Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die oorsaak van warmte en koue

147 Mathaël sê: "Heer, dit is kennelik ekself! Want ek het werklik nog `n kleinigheid agtergehou, wat ek ondanks my ingespanne nadenke nie goed kan rym nie!"

[2] Ek sê: "Ja, ja, presies, dit is jy; laat eers hoor wat jou kwel!"

[3] Mathaël vervolg: "Toe ek en my vader met die jong Lasarus vanaf ons huis na Bethanië gaan en onderweg die groot ligverskynsel sien, het ons daarby behoorlik baie warmte gevoel. Maar toe die ligverskynsel ten slotte heeltemal uitdoof, tree daar naas die plotselinge, algehele duisternis ook so `n gevoelige koue op dat rillings oor my lyf geloop het. Nou kan ek maar nie dink wat die oorsaak van hierdie koue was nie; as dit U geval, o Heer, sou ek ook graag die rede daarvan wou weet!"

[4] Ek sê: "Wel, die rede is so duidelik dat jy haas daaroor sou struikel! As jy twee stukke hout stewig teen mekaar vryf, word hulle warm, hittig, en begin ten slotte selfs ontbrand, en begin fel te brand. Waarom gebeur dit? Omdat die aanwesige natuurgeeste in die hout en in die selle en organe hiervan met te veel geweld gewek word uit hul swygende en dowwe rus, voordat elkeen individueel in `n sterk vibrerende beweging raak, en dan as lig en vuur sigbaar word. Daardeur aktiveer hulle ook die ietwat traer, aangrensende geeste en ten slotte raak alle natuurgeeste so uiters heftig aan die beweeg, of liewer, aan die brand. As hierdie beweging of die brand ten einde kom, koel al hierdie natuurgeeste weldra gou af; hoe heftiger `n aktivering plaasvind, des te vinniger tree daarna vermoeidheid by die natuurgeeste in, daarmee die rus en daarmee die koue.

[5] `n Stuk hout wat deur en deur gloei, of `n gloeiende kool, is selfs by die felste aanblaas nooit so hittig soos `n gloeiende stuk yster nie. Dit gebeur deurdat die natuurgeeste in yster tot `n heftiger beweging in staat is as dié in hout; maar as houtskool en yster na `n gelyke, lae temperatuur afkoel, sal yster gouer afkoel as houtskool, en in afgekoelde toestand baie kouer voel as afgekoelde houtskool.

[6] As dit op `n somersdag baie warm en swoel word, begin die natuurgeeste in beweging kom, en hierdie toenemende beweging veroorsaak ook die steeds groter warmte en swoelte. Hierdie groter of intensiewer word van die warmte ontstaan deurdat bepaalde geeste hulle digter teen mekaar aandruk, wat weldra in die vorm van newels en wolke ook vir die liggaamlike oog sigbaar word.

[7] Hoe daar by so `n geleentheid steeds meer wolke ontstaan, is aan julle bekend, en ook dat dit ten slotte in die wolke begin te weerlig en daaruit geweldig begin reën en soms ook begin hael, wat die gevolg is van die werk van die vredesgeeste wat reeds aan julle bekend is.

[8] Maar hoe heftiger die weerligte mekaar tydens `n onweer opvolg en verlig, des te kouer word die lug dadelik daarna - wat alles die gevolg is van die weer na die rustoestand terugkeer van die opgewonde natuurgeeste, wat natuurlik deur die magtige vredesgeeste daartoe gedwing word. Daarom word dit ook by die verdwyn van jou groot, magtige ligverskynsel om dieselfde rede koel en behoorlik koud. Is dit nou ook vir jou duidelik?"

[9] Mathaël sê: "Heer, ek dank U vir hierdie uitleg; ook dit is nou vir my duidelik!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205