Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 207

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die sterrebeelde van die sewende pêrel. Die verval van die Egiptiese kultuur

207 "Kyk, daar is dit alreeds! Wat sien julle daarop? - Julle sien wel iets, maar julle verstaan dit nie; op hierdie pragtige pêrel is alle sterrebeelde ingegraveer, en met `n bruinrooi verfstof ingevryf en onder die kors bly dit tot op die huidige uur goed bewaar.

[2] Van hierdie pêrel leer ons verder nie so baie besondere dinge nie; maar in elk geval kan ons daaraan sien dat ons Shivinz baie goed op hoogte was met die sterrehemel en dat hy beslis die eerste was wat die sterrebeelde in `n bepaalde stelsel ingebring het. En die name wat hy die sterrebeelde gegee het, word nou nog deur die mense gebruik!

[3] Voordat hy bestuurder geword het, het die ontwikkeling by die ou Egiptenare op `n taamlik lae peil gestaan, sowel wat betref die tekens en die skrif wat daaruit ontstaan het asook `n korrekte selfkennis en die kennis van God was nog geringer. Maar ons Shivinz het dit alles met onnoemlik baie moeite georden en van die voorheen wilde nomadevolk, een van die mees ontwikkelde en wyse volke van die hele aarde gemaak, wat hom sekerlik met die verloop van die tyd baie afguns besorg het. Want hierdie buitengewone lands- en volkskultuur het die vreemdelinge maar al te gou en te goed geval; alles wat hulle gesien het, het byna hemels wonderlik vir hulle voorgekom sodat hulle, eenmaal daar aangekom, nie meer van daar af kon wegkom nie.

[4] Hoe meer hulle daarheen op pelgrimstogte gegaan het, des te meer het hulle hulleself ook daar gevestig met die verloop van die tyd, en so verloop die onderwerping van die oervolke en hulle regeerders meestal langs `n baie vreedsame weg.

[5] Die nakomelinge van Shivinz het steeds meer verfynd en sagter geword; het `n baie aangename lewe gelei, gesteun op die roem van hul voorvader en het die regering gelaat vir wat dit was. Die gevolg daarvan was dat die vreemdelinge wat hulle daar gevestig het en baie hare op hul tande gehad het, baie gou en sonder veel moeite, selfs deur die inheemse bevolking verkies en benoem was as leiers en aanvoerders en dit alles sonder bloedvergieting.

[6] In `n bepaalde opsig was dit wel goed en reg, maar die oorspronklike bewoners het tog nie soveel voordeel gehad uit hierdie verandering nie. Die vreemde beskermers (Varion; vereenvoudig Pharaon) het naamlik maar al te gou `n gewapende mag gevorm en het ware tiranne en onderdrukkers van die volk geword. Min het nog skoolgegaan en wat daar nog geleer was, het hemelsbreed verskil met wat vroeër geleer was, waardeur daar dan ook uit die oorspronklike, suiwer waarheid die mees absurde afgodery ontstaan het, gepaardgaande met die grootste onkunde, waaragter die oorspronklike kultuur van die land bykans nie - selfs nie deur groot geleerdes – meer te ontdek was nie.

[7] Hierdie sewe pêrels is daarom van so `n onskatbare groot waarde, omdat hulle nog uit `n tyd stam waarin Egipte op die hoogtepunt van geestelike bloei gestaan het en hulle kan daarom nie goed genoeg bewaar word nie!"

[8] Toe vra een van die More by watter geleentheid hierdie pêrels dan so in die sand van die Nyl te lande gekom het en verlore geraak het in die riviersand.

[9] Rafael sê: "Ek het julle tog vertel dat die water van die Nyl op bepaalde tye tot `n ware sondvloed gestyg het! Ongeveer 567 jaar na Shivinz het ons Nyl `n raaiselagtig hoë peil bereik, in die nou deurgange het hy tot meer as honderd-en-sestig el bo sy normale stand gestyg. Alle stede wat laer in die dal gelê het, is gedurende vyf weke heeltemal deur die vloed oorspoel en tydens hierdie geleentheid is die pêrels, tesame met die geboue waarin hulle bewaar was, deur die geweld van die golwe saamgeneem, en net soos die sandsteen blokke waarvan die geboue gebou was, onder die slik en die sand begrawe.

[10] In die byna drie duisend jaar wat hulle begrawe gelê het, het die kors toe gevorm wat daaromheen was toe julle hulle gevind het, en wat ek nou in julle teenwoordigheid, aanvanklik op `n baie natuurlike en nou op die wonderbare wyse wat vir my moontlik is, verwyder het.

[11] Nou weet julle dit ook, en hierdie sewe pêrels vorm vir julle nou sewe boeke wat julle vir nou en vir alle tye baie goeie inligting kan gee, en ook steeds sal gee, oor die land waar julle ook gedeeltelik woon. Bewaar hulle daarom goed, want elkeen van hierdie pêrels is baie meer werd as `n groot koninkryk!

[12] Voorlopig moet Oubratouvishar, wat duidelik die mees wysste onder julle is, hulle in bewaring neem; en wanneer hy eendag hierdie aarde sal verlaat, moet hy bepaal wie daarna waardig sal wees om hierdie onmeetlike skatte in bewaring te neem. Wee die onwaardige wat dit uiteindelik uit hebsug vir homself in besit wil neem!

[13] Ek, as boodskapper en wilsoorbringer van die Een wat daar sit, meen dat ek nou genoeg wonderbaarliks gedoen het om julle geloof lewe te gee; as dit nog nie voldoende is nie, sou al die meerdere en grotere ook nie voldoen nie! Glo julle nou dat die Een wat daar sit, die Een is vir wie die groot Shivinz en sy twee voorouers die groot rotstempel van Ja-bu-sim-bil gebou het?"

[14] Almal sê: "Ja, ja, ja, wondermagtige boodskapper van die Majesteit, ons bevestig dit uit die diepste grond van ons lewe!"

[15] Toe verlaat die engel hulle, en Cyrenius vra My of hierdie beskrywing van Egipte, wat eintlik heeltemal suiwer histories was, ook binne die sfeer van My gesproke Evangelie noodsaaklik was.

[16] En Ek sê aan hom: "Baie noodsaaklik! Want oor `n aantal eeue sal daar allerlei navorsers opstaan en die land baie noukeurig deursoek, en hulle sal nog baie dinge vind wat nou deur Rafael genoem is. Dit sal hulle baie verwar, soos wat dit vir julle en in die toekoms julle nakomelinge ook baie sal verwar; maar hierdie volledige ware onthulling sal julle ook in alles reghelp. In later tye sal Ek egter weer manne opwek wat vir die soekende en ondersoekende mense hierdie ou raaisels nogmaals sal onthul. Maar nou sal ons self na hulle toe gaan en aan hulle die ware hemelse Evangelie gee."

[17] Ons staan toe op en gaan na die More, wat op ons wag.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205