|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 159
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die giftige aard van die weduwee en haar dogter
159 As so `n siel eenmaal die vlees bewoon, lê sy haar giftige stowwe in die vleis en bloed van haar eie liggaam wat daardeur egter, wat betref die natuurlike gesondheid, nie soseer in haar lewensfeer gesteur word nie, omdat dit al van oorsprong daarop ingestel is.
[2] Maar dit is vir iemand wat uit die positiewe orde voortgekom het, nooit raadsaam om te naby in so iemand se omgewing te kom nie, want ook al skaad hy sy siel nie regstreeks nie, dan skaad hy egter tog sy liggaam wat nie geskik is om sulke gif op te neem nie. En dit bring ons reeds by ons weduwee!
[3] Haar siel, wat vir die res baie goed is, en in `n goeie orde oorgegaan het, het haar giftige oerelement in die milt en die lewer van haar liggaam opgeberg en daar bly dit rustig en verder onskadelik solank hierdie persoon haarself nie om die een of ander rede onstuimig opwen nie. As so `n egte giftige persoon egter opgewonde raak, is dit vir elke man hoog tyd om hom vinnig uit haar giftige sfeer terug te trek.
[4] Want die gif wat hom in haar liggaam bevind, is eteries van aard en hou verband met die senuwees, en dring deur tot in die uitstralende lewensfeer van hierdie persoon. Wie dit deur inaseming, of deur `n langer verblyf in so `n met gif beswangerde sfeer met die eter van die eie senuwees in aanraking bring, wat baie maklik gebeur, is liggaamlik verlore, veral as hy die teengif nie ken nie.
[5] Die teengif is dan, as alle senuwees nie reeds te sterk aangetas is nie, die bepaalde bouillon; tewens sou mens egter dié diere in `n groot vat in olyfolie moet smoor, en dan sou mens naas die drink van die dun vleissop ook die hele liggaam deeglik met hierdie slangolie moet invryf. Dít sou eers `n volledige genesing kon bewerkstellig, omdat die reeds in die senuwees aanwesige gif homself dadelik uit die senuwees terugtrek en homself gedeeltelik via die bouillon in die maag of via die olie met sy daarin aanwesige oerelement verbind en verenig, en daardeur nie meer op die senuwees kan inwerk nie, en dit ook nie meer kan skaad nie.
[6] Mathaël, toe jy die eerste keer saam met jou vader na haar toe uitgenooi was, was die weduwee siek van haar eie gif omdat die Griekse dokter haar te veel opgewen het, en sy kon toe, net so goed as later, daaraan sterwe; want uiters selde sterwe sulke giftige persone aan `n ander siekte as aan hul eie gif.
[7] Die blou newel wat vir jou sigbaar geword het waarin verskeie diere rondgeswem het waarop jy nie baie gesteld was nie, was so `n uitstroming van die giftige eter en aan die duidelik sigbare bewoners daarvan kon jy baie goed sien deur welke gees hulle voortgebring word.
[8] Toe jou vader met sy verstandige woorde die vrees wat die weduwee innerlik baie opgewen het, aanmerklik verminder het, trek die bose eter homself terug in die tot rus gebringde milt en lewer; die oortollige bly egter in die gal van die maag, word ten slotte na vier dae heeltemal deur die bepaalde bouillon opgeneem en langs natuurlike weg afgevoer, en die weduwee word daarop weer heeltemal gesond. Die stem wat aan jou die middel genoem het, was van `n gees wat die geestelike beskermer van die weduwee was.
[9] Toe jy saam met jou vader vir die tweede maal daarheen geroep word, was die weduwee erg ontstem oor haar doofstom dogter wat, ondanks haar doofstomheid, tog hewig verlief begin te word op `n enigsins ligsinnige man. Daardeur word sowel die gif van die weduwee asook dié van haar dogter, wat dieselfde eienskap gehad het, te heftig in beroering gebring; beide word asof deur duisend giftige slange in al hul lewensenuwees gepik en vanaf daardie oomblik was daar geen liggaamlike genesing meer denkbaar nie - behalwe dit wat deur My krag natuurlik wel moontlik sou gewees het. As gevolg van die groot opwinding, los die siele van beide hulle bykans heeltemal op, dit wil sê, hulle los op in hul oerelemente, en omdat hulle daardeur noodsaaklikerwys meer ruimte nodig gehad het, brei hulle hulleself selfs hoog en ver bo die huis uit waarin beide op sterwe gelê het.
[10] Toe die volledige losmaking van die liggaam `n feit was en die oerelemente binne die kluwe van die lewensnewel deur die daarna intredende rus weer insien dat hulle bymekaar hoort, skei die voorheen inmekaar geskuifde kluwes weldra van mekaar, waarvan die grote die oerelemente van die siel van die weduwee, en die kleinste dié van die dogter bevat. Deur die steeds verder tot rus kom, herken die oerelemente van beide siele hulle ook steeds meer en verenig hulle, sodat daar vir jou in die ballonne dadelik `n diersoort van `n hoër orde sigbaar geword het.
[11] Toe sowel in die lewenskluwe as in sy innerlike vorm nog meer rus kom, gaan die vroeëre sielsvorme nog inniger tesame en gaan in twee vroulike adelaars oor. Baie gou sien jy `n swerm eksters wat die ballonne lastig val; dit was die geeste van die uitstralende lewensfeer wat hulle nou ook met beide siele moes verenig. Toe dit vir jou op sigbare en passende wyse plaasvind, sien jy dadelik twee koeie verskyn. Dit lê al naby die mens, daar ontbreek alleen nog slegs iets oerelementêrs.
[12] Die twee mansiele, wat vroeër mans van die weduwee was, herken hierdie tekort en bring dit volgens die goeie orde. So kom daar `n nuwe lewe in die gestaltes van die koeie, alles word deurmekaar gemeng, daardeur ontstaan `n nuwe organiese struktuur, en weldra ontstaan daaruit twee volmaakte mensgestaltes. Hulle word nou deur die aanwesige mansiele liefdevol begroet en hierdie liefde vorm dadelik die korrekte oerstof vir die ooreenkomstige klere, en so word die eers so skamele siele weer vir altyd volledige mensevorms, toegerus met die nodige kennis, wat duidelik te sien is aan die feit dat hulle in `n westelike rigting vertrek.
[13] Die stem wat dankie sê en wat jy, Mathaël, die laaste gehoor het, was weer van dieselfde beskermgees wat aan jou ongeveer twee jaar vroeër die korrekte geneesmiddel vir die siekte genoem het. Die gees was egter bewus van die groot moeilikheid om van `n regstreekse anti-orde `n egte en hemelse orde te maak; want ook daar kan mens met min gif baie, baie balsem vergiftig, maar met weinig balsem kan mens baie gif bykans nie in `n heilsame balsem verander nie. Slegs by God is alles moontlik, en daarom spreek die beskermgees aan die einde sy dank uit aan God die Heer!
[14] Begryp julle dit nou almal goed? As iemand iets nog nie verstaan nie, laat hy dit dan vra en dit sal hom uitgelê word!"
|
|
|
|
|