Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor die doel en wese van sinnelikheid

177 Ek sê: "Vriend en broer, wat gaan jou die liggaam aan en wat daarin gebeur?! As Ek hierdie eienskap nie aan die liggaam sou gegee het nie, sou `n man dan ooit `n vrou geneem en in haar die lewende, menslike vrug verwek het?!

[2] As Ek die maag nie die begeerte na kos sou gegee het nie, sou iemand dan ooit kos tot hom neem? Op welke ander wyse sou die natuurlike, spesifieke geeste dan kon oorgaan in die bloed en in die ander liggaamsappe, en vandaar in die senuwee-eter en, daardeur gelouter, in die sielsubstansie? In die primitiewe fase sou dit natuurlik wel deur die krag van My wil kon gebeur, maar hoe sou dit dan staan met die vermoë om ewig te bestaan? Dit sou alleen maar moontlik wees deur `n harde, blywende gerig; maar wat sou daar dan tereg kom van die selfstandigheid en later van die geestelike lewensvryheid?!

[3] Kyk, word daar ook maar één punt in My eenmaal vasgestelde orde gewysig, dan is dit vir ewig verby met `n volkome vry en selfstandige lewe. Is Ek nie Die Een wat die oë die vermoë om te sien, die ore die vermoë om te hoor ingeblaas het nie en die tong die vermoë om te praat en te proe, en die neus die reukvermoë gegee het nie?!

[4] Is jy `n sondaar omdat jy by tye honger en dors het? Sondig jy wanneer jy kyk, luister, proe en ruik? Al hierdie sintuie is aan jou gegee om die vorms van dinge waar te neem, om die wysheid van die gesproke woord te hoor en om goeie en slegte en skadelike geeste van die nog ongegiste en ruwe materie waar te neem!

[5] Verseker, jy kan met oë, ore, neus, smaak en tong wel sondig as jy hierdie sintuie nie ooreenkomstig die orde gebruik nie, as jy jou oë onbeskaamd alleen maar rig op dinge wat slegs die liggaam aanspreek, as jy alleen maar graag en gretig na laster, smaad en afstootlike praatjies luister, as jy maar net vir jou plesier aan stinkende dinge ruik wat die liggaam verontreinig en siek maak sodat jy nie tot werke in staat is nie. Jy sondig ook met jou smaak en jou tong as jy die te groot belustheid op duur, lekker happies nie in toom hou nie; want waarom moet jou smaak gestreel word deur die verswelging van die kosbaarste dinge terwyl daar naas jou baie armes van honger en dors versmag?! As jy honger en dors het, versadig jou dan met eenvoudige en vars voorbereide kos; maar wanneer jy meedoen aan ooreet - en swelgpartye, sondig jy duidelik heeltemal teen die orde van God.

[6] En kyk, dit alles is by jou nie die geval nie; inteendeel, jy het juis self al menige roemryke oorwinnings oor jou liggaam behaal! Ook was jy in alle dinge matig gewees en nugter in jou verlangens. Wat min of meer sleg aan jou was, was jou ongeloof aan die Skrif, wat jy vroeër nie kon begryp nie; maar jou ongeloof was redelik, terwyl die ongeloof van Gabi regtig, soos wat dit tiperend is van Fariseërs, onredelik was. Jy verwerp daarom egter nie die Skrif; jy soek alleen lig en opheldering, en daarom bestudeer jy ook alle Egiptiese en Griekse wêreldse wyses. Maar dit word vir jou daar tog nie duideliker nie; uiterlik bly jy weliswaar `n Fariseër, maar innerlik was jy tog `n altyd `n ywerige navorser van die waarheid. En omdat Ek daarvan oortuig was, het Ek jou dan nou ook geroep en vir jou en daarmee ook vir alle ander, die poorte geopen na die stralendste waarheid.

[7] Nou kan dit nooit weer donker vir jou word nie en daarom moet jy `n vurige yweraar word vir My geestelike ryk op hierdie aarde! Deur jou sal die heidene in Persië baie lig kry! Eet en drink nou weer; want jy het nog honger en dors en jy het jou vis nog nie eers halfpad opgeëet nie en jou beker ook nog nie geledig nie! Val daarom maar flink weg, My jong broer Simon!"

[8] Simon bly voortdurend tot trane toe bewoë, gaan sit en eet geleidelik aan sy vis met brood en wyn.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205