Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Insae in die skeppingsgeheime

96 (Die Heer:) "Glo veral nie dat `n wêreld, ook al is sy maar net so klein soos hierdie aarde, van vandag tot môre geskape en op een enkele slag bevolk kon geword het nie! Daarvoor is volgens julle begrippe onbegryplik baie miriades aardse jare nodig. Hoe onbegryplik lank volgens julle begrippe duur dit nie net tot `n wêreld ryp geword het vir die ontstaan van `n mens nie! Hoeveel plante- en diersoorte moes eers die bodem van die aarde deur hulle gisting en ontbinding bemes het voordat sy op haar bodem en in die afval van haar plante- en dierewêreld die humus gevorm het waaruit `n eerste kragtige siel haar liggaam kon vorm en hom, volgens die goddelike orde, so kon inrig dat hy dienstig vir die siel kon word en in staat kon wees om daarna gelyksoortige nakomelinge voort te bring. Daardeur het volgroeide en vrye, maar nog onliggaamlike siele nie eeue meer nodig om vir hulle uit die dampe `n liggaam te versamel nie, maar hulle kon dit toe langs `n baie korter pad, in `n reeds met al die daarvoor nodige, volmaak toegeruste moederliggaam verwek.

[2] Kyk, vir dit alles is baie tyd en baie wysheid, baie geduld en `n oneindige krag nodig! Maar omdat julle, en Ek nog minder, nooit sal ophou met dink en idees vorm nie, gaan die skepping ook vir ewig aan; want om inhoudloos te dink, kan Ek nie en julle kan ook nie! As die gedagte egter eenmaal as `n iets gevoel word, moet sy as vorm aanwesig wees; en bestaan sy eenmaal as vorm, dan is sy ook al geestelik omhul en bevind sy haarself as voorwerp, wat in staat is om lig op te neem, voor ons, omdat ons haar andersins nie as `n vormgegewe iets sou kon waarneem nie. Solank Ek Self dus sal dink en idees vorm en julle uit My, solank sal die skepping ook onmoontlik kan ophou. Aan ruimte sal dit in die oneindigheid in der ewigheid nie kortkom nie en daarom sal ons nooit `n las hê van verveling deur gebrek aan werksaamheid nie.

[3] Waar egter baie te doen is, is ook baie dienste, afhanklik van die graad van die dienende vermoë van diegene wat `n diens toegewy kry. Wie vir hom baie eienskappe in My orde verwerf het, sal ook baie opgedra word; wie maar baie min eienskappe verwerf het, sal slegs baie min opgedra word. Wie egter glad geen kundighede wil verwerf nie, sal in die hiernamaals verseker só lank in volkome duisternis moet smag en gebrek lei, totdat hy homself deur sy innerlike, vrye en selfstandige inspanning sover ontwikkel het dat hy in staat sal wees om die een of ander baie eenvoudige diens te vervul. Doen hy die geringste werk goed, dan sal hy wel `n belangriker werk te doen kry; vaar hy egter sleg, dan sal hy weldra ook dit verloor wat hy hom met sy, tog al so geringe vermoë, baie maklik kon verwerf het.

[4] Wie het, sal nog meer gegee word, sodat hy oorvloed sal hê; wie egter nie het nie, van hom sal ook dit afgeneem word wat hy reeds het, en weer sal nag, duisternis, honger, ellende en allerlei nood sy lot wees, totdat hy die moeite sal doen om eers in homself aktief te word, om vervolgens daardeur die een of ander werk opgedra te kry.

[5] Wees daarom almal hier aktief en laat julle nie verblind deur die skatte van hierdie wêreld nie, wat net soos die huidige, stoflike vorm van hierdie hele skepping wat vir die liggaamlike oog sigbaar is, sal vergaan; versamel vir jou in plaas daarvan egter des te meer geestelike skatte, wat vir die hele ewigheid sal bly bestaan! Wees `n verstandige huisbaas en rentmeester in die huis van jou hart; hoe meer geestelike skatte julle deur allerlei goeie werke daarin sal opberg, des te beter sal dit met julle daar anderkant gaan! Wie hier egter suinig en gierig is, sal dit later slegs aan homself te wyte hê as hy die voorraadkamers van sy hart byna heeltemal leeg sal aantref.

[6] Hier kan jy maklik versamel, want hier word alles wat iemand met `n goeie wil uit liefde tot God en die naaste doen, as rou en suiwer goud aangeneem; in die hiernamaals egter sal hy alles met die suiwerste goud van innerlike en suiwer selfwerksaamheid uit homself en in homself moet verwerf en betaal. En dit, My vriende, sal bietjie moeilik gaan in daardie ryk waar geen uiterlike goud- en silwermyne is nie!

[7] Hier kan julle van die gewone straatvullis goud maak en vir julle die hemel daarmee koop as julle hart volgens waarheid saamwerk by die koop; in die hiernamaals sal julle slegs uit die edelste die edele in julleself kan opwek en dit sal nog moeiliker wees as om hier uit die mees gewone gruis stene goud te maak. Wie egter deur sy edele en goeie werke reeds hier `n groot hoeveelheid goud gemaak het, sal daar anderkant geen gebrek daaraan hê nie; want één sandkorrel van hierdie geestelike edelmetaal word aan die anderkant `n klont so groot soos `n wêreld en dit is al heelwat."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205