Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 237

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Watter gevolge dit het wanneer harsings geen geestelike lig het nie

237 (Die Heer:) "Of stel julle `n spieël, al is dit hoe ligsterk, in `n heeltemal donker kelder op om te kyk of julle iets van die voorwerpe in die kelder daarin kan sien? Julle sal, omdat julle heeltemal met julle kelder vertroud is, met julle tassin die voorwerpe daarin volgens hulle aard kan waarneem en desnoods ook sonder lig herken; maar `n spieël sal jy tevergeefs in die duister kelder neersit, want dit sal julle sonder lig nooit `n goeie spieëlbeeld van die dinge in die kelder kan lewer nie.

[2] So gaan dit ook met `n mens met `n wêreldse gevormde, bedorwe en duister brein. Geen enkele ligstraal met die ooreenkomstige, geestelike vorme gaan vanuit die duistere, materiële brein oor in die van die siel nie, wat dus alreeds die geestelike brein is; en die totaal verskrompelde harsingsplaatjies van die siel bly as sodanig duister en leeg; as daar dan ook geestelike lig tot die plaatjies sou deurdring, dan sou dit vir die gees en die siel eweveel nut gehad het as wanneer iemand `n lig in `n volkome leë, witgekalkte vertrek sou plaas.

[3] Wat sal hy daarin sien? Maar net leë mure! Wat sal hy daarin kan ondersoek? Beslis niks anders as vertwyfelende verveling nie! En as hy die sin daarvan sal begryp, sal hy homself toeroep: ‘Na buite met die lig, weg uit die leë vertrek, want hier is niks hierbinne nie! Gaan met die lig daar waar iets is om te beskyn! Met lig moet iets gedoen word, - waarom sou jy daarmee vier leë mure wil verlig, wat sowel met as sonder lig, leeg is?!'

[4] As die lig van die oë van die gees op die harsingsplaatjies van die siel val en dit is leeg, dan dring daar geen lig van `n geestesoog meer na binne nie en dit word onmiddellik byna vir ewig donker daarin! Maar as dit onweerlegbaar so is en nie anders nie, waar moet `n siel dan in die hiernamaals die boumateriaal vandaan kry om `n wêreld te bou wat sy kan bewoon? Hoe kan sy dit doen? Julle dink dat Ek so `n arme siel wel sal kan help? O ja, maar in der ewigheid nie deur `n soort swak, menslike, ontydige medelye nie, maar slegs volgens My ewige onveranderlike orde, wat egter soos wat bekend is, baie lang, lankmoedige arms het wat gevul is met onmeetlike geduld!

[5] Eers wanneer die nood `n hoogtepunt sal bereik, waarin die siel, deur die magtige druk van totale vertwyfeling, in `n soort gloeiing sal oorgaan, sal daar uit die oorgrote angs in haar hart, dus uit haar vreeslike benoude gemoed, soos uit `n smidsvuur uit, gloeiende vonkies opstyg na haar harsings toe, en daardeur sal sy skemerbeelde van haar nood, haar kwelling, haar pyn, haar smart, haar ellende, haar onmag, haar verlatenheid inprent op haar harsingsplaatjies; dan eers sal sy self weer tot sommige baie swak idees kom en na `n lang tyd in staat wees om uit sulke baie armsalige beelde vir haarself `n baie skamele woonwêreld te bou!

[6] Vir so `n besit sal niemand haar beny nie, en dit sal opnuut baie lank duur vir so `n siel om uit haarself `n verbetering van haar toestand in haar woonwêreld tot stand te bring. Dan sal daar suiwer kragmiddele nodig wees om haar gemoed tot lewe en werksaamheid te bring! Eers deur baie noodsituasies sal so `n siel tot `n beeld oor haarself kom wat uiters treurig daaruit sal sien, en aan die hand daarvan sal sy op haar grondgebied begin om die weë te orden, waardeur sy nie meer so gemaklik in die allerhoogste nood en vertwyfeling kan kom nie!

[7] Nou, dit sou mens dan wel volkome tereg `n kapitaal en `n eie oes kon noem, maar hoe sien dit nie nog beperk, skraal en onbeholpe daar uit nie!

[8] Gestel dat iemand onmondige kinders in `n digte bos sou agterlaat waarvan een of meer van hulle hulself in die bos aan die lewe sou kon hou. Laat ons aanneem dat `n jongman en `n meisie dit oorleef, omdat hulle presies onder `n vyeboom agtergelaat word waarvan die vrugte, wat in hul skoot val, hulle aanvanklik tot `n bepaalde leeftyd voed waarop hulle, heeltemal verwilderd, ander voedsel begin te soek! Gestel dat hulle opgroei, die volwasse leeftyd bereik, kinders verwek en dat daar na `n paar eeue `n volk uit hulle uit ontstaan, wat egter sonder onderrig en sonder openbaring van Bo bly!

[9] Gaan dan maar na so `n volk en ondersoek hul beskawing, dan sal jy vasstel dat jy in plaas van mense, diere sal aantref, wat baie wilder en meer verskeurend sal wees as alle tiers, hiënas, wolwe en bere! Jy sal by hulle geen taal nie, maar slegs `n nabootsing van allerlei natuurgeluide aantref, waarmee hulle slegs maar hul begeerte en hul brute wil te kenne wil gee. Hulle sal die vreemde mense, diere en vrugte rou opvreet - en as hulle erge honger het, sal hulle voortdurend besig wees met `n gejaag na voedsel.

[10] Eers weer na `n paar eeue - as hulle buite hul uitgestrekte oerwoude gekom het en deur die een of ander beskaafde volk gestuit was waardeur hulle teruggedrywe word, terwyl `n aantal van hulle gevange geneem word en hul na `n beskawing gebring word. Veronderstel sulke gevalle het hom meermale voorgedoen, en na die terugkeer van die wyser geworde burgers en `n aantal, weliswaar gevange, maar nou enigsins beskaafde burgers - sal die hele stam in die loop van die tyd enige beskawing kry, wat egter natuurlik hemelsbreed sal verskil van `n suiwer geestelike, menslike beskawing!

[11] Hoeveel tyd sal dit so `n volk egter daarna nog neem om ten minste die peil van julle uiterlike, wêreldse kultuur te bereik, en hoeveel tyd om te kom tot by julle huidige, geestelike toestand, dit wil sê, langs `n natuurlike weg en die geheel aan homself oorgelaat!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205