Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oubratouvishar beskryf sy vaderland Nubië

189 (Die Heer:) "Ek het jou sopas gevra of julle honger en dors het en dit vra Ek jou daarom, omdat Ek maar al te goed sien dat julle almal erg honger en dors het, want die dag is al ruim vier uur oud en julle het sedert gistermiddag niks geëet of gedrink nie, want melk kon julle nie op die skip kry nie en die water was reeds bederf en dus sleg. Daarom is My eerste sorg nou dat julle liggaamlik versterk sal word, want anders sou julle nie die rus kon inneem wat noodsaaklik is om vervolgens die geestelike voedsel des te duursamer in julle op te neem nie. Want om aan iemand, van wie jy al op `n afstand kan sien dat hy honger en dors het, `n evangelie te wil verkondig voordat `n mens hom versadig het, sou die bekroning wees van menslike, egoïstiese dwaasheid! Daarom moet ook julle eers liggaamlik versorg wees; eers daarna sal ons aandag skenk aan die evangelie!

[2] Maar hier sal julle, weliswaar teen julle gewoonte in, genoeë moet neem met wat My tafels julle bied en julle ou dadels en vye deur julle kamele laat opeet. Gaan daarom dus daar aan die tafels sit wat leeg staan, dan sal julle dadelik voldoende van spys en drank voorsien word! Oubratouvishar, jy moet hier kom sit, want ook jy is vir jou volk `n egte koning en hierdie is `n tafel vir konings wat met mekaar moet bespreek hoe hul volke gelei en tot mense opgevoed moet word!"

[3] Almal doen wat Ek sê en ons Markus staan met behulp van onsigbare helpers ook gereed met `n ruim voldoende maaltyd van die beste visse; en toe die Swartes hulle aan die tafels bevind, word visse, brood, sout en wyn reeds opgedis en die gaste kry `n teken om die ete wat voorgesit is, te nuttig. Dadelik begin hulle die nog stomende visse eet, neem brood en wyn en vind alles baie goed en baie smaaklik.

[4] Die aanvoerder, wat nou al meer moed het, sê: "Heer van my lewe, so-iets heerliks het my verhemelte nog nooit beroer nie! Tuis het ons ook vis en dit eet ons af en toe, maar dit is by ons `n spys om boete te doen. Wie op die een of ander wyse gesondig het teen die bestaande orde, kry vis te eet; as ons dit egter ook op hierdie manier sou kon voorberei, sou dit geen straf meer wees om dit te moet eet nie!

[5] Maar wat is dit tog vir water wat ons hier te drinke gekry het? Dit smaak onbeskryflik goed; sonder dat jy dors het, sou mens dit ook elke oomblik kon drink, net soos wat mens ook sou kon bly eet van dié heuningsoete brood! Ek het in Memphis van die owerste ook so nou en dan `n stuk brood te ete gekry, maar dit het my by verre na nie so soet voorgekom nie. Maar bo alles bewonder ek hier hierdie water! Waar is die fontein van hierdie water? Kan mens dit hier by u koop? Ek sou graag daarvan `n bietjie wou saamneem na my vaderland en die mense daar water laat proe uit die hemelse gebiede van die aarde.

[6] Die land is hier ook baie mooier as by ons! Hier is daar so `n buitengewone verskeidenheid! Orals groei weelderige kruie, struike en bome; by ons is daar net bepaalde weivelde wat so begroei is; maar verder is alles kaal, woes en leeg. Hier is die berge meestal tot aan die kruin begroei met die pragtigste bome en hulle sien daar baie vriendelik uit; by my tuis bestaan dit uit kaal gesteente wat net hier en daar begroei is met grysrooi mos. Hulle sien daar baie verwoes en verweer uit. Hulle kleur is meestal verbrand-rooi en donkergrys en hulle is meestal so steil dat mens hulle net hier en daar met die grootste lewensgevaar kan bestyg. Is mens eenmaal iewers op `n berg, dan kan mens dit daar vanweë die hitte nie uithou nie, smiddags alreeds glad nie, want dan word die toppe van die berge so gloeiend warm dat visse wat mens daarop plaas, in enkele oomblikke deur en deur gebraai word, net soos die vleis van lammers en bokke. Gedurende die middae gaan selfs geen arend op `n bergtop sit nie en die steenbokke daal af na die velde van die ruisende Nyl.

[7] O, ons bewoon `n baie harde en ontsettend warm land, waar dit by tye werklik baie moeilik word om mens te wees en te bly! Ver van die Nyl vandaan is dit veral in die na-somer onmoontlik om te woon, want daar kan dae voorkom dat die klippe en die sand smelt - veral as die wind smiddags uit die suide begin waai. Dan sien mens letterlik vlamme oor die uitgestrekte sandwoestyne rol en vir mens en dier bly daar niks anders oor as om die goeie Nyl te omarm, wat wonderlik genoeg by ons baie koud verby stroom.

[8] Maar die drie laaste maande van die jaar, voor die reënmaand kom, is dit by ons gewis die verskriklikste, want dan kom die vurige onweer. Dit word ontsettend bedompig. Wolke soos reusagtige vlammesuile kom van agter die berge omhoog en bedek ten slotte die hele lug en tallose blitse, begelei deur die vreeslikste donderslae stroom uit die grouswart hemeldak en bring groot ontsteltenis onder mense en diere. Hulle rig weliswaar weinig skade aan, omdat hulle meestal hoog in die lug ontplof, maar dit is en bly desondanks gee grap om dikwels veertig dae lank hierdie gedreun, gebrul, gesis en gedonder, dag en nag sonder ophou te moet aanhoor nie en daarby ook nog behoorlik bang te moet wees om deur die blitse, wat dikwels te na aan die aardbodem kom, erg verbrand te word - wat so nou en dan wel gebeur het, veral met die mense wat in dié tyd hul liggame nie baie sorgvuldig met vet insmeer nie.

[9] Is die vuurtyd eenmaal verby, dan begin dit reën en dan reën dit ruim vier tot ses weke of maansveranderings. Die reën val fyn en dig en op die hoogste bergtoppe sneeu dit ook by tye. Teen die einde van die reëntyd word dit dikwels baie gevoelig koud, sodat ons onsself dan dikwels by die vuur moet warmhou. Dit is weliswaar ook nie besonder aangenaam nie, maar altyd tog beter as die lewe in die nasomer.

[10] So sien ons lewe en gewoontes en doen en late daar uit! Ons beleef verskriklik baie ongerief en baie weinig aangenaams. O, wat `n hemel is hierdie streke tog vergeleke met ons s’n! Hoe lieflik moet die bestaan in hierdie ware hemel op aarde wees en hoe woes en treurig sien dit daarenteen by ons daar uit! Maar U, o Heer, het gewil dat ons dit nie anders in ons swart velle sal hê nie en so sal dit dus ook volkome reg wees en daar het nog nooit iemand gemor teen hierdie Goddelike instellings van U nie!

[11] Ons pikswart velle is in baie opsigte wel `n baie swaar las vir ons, want in die eerste plek trek dit, waarvan ons veelvuldige ervaring het, die hitte baie meer aan as enige ietwat ligter kleur en in die tweede plek is ons altyd afskrikwekkend lelik vergeleke met die wit gestaltes van die mense hier. Hoe mooi is byvoorbeeld die hemelse gedaante van die meisie, wat hier aanwesig is en hoe lelik daarenteen dié van `n meisie by ons! Ons sien en voel dit en tog kan ons onsself geen ander kleur gee nie! Hoe pragtig is die hare van die mense hier en watter lelike, verwikkelde, swart, kort, wollerige hare het ons om ons kop te versier! Maar ons mor nie en is tevrede met alles wat U, o Majesteit en Heer, vir ons bestem het!

[12] Maar nou moet ek U dan tog my mooi natuurproduk laat sien en wil U, o Heer, dan so vriendelik wees om vas te stel watter waarde dit dalk sou kon hê!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205