|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 12
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die gevangeneming van Johannes die Doper
12 Zinka sê: "As ek dit heel vryuit en eerlik mag spreek, sonder dat bose gevolge daaruit mag voortvloei, sou ek aan u, omdat ek self die hand uitgesteek het na die onskuldigste van alle onskuldige mense, wel die werklike rede kon gee. Maar as hier ook maar enigsins te dor strooi in die dak sou steek, dan is dit vir my baie beter om te swyg oor `n geskiedenis waaraan ek nie sonder die grootste hartseer, maar ook nie sonder die bitterste en bytendste woede, kan terugdink nie!"
[2] Cyrenius antwoord: "Spreek ronduit die waarheid, want by ons sal jy geen dorre strooi in die dak vind nie!"
[3] Zinka sê: "Nou goed dan, luister na my! Ek het alreeds aan u gesê dat ek nou gladnie aan enige God meer glo nie, want alles wat in die tempel oor Hom geleer word is leuens, die duisterste en skandelikste leuens! Want so `n God kan ewiglik nêrens bestaan nie! Ons ongelukkige vriend Johannes het werklik een ware God vir die volk geleer, en sy leer was noodsaaklik en het aan elke mens, wat nie aan die tempel behoort het en geen Fariseër was nie, baie goed aangedoen. Maar vir die tempel was sy leer oor die ware God `n te groot verskrikking. As verstandige man sal u nou so saggiesaan wel begin te snap uit watter hoek die stormwind begin waai het.
[4] Die here van die tempel sou die arme Johannes lankal met plesier van kant gemaak het as hulle nie vir die volk so bang was nie, wat nou grotendeels tog wel op hoogte was met die skandelike leuens en die duistere bedrieëry. Daarom het hulle `n plan bedink om Herodus wys te maak dat Johannes heimlik met allerlei verkeerde en baie listige verborge voorspellinge die volk wou aanhits tot `n verskriklike muitery teen die onderdrukker Herodus.
[5] Ten slotte bring dit Herodus daartoe om saam met ons na Johannes te reis in die baie woeste omgewing aan die Jordaan, om homself daarvan te oortuig of Johannes se aktiwiteite werklik so gevaarlik was! Maar by Johannes aangekom, vind hy selfs met die mees kritiese ondersoek nie die geringste spoor van al die dinge wat die tempel aan hom gestel het nie. Daarom word hy uiteindelik self baie woedend en boos oor die onuitspreeklike verdorwenheid van die tempel en sy bewoners.
[6] Toe mense vanuit die tempel daarna by hom begin aandring om Johannes onskadelik te maak, sê hy dreigend, in my teenwoordigheid, vir hulle dat hy nooit teen sy oortuiging in op advies en terwille van ellendige, vraatsugtige honde `n mens sou teregstel nie!
[7] Na hierdie kragdadige antwoord trek die swarte ridders hulle terug en swyg. Maar desnieteenstaande volhard hulle in hulle bose beraadslaging. Terwyl hulle hulleself uiterlike goed gedra het en gedoen het asof Johannes hulle nie meer in die minste geïnteresseer het nie, het hulle heimlik sluipmoordenaars in diens geneem, wat die man van God se lewenslig moes uitblaas.
[8] Toe Herodus dit gehoor het, kry hy medelye met die eerlike, onskuldige siener. Hy roep ons bymekaar en vertel wat hy gehoor het en sê ten slotte: 'Luister, hierdie man moet ek red! Gaan daar vir die skyn met wapens en toue na hom toe, bind hom lossies, vertel hom my geheime plan en dan sal hy julle volg! Ek sal hom hier in `n goeie gevangenis baie veilig laat oppas, terwyl hy vrylik met al sy leerlinge kan omgaan!'
[9] So gebeur dit dan ook en Johannes was daarmee, so goed en so kwaad as wat dit gaan, tevrede. Maar die swart addergeslag uit die tempel vind maar al te gou uit dat Herodus Johannes slegs vir die skyn in die mansgevangenis laat inbring het, en hom egter alle vryheid gegee het om met sy leerlinge om te gaan. Toe begin hulle weer te beraadslaag hoe hulle Herodus ten slotte sover kon kry dat hy self die hand aan Johannes sou slaan.
[10] Toe swyg Zinka, maar Cyrenius versoek hom om die geskiedenis verder te vertel. En Zinka gaan aldus verder: "Die swarte knegte van die tempel kom baie gou agter dat Herodus, wat half Judeër en nog steeds half heiden was, die jong Herodias begeer het, maar as Judeër, weens die pleeg van egbreuk, nie heeltemal kon aandring om `n nouer verbintenis met haar aan te gaan nie. Vir homself sou dit sy gewete egter geen grys hare besorg het nie, maar terwille van die groot mond van die tempel moes ten minste die uiterlike skyn bewaar.
[11] Dit alles het die swart ridders geweet, en hulle stuur `n sluwe mooiprater na Herodus toe met die voorstel dat Herodus, vanweë die bekende onvrugbaarheid van sy vrou, haar sondermeer vir homself teen `n klein offer aan God mag aanskaf en volkome verseker daarvan kon wees dat die tempel geen beswaar daarteen sou maak nie.
[12] Herodus laat hom dit natuurlik geen tweemaal sê nie, gee die gewer van hierdie berig etlike ponde goud en die saak was beklink. Hy stuur dadelik `n bode na Herodias, wat natuurlik weinig besware gehad het om die verlange van die viervors Herodus tegemoet te kom, veral omdat sy ook nog deur haar moeder daartoe oorgehaal en aangepor word; want die ou Herodias is `n vrou wat vir die duiwel geskape was. Daar is niks goeds in haar nie, - en daarom was sy des te meer aartsgemeen. Die ou vrou bring die eerste keer self haar dogter, oordadig getooi, na Herodus toe en hy neem haar aan in sy barmhartigheid. Herodus liefkoos Herodias weliswaar baie teer, maar sondig nog nie met haar nie. Hy het haar ryklik oorlaai met geskenke en hy mag vry by haar in en uit geloop het.
[13] Toe sy weer van Herodus af tuis gekom het by haar moeder, vra sy haar wat Herodus alles met haar bespreek en gedoen het. Die dogter vertel die waarheid, prys die weliswaar baie vriendelike, maar tog baie nugtere mentaliteit van Herodus en hoe hy haar ryklik oorlaai het en haar deurlopende, vrye toegang tot hom verleen het. Hy het egter as voorwaarde gestel dat sy hom volkome getrou moes bly.
[14] Maar die ou heks dink daarby beslis wat ek, wat Herodias na haar huis toe moes begelei, duidelik in haar oë kon lees: 'Kyk, daar steek iets daaragter! As Herodus hom nie die eerste keer deur die groot bekoring van my dogter laat vang het nie, dan sal dit die tweede maal ook nie gebeur nie!' Omdat die ou heks dan egter die reg sou verloor om ten aansien van die eer skadevergoeding van Herodus te eis, gee sy die dogter `n goeie les hoe sy dit `n volgende keer moes aanlê om Herodus tot geslagsgemeenskap oor te haal.
[15] Weldra verlaat Ek uit ergernis die huis van die heks, en kom terug by Herodus en vertel hom alles wat ek gehoor het. U kan u wel voorstel dat Herodus bepaald nie daarmee gediend was nie. In verband daarmee gaan hy na Johannes toe en lê die hele saak aan hom voor.
|
|
|
|
|