|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 146
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die wonderbare genesingskruie
146 "Laat ons egter nog eenmaal terugkeer tot ons gifketel met die duisend daarin kokende giftige plante! Kyk, tien-, maar ook honderd duisend van dié soort geneeskragtige plante sal nie in staat wees om hierdie ketel vol giftige tee van gif te ontdoen nie! Maar daar groei op hierdie aarde `n baie klein plantjie in die Indiese hooggebergte - ook op Sinai kom dit voor - waarvan ons slegs `n klein stukkie, ongeveer so groot soos `n middelmatige grashalm, in die groot gifketel hoef te gooi om al die gif in `n oogwink in `n uiters geneeskragtige tee te verander!
[2] ‘Hoe is dit moontlik?' vra jy, wyse Stahar, nou baie verbaas. En Ek sê vir jou dat ook dít `n baie natuurlike oorsaak het. Hoe, dit sal vir jou en ook alle ander dadelik duidelik uitgelê word.
[3] Kyk, as dit in `n maanlose onweersnag regtig aardedonker en so pik- en raafswart is, lyk dit asof dit op so `n oomblik in die hele oneindigheid orals so donker is. Hierdie duisternis, wat in elk geval vir `n bepaalde tyd vir die lig in die oë `n dodelik gif is, omdat dit hierdeur van al sy vermoëns beroof word, raak hierdie gif deur die kleinste vonkie sonlig kwyt en word daardeur oombliklik in `n stralende lig verander.
[4] Merk jy al waarnatoe Ek wil? Jy kan dit wel bemerk en vermoed, maar nog lank nie weet nie! Omdat jy dit egter nie kan weet nie, moet jy luister!
[5] Hoe kan één vonkie sonlig nou alle duisternis verjaag, en waarom is dit sonder die vonk eintlik donker? Die lug bestaan immers in die allerdonkerste nag uit dieselfde geeste as op `n helderligte dag!
[6] As die son eenmaal volledig ondergegaan het, begin die natuurgeeste geleidelik rus, elkeen individueel, en omdat hulle elkeen individueel rus en in hul verligte omhulling nie in trilling is nie, merk die vleeslike oog hul aanwesigheid en hul bestaan nie op nie, en die merkbare gevolg daarvan vir die vleeslike oog is die duistere, liglose nag.
[7] Jy dink weliswaar dat die wind ook snags waai en die natuurgeeste dus nie sou rus nie! O, daarin vergis jy jou, omdat jy geen kennis het van die innerlike, spesiale beweging van `n natuurgees nie! Dit is waar dat die wind ook wel snags waai, en dat die natuurgeeste dan kennelik ook in beweging is - egter nie elkeen afsonderlik nie, maar in `n algemene beweging in `n bepaalde rigting, veroorsaak deur `n hoër gees. Wanneer daar egter op `n bepaalde plek `n natuurgees of `n baie groot geselskap van natuurgeeste soos die vuurtonge wat jy, netsoos almal hier aanwesig, gesien het, in `n buitengewone, innerlik trillende beweging raak, word dit op dié plek vir die oog merkbaar helder en lig, en dit gee die oomblik aan van `n sig samevoeging en ietswording.
[8] Tydens so `n oomblik word ontelbare natuurgeeste egter in die verre omtrek saam geaktiveer, en sodoende word dit na alle kante lig en helder. Hoe heftiger `n kring van natuurgeeste vibreer en sodoende die naburige geeste aktiveer, des te ligter word dit tot ver in die omtrek, en so kry groepe geeste wat hulle saamgevoeg het om iets te word, `n gelyksoortige strewe; die lig van die son lewer deur sy produktiewe krag en inwerking op die hemelliggame wat naby genoeg aan hom staan die sprekendste bewys daarvan.
[9] Maar nie net word die vrye natuurgeeste op die planete deur die son geaktiveer om iets te word nie, maar ook in die vrye eterruimte; want daar ontstaan deur so `n samevoeging van die vrye natuurgeeste dikwels dinge wat julle julleself nog nie eers in julle drome kon voorstel nie.
[10] Maar soos wat jy nou gesien het dat `n enkele vonkie lig, al na gelang die krag van die sonlig `n ontsaglik groot, duistere ruimte oombliklik helder lig kan maak, so verander die genoemde, geneeskragtige kruidjie die hele ketel vol giftige tee in `n heilsame drank, omdat die natuurgeeste in die klein geneeskragtige kruidjie te intensief werksaam is in die ware goeie orde, en daarom die traer en teen die orde ingaande geeste van die giftige plante oombliklik dwing om oor te gaan tot werksaamheid in die goeie orde.
[11] `n Waaragtig volmaakte mens het ook dieselfde uitwerking – vir eers op sy medemense, en vervolgens ook in die wye omtrek op die nog vrye, natuurlike lewensgeeste.
[12] Mense wat op sigself goed is, sal ook `n goeie invloed hê op meer of minder goeie mense, en die minder goeie sal aan hulle heel heilsame kruie hê. Maar as hierdie mense, wat maar net op sigself van nature goed is, te midde van deur en deur slegte, bose en losbandige mense teregkom, wat bewustelik kwaad wil doen, word hulle al gou sonder baie moeite ook verdorwe omdat hul innerlike krag om hul lewe te orden geen teenwig daaraan kan gee nie; maar as `n mens innerlik volmaak is, lyk hy soos die klein geneeskragtige kruidjie in die groot gifketel, en soos die vonkie sonlig in die oneindige, nagtelike ruimte.
[13] As jy dít nou ook goed in jou opgeneem het, sal jy ten slotte tog wel heeltemal insien dat al die bose wat die mense op hierdie aarde oorkom, regtig nie veroorsaak word deur die toorn en die wraak van God nie, maar slegs deur die lewenswyse van die mense, en dat ook die goeie dikwels afkomstig is van één enkele mens wat innerlik volmaak is.
[14] En omdat Ek jou nou op hierdie leersame wyse op die regte spoor geplaas het, is dit nou weer julle almal se beurt om My nog iets te vra wat vir julle met betrekking tot die sterfverhaal van die ou Lasarus vreemd mag voorkom. Een van julle hou nog `n klein vragie agter; laat hy dit uitspreek!"
|
|
|
|
|