Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel vra om vrye aftog

46 Ietwat peinsend sê Zorel: "Geëerde gebieder! As u al by voorbaat sê dat u aan één van u beproefde waarsêers meer geloof skenk as honderdduisend ander getuies, sou ek wel eers wou weet waarvoor `n teenbewys van my kant af dan goed sou wees, want dit sou in elk geval tog sinneloos wees! Teen u onwankelbare geloof, op watter gronde dit maar ook gebaseer is, is dit onmoontlik om nog die een of ander teenbewys te lewer. Bowendien het u alle mag in u hande! Wie sou u kon teëspreek?!

[2] Wat baat dit my al sê ek u hóé vasberade dat dit tog nie waar is nie? U sal die waarsêer hier byhaal wat my dit, wat u my reeds gesê het, nog `n keer regstreeks sal sê en dan sit ek met my weerwoord heeltemal in die diepste put. Kortom, met u 'meer as honderdduisend mense glo' is verder niks aan te vang as om dit heel gemoedelik te aanvaar nie, want u sal die waarsêer tog meer glo as honderdduisend deur my aangevoerde teenbewyse! Ek sê by so `n vooraf vasstaande bewering niks anders meer nie as: ‘Geëerde gebieder, vergeef my dat ek na u toe gekom het!’

[3] Origens bly ek tog wel by my beginsel dat `n privaatbesit wat deur streng wette beskerm word duisendmaal slegter is vir die menslike samelewing as `n vrye, gemeenskaplike besit! My motiewe teen hierdie egte doos van Pandora, het ek reeds kenbaar gemaak en daarom hoef ek dit nie te herhaal nie. Slegs dit voeg ek nou daaraan toe, dat ek in die vervolg, ter wille van die ellendige dwang van die uiterlike, ruwe geweld die in die praktyk bring van my beginsel sal laat vaar!

[4] Ek sien weliswaar in die wette tot beskerming van besit geen heil vir die arme mensdom nie, ek vind dit eintlik die grootste dwaasheid; maar wat kan één enkele, in die armsaligste vodde gehulde mens teen honderdduisend maal honderdduisende doen?! Dit is moontlik dat daar deur die wettige besit klein, hier of daar in die gemeenskaplike besit voorkomende ongeregtighede teëgehou word op grond van die feit dat iets slegs ook `n bietjie goeds met homself saambring, maar die teëhou van klein euweltjies staan in geen enkele verhouding tot die verskrikkinge wat uit die ondermynende privaatbesit ontstaan en moet ontstaan nie!

[5] Ek is derhalwe uitgepraat. Iets goeds het ek onder die huidige omstandighede beslis nie verwag nie, en daarom sal dit beter wees as ek, met u welwillende toestemming, weer vertrek. Maar natuurlik slegs as u dit sou goedvind! Want volgens die - die gode weet dit - skynbaar ware getuienisse teen my, waarmee u waarsêers u oorlaai het, staan ek as `n misdadiger voor u, en misdadigers moet immers eers gestraf word voor `n mens hulle weer vrylaat. Die wet moet eers met die bloed van `n arme dier versadig word, voordat die vryheid aan hom teruggegee kan word!

[6] Staan ek volgens u begrippe as `n te bestrafte misdadiger voor u, straf my dan dadelik en gee my daarna weer my vryheid - of die dood! Vir my maak dit nie meer saak nie, want ek staan nou volkome weerloos voor u. Romeine is en bly egter dorre toepassers van die wet, en niemand kan sy verstand en sy nood beskerm teen die wraak van u wette nie! Sê my, geëerde gebieder, mag ek weer vertrek soos wat ek gekom het, of moet ek hier bly vanweë die straf wat my opgelê moet word?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205