernamaals dit wat hulle hier is: Baie goeie, maar meer meganiese salige, volmaakte siele, met noodsaaklikergewys presies vasgestelde grense van die saligheid, want iets anders is nie moontlik nie.

[3] As dit wat voorafgaan, gegee is, kan dit wat daaruit voortkom en daarop volg tog beslis nie in vryheid self verwerf gewees het nie; want wie aan jou jou hoof gegee het, het jou tog seker ook jou hande, jou liggaam en jou voete daarby gegee! Of dink jy egter dat dit vanself uit jou hoof ontstaan het?

[4] Ag, by `n siel wat oor haarself beskik en haarself volgens die hoorbare woord van God ontwikkel, is dit heelwat anders! Wat sy het, is haar volledige eiendom en sy kan duisend en meer hemele vir haar daaruit bou, want sy het nou haar eie stof en haar eie materie, en kry daardeur in haar gewekte gees van die liefde ook volkome dieselfde krag as God om dit te doen, en om in alles net so volmaak te wees soos ook die Vader in die hemel volmaak is! -En nou verder!

[5] Met `n siel soos wat hierdie swartes het, so vol vertroue, sal jy in die hiernamaals baie weinig moeilikhede hê, want wat hulle het, het hulle en hou hulle. Hulle het vir hulleself ewiglik geen hoëre behoeftes nie en is volkome geseënd, soos wat `n by is wanneer sy `n blomkelk wat ryklik met heuning gevul is, gevind het; haar behoeftes gaan vir ewig nie verder as hierdie heuning nie. As die by kry wat sy gesoek het, het sy reeds alles; alle ander skatte van die hele oneindigheid is vir haar van nul en geen waarde nie.

[6] Maar by `n siel wat haarself moet vervolmaak, is dit heeltemal anders! Om dit te kan realiseer, moes tog alle nodige middele wat daarvoor nodig sou wees,volledig vir haar tot beskikking gestel gewees het, waardeur sy, as sy dit wou gebruik, noodsaaklikergewys en onfeilbaar volmaaktheid sou bereik het. Met die vereiste middele word die siel tot die vrye kindskap van God geroep, tog beslis nooit opgedring nie, maar (die middele) word slegs gereed gesit, soos wat die materiale wat `n wyse boumeester vir die bou van `n huis nodig het. Vanaf dié punt gebruik die boumeester hulle na eie goeddunke en bou `n huis daarvan volgens sy idee en sy smaak, en die geboude huis is dan volkome sy werk en nie die werk van ander wat die materiaal vir hom gereed gesit het nie. Ook al het jy die beste materiaal gereed gesit om `n goeie woonhuis vir jou te laat bou, maar jy bou dit nie self nie, maar stel `n boumeester aan wat die gevraagde huis vir jou bou, kan jy dan tog sê: 'Kyk, die mooi en pragtig ingerigte huis is my werk!'? Beslis nie, want die huis bly altyd die werk van hulle wat dit na eie goeddunke en insig gebou het!

[7] En kyk, op ooreenkomstige wyse is die volmaakte siele van die swartes nie hulle eie werk nie! Hulle is besonder goed gebou, maar die swarte het weinig daartoe bygedra. En omdat dit so is en nie anders nie, kan hulle voorlopig nie die kindskap van God bereik nie; sou dit egter aan enigeen van hulle gegee word om dit te bereik, dan sou hulle siele meteens onvolmaakter daar uitsien. Omdat vir `n siel wat dus tot die kindskap van God geroep is, slegs die materiaal vir die eie bou gegee mag word en daarnaas die leer hoe die bouwerk uitgevoer moet word, is daar nou hiermee beslis wel voldoende verstaanbaar uiteengesit dat, om die eie van elke siel te bewaar, ook in die hiernamaals nie meer as dit vir haar gedoen mag word nie. Ook al is `n siel nog hoe verdorwe, dan mag sy tog nie deur My almag aangepak word nie, maar daar word slegs aan haar soveel materiaal uitgereik as wat sy kan verwerk; sy mag ook nie swaarder belas word as tot waar haar kragte reik nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205