|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 9
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die spioene van Herodus
9 Die ou Markus kom egter uit die huis uit, waar hy reeds vir die middagete voorbereidings getref het, na My toe en sê baie saggies: "Heer, - vergeef my as ek U met my versoek effens steur!"
[2] Ek sê vir hom: "Vriend, gaan maar en sê vir die spioene van Herodus wat agter jou huis loer: ‘Die Seun van die mens handel en spreek openlik voor die oë en ore van die hele wêreld en wil dit dan ook met niemand wat vir geheime sake is, bespreek nie. Wie dus met My wil praat en oor iets wil beraadslaag, moet na My toe kom en ook baie openlik praat en handel! By My word daar niks stilletjies en geheimsinnig in die oor gefluister of in die verborgene gehandel en beraadslaag nie. Dit is slegs maar `n doemwaardige gewoonte van die kinders van die wêreld, wanneer hulle iets slegs voor oë het en hulleself nie gou en openlik genoeg daarmee blootstel nie, omdat hulle vanweë hulle bose planne bang is vir die mense. Ek gaan egter openlik te werk en sê alles hardop en het geen angs vir hulle nie, omdat my bedoelinge met die mense goed is!' - Gaan dus en sê die snode verraaiers wat Ek nou vir jou gesê het!"
[3] Markus buig diep voor My en gaan heen om sy opdrag nougeset uit te voer. Toe hy hierdie boodskap van My aan die spioene, wat deur Herodus in alle windstreke agterna gestuur is, baie ernstig in hulle valse gesigte grom, sê een daar uit die groep: "Vriend, jy skyn nie te weet dat ons van Herodus alle volmag gekry het, selfs oor lewe en dood, en die reg het om elke brutale, weerspannige persoon dadelik te dood!"
[4] Markus sê: "Geld dit ook vir Romeinse burgers, soos wat ek is?"
[5] Die brutale woordvoerder sê: "Indien ons hulle dood, word ons nie deur Herodus tot verantwoording geroep nie!"
[6] Markus sê: "Maar soveel te meer deur God en die Romeinse opperstadhouer Cyrenius, wat gelukkig, tesame met talle Romeinse maghebbers, momenteel al `n paar dae hier by my vertoef! Wee julle, as julle my huis ook maar met één vyandige vinger durf aanraak!"
[7] Die brutale een sê: "Wat vertel jy oor die opperstadhouer van Rome- dat hy hier sou wees - terwyl hy eers `n paar dae gelede deur die landvoog aan Herodus die vrye skerpreg laat gee het?"
[8] Markus sê: "Goed, heel goed! Aanstons sal wel blyk wie daardie reg aan Herodus gegee het!"
[9] Daarop stuur Markus een van sy seuns na Cyrenius met die opdrag om alles dadelik aan die opperstadhouer te meld. Toe Cyrenius die verhaal met verbete woede aanhoor, gee hy dadelik aan Julius opdrag met honderd soldate dat hulle die ongeveer dertig spioene op staande voet gevange moet neem en elkeen, wat nie dadelik sy wapens wou inhandig en wat hom nie wou oorgee nie, onverbiddelik te dood.
[10] Ek sê: "Nie dood nie, maar wel gevange neem!" - Dit word dadelik ten uitvoer gebring.
[11] Toe die spioene die Romeine woedend op hulle af sien afstorm, wou hulle vlug, maar dit geluk hulle nie. Die Romeinse soldate roep hulle luid toe dat as een hom sou verset, hy sonder barmhartigheid of medelye doodgemaak sou word. Hierdie woedende en ernstig klinkende belofte het die regte uitwerking, want die brutale spioene gee hulleself oor, word dadelik met toue en kettings geboei en so, met vertwyfelde gesigte, deur Markus en Julius aangejaag tot by die opperstadhouer.
[12] Toe hulle so voor Cyrenius en Cornelius en Festus staan, vra Cyrenius met die gebruiklike erns van `n Romeinse diktator: "Waar is julle volmag, en die opdrag waarin staan dat julle die profeet van Galilea in al sy doen en late moet agtervolg?"
[13] Die aanvoerder, wat Zinka heet, antwoord: "Heer! Geknel aan hande en voete kan ek dit nie vir u uit my verborge sak haal nie! Laat my boeie losmaak dan sal u dit kry, sodat u kan besef dat ook ons `n gebieder agter ons staande het wat ons beveel en dit moet ons gehoorsaam, omdat hy van u Romeine die reg vir baie geld gekoop het om in u plek ook meester oor ons lewe te wees en - sonder om aan u verantwoording af te lê - na willekeur te kan laat doodmaak wanneer hy maar wil!
[14] Wat ons aanbetref kan daar tienduisend profete deur die hele Galilea rondswerf. As hulle ons met rus laat, sal ons hulle ook beslis geen haar krenk nie. Maar as `n magtige gesagdraer ons ontbied, ons vir goeie geld in diens neem, en ons by weiering van diens egter deur sy talle skerpregters ook selfs kan laat doodmaak, dan sien dit heel anders daaruit! Dan moet ons elkeen tot lewe en dood toe vervolg, ook al is diegene wat vervolg moet word hoe eerlik! Of begaan u soldate en krygsknegte `n fout as hulle u bevele om lewe en dood uitvoer? As iemand daarby teenoor God, soos dit daar mag wees, verantwoordelik is, dan kan dit slegs `n meester, maar nooit sy kneg en troue dienaar wees nie! Laat my boeie losmaak, dan sal ek u dadelik ons volmag laat sien, wat deur Herodus eiehandig in drie tale opgeskryf is. Eers aan die hand daarvan kan u `n geldige oordeel oor ons fel!"
[15] Cyrenius laat Zinka losmaak en hy gryp dadelik in die verborge sak, haal `n perkamentrol te voorskyn, gee dit aan Cyrenius en sê: "Hier, lees, en oordeel dan ten aanskoue van elkeen of ons vervolging met betrekking tot die Galilese profeet wettig of onwettig is!"
[16] Cyrenius lees die volmag, wat met die handtekening van Herodus onderteken is. In kort lui dit as volg: 'Volgens die aan my, Viervors Herodus, deur Rome vir 1000 pond silwer en 100 pond goud verleende mag oor die hele land van die Judeërs, vaardig ek uit en beveel ek, daarby steunend op die duur gekoopte hulp van Rome, wat vir my en my instellings `n baie gevaarlik lykende profeet van Galiléa is, te vang en hom lewend of dood na my toe te bring. In die eerste geval sal ek hom self verhoor en sien wat hom dryf. My uitgesoekte geregsdienaars kry met hierdie oorkonde wat persoonlik deur my uitgeskryf is die volste reg om die betrokke persoon op alle weë en strate te soek, te vervolg, te gryp en in geval van verset, tesame met sy aanhang te dood en hom dan ook dood by my af te lewer. Enigeen wat Hom oorlewer sal `n beloning van 300 silwerstukke gegee word. - Uitgevaardig te Jerusalem in die eie paleis.'
[17] Zinka sê: "Wel, hoe vind u dit? Is ons dertig binne ons reg of nie?"
[18] Cyrenius dink `n rukkie na en sê dan: "Volgens my medewete en toestemming is daar nooit so `n volmag aan Herodus in die opsig deur Rome gegee nie. Daar is egter na die beste van my wete slegs `n volmag aan hom gegee om slegs in noodgevalle self die skerpreg in sy eie huis uit te oefen, - buitenshuis slegs maar in die geval van een of ander sameswering teen ons Romeine, indien die Romeinse garnisoen of `n siviele regbank te ver van die opstandige plek verwyderd was en Herodus daar met sy ere- en lyfwag aanwesig sou wees. Slegs in daardie geval sou hy die streng skerpreg mag uitoefen!
[19] So lui die volmag wat deur Rome aan Herodus verstrek is, wat ek insae in het en self onderteken het, want wat deur Rome vir Asië beskik word moet deur my hande of deur die hande van `n afgevaardigde van my gaan, wat my egter van alles wat daar maar kom so spoedig moontlik op die hoogte moet stel. Hierdie volmag verklaar ek daarom van nul en gener waarde en wel tot tyd en wyl ek uit Rome berig kry hoe, wanneer en waarom – wat aan my onbekend is - aan Herodus so `n uitgebreide volmag gegee was, wat ons troue Romeine tereg angs en besorgdheid moet inboesem.
[20] Hierdie volmag kry jy nie terug voordat dit van Rome sal terugkom nie. Jy bly intussen my gevangene! Ook al is julle vir julleself, volgens wêreldse maatstawwe, geen misdadigers nie, is julle tog werktuie waarmee die een misdadiger die een gruweldaad na die ander begaan, - en vir gruweldade het Rome iemand nog ooit bevoegdheid verleen nie en sekerlik nie aan jou Herodus nie!
[21] Maar ek weet hoe die Herodusse hulle vergunning onder die een of ander vaderlandsliewende voorwendsel misbruik! Die moord op die onskuldige kinders wat deur die ou Herodus begaan is, dien vir my nog altyd as `n duidelike bewys van die manier waarop hierdie sluwe, Griekse vosse weet om hulleself, deur Rome verleende regte wat tot hulle voordeel strek, te misbruik om die Judese volk massaal afkerig te maak van die Romeine.
[22] O, ek sal weet hoe om Herodus wel binne die perke terug te bring, dit neem ek my heel ernstig voor! Die ou Herodus het my oud- Romeinse sin vir regverdigheid beproef, hoewel ek toe nie baie ouer was as een-en-dertig jaar nie. Nou is ek byna `n grysaard, ek het meer ervare en ernstiger geword, - nou vind ek streng regverdigheid nog baie belangriker! Nou geld by my heeltemal: "PEREAT MUNDUS, FIAT IUS! * (* al gaan die wêreld ten gronde, die reg sal geskied)
[23] Ek sal nou dadelik twee bodes uitstuur, die een na Rome en die ander na Jerusalem na Herodus toe om alle volmagte van Rome op te eis wat in die hande van Herodus te vinde is. Wee hom en sy knegte, dienaars en knegte van dienaars, as sy volmagte nie met die inhoud van die volmag wat jy my gegee het, ooreenstem nie!"
|
|
|
|
|