|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 132
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die einde van die gekruisigde roofmoordenaars.
132 Binne `n halfuur was ons al weer op Gólgotha en tref daar, behalwe die bewakers, byna niemand aan nie. Maar die sewe bied `n ontsettende gesig. Daarmee bedoel ek nie soseer die sewe halfdooies wat verskriklik daar uitsien nie, maar veeleer hul siele, wat nog nie van hul liggame geskei was nie, en baie moeite doen om self die liggame te vernietig en te verskeur. Hierdie swart tiers, wat oor hul liggaam donker, bloedrooi strepe het, slaan met hul kloue in hul liggame, en byt daaraan vas, maar die nog lewende senuweestelsel van die liggame gee `n pynlike reaksie, want na elke byt in die liggaam vertrek hul gesig van pyn, en lê hulle hul pote dadelik op die plek wat ooreenkom met die plek waar hulle in hul halfdooie liggaam gebyt het.
[2] Hierdie vreeslike handelswyse bekyk ons byna `n uur lank en ek moes my vader steeds vertel wat ek by die sewe sien. Dit merk die Romeinse wagmeester egter op, wat my waarneming wat voortdurend gewissel het, al lankal heel opmerksaam moes dopgehou het. Hy kom na ons toe en vra in die Romeinse taal aan ons albei wat ons tog aan die sewe sien, omdat ons, en ek veral, hulle so deurlopend dophou, en ek my vader altyd iets het om mee te deel. Ons moes in sy taal antwoord gee omdat hy ons andersins sou moes wegstuur.
[3] My vader praat Grieks met hom, waarin hy hom makliker kon uitdruk as in Latyn, hoewel ons altwee ook Latyn baie goed ken, want in Jerusalem moes mens reeds as seun drie tale ken as mens met die talle buitelanders wou gesels. Hy lê aan die wagmeester uit dat hy `n geneesheer is en hier met my, sy seun en terselfdertyd sy leerling, waarnemings doen op die gebied van die leer van die siektes en die psigologie en dat hy my aanspoor om goed op alle simptome te let en terselfdertyd ook die een en ander verklaar volgens die leer van Hippokrates.
[4] Vir die wagmeester, wat `n weetgierige mens was, geval dit wel, alleen versoek hy my vader om die uitleg aan my in Grieks te gee, sodat hy ook iets daarvan sou kon leer. Toe sit ons in die knyp! Want dat my vader my daarby iets uitgelê het, was maar `n uitvlug om die wagmeester gerus te stel, omdat ek juis my vader oor dit wat ek geestelik gesien het, dinge meegedeel het wat beslis van die aard was dat die wagmeester ons daaroor in ons gesig sou moes uitlag as hy dit hoor. Wat moes ons nou doen? Ons was albei radeloos!
[5] Maar nou sien ek `n gees raak wat op daardie oomblik op `n wolk staan en uit die lug na benede kom en in sy regterhand `n groot blinkende swaard dra. ‘Wat gaan hy hier doen?', het ek gedink. Die wagmeester merk egter my gerigte, ondersoekende blik en vra my dadelik of ek dalk iets besonders sien. En ek antwoord hom op my toe gebruiklike manier bietjie kortaf en ietwat nors: ‘Seker, maar al sou ek u dit vertel, dan sou u my tog nie glo nie!’
[6] Die wagmeester wou my toe nog meer vra, maar omdat dit op daardie oomblik al aand begin word het en daar van Cornelius `n bevel was om, volgens Romeinse gebruik, met byle die bene van die sewe by die voete te breek en, as daar nog een leef, hom met `n hou op die kop en `n hou teen die bors te dood, moes onse wagmeester hom weer streng aan sy bevele hou en word ons nie weer gehinder met ons waarnemings nie.
[7] Ek kyk toe net na die groot gees wat `n donker, hemelsblou, geplooide gewaad dra, om te sien wat hy in hierdie geval sou doen. Luister! Toe die beenbrekers op die bevel wag om die sewe se bene stukkend te slaan en om die een wat nog lewe met die genoemde houe die genadeslag te gee, hef die magtige gees sy swaard op en slaan die drade middeldeur waarmee die swart tiersiele nog aan die liggame vassit.
[8] Toe hierdie verskriklike siele heeltemal vry was van hul liggame, kry hulle opeens `n ietwat mensliker uiterlike, loop op hul agterpote rond, maar maak geen geluid nie en hulle sien daar baie treurig en lydend uit en die gees sê soos volg op barse toon aan hulle: 'Verwyder julle na die plek van julle boosaardige liefde; dit sal julle aantrek! Julle kry loon volgens julle werke!' Maar die sewe siele skreeu: 'As ons verdoem moet wees, dan sou daar nog altyd tyd daarvoor wees! Waarom moes ons onsself dan laat martel as die ewige verdoemenis nou hier op ons wag?!'
[9] Die groot, magtige gees sê: ‘Alles was en is nog afhanklik van julle liefde! Rig dit volgens die orde van JaHWeH wat aan julle bekend is, dan sal julle jul eie verlosser wees; maar behalwe julle kan niemand in God se hele oneindigheid julle verlos nie! Dit is julle lewe en ook julle liefde; as julle jul liefde kan verander, dan sal dit ook julle hele lewe en bestaan verander! En gaan nou weg!’
[10] Na hierdie streng woorde van die groot en magtige gees, gaan die sewe onder ontsettende gebrul so vinnig moontlik vandaar af weg; ek was egter so vrymoedig om die groot gees te vra hoe dit dan later met die sewe sou afloop,
[11] En die gees verhef hom weer en sê maar net: ‘Dit hang af van hulle eie wil! By hulle lê dit nie by die opvoeding nie, nie by die kennis nie en hulle was ook nie besete nie - behalwe dan deur hul eie bose wil. Die ongediertes wat jy uit hulle sien kom het tydens die ondergaan van hul straf en by hul geséling, was geen vreemde demone nie, maar slegs produkte en uitgroeisels van hul eie bose wil. Daarom is hierdie straf regverdig, want dit betref sewe volslae duiwels waarvoor daar op hierdie wêreld geen les, geen woord en geen verbetering was nie! Maar hier by ons, waar alles openbaar word, sal hul lot so wees as wat hulle self wil dat dit word deur hulle liefde. Dit sal hulle hier nie aan geleenthede ontbreek nie, ook al is dit slegs skynbaar daar, om hul kragte te beproef in nog meer kwaads of egter ook in iets beters. Verstaan dit, jongeling, en lê dit ook uit aan jou vader wat nie die gawe ontvang het om dit te sien nie!’
[12] Na hierdie betekenisvolle woorde verdwyn die groot en magtige gees en die beenbrekers begin met hul werk. By vyf loop daar geen bloed meer uit die wyd gapende wonde nie, maar by die twee laastes was dit nog wel die geval. Aan hulle gee die mense dan ook dadelik die vasgestelde genadeslae, wat egter totaal oorbodige moeite en werk was, want as die goeie of slegte siel eenmaal uit die liggaam is, is die liggaam beslis al volkome dood.
[13] Na hierdie nie bepaald uitnodigend mooie handeling nie, gaan die skerpregters huis toe terwyl die lyke ter verdere vernietiging oorgelewer word aan die lyksbesorger en sy knegte. Die wyse van vernietiging was verskillend en is dit nog, maar die lyke mag nie begrawe word nie. Gewoonlik word hulle verbrand deur middel van die vervloekte hout, of gekook in vervloekte water en daarna as prooi vir die wilde diere gegooi. Die wilde, verskeurende diere wat daarvan vreet, vrek meestal. Daarom kook die lyksbesorger dergelike lyke meestal in die vervloekte water, waarna hy hulle dan ter verdelging van wolwe, hiëna’s, bere en jakkalse in die wye omtrek baie goed kon verkoop en daar baie geld voor kry.
[14] Dit, o Heer, dit is dan weer `n klein verhaaltjie uit my jeug, waarvan dit vir my alles wel duidelik is, behalwe die gestalte van die siele, wat heeltemal nie soos dié van `n mens lyk nie en al daardie ontelbaar talle ongediertes wat ek in die vorm van vlermuise en klein drake uit die skurkagtige mense sien kom het. Die groot gees gee my weliswaar in dié rigting `n uitleg deur te sê dat dit slegs uitwasse van die bose wil was, maar hoe dit te werk gaan, is `n heel ander vraag wat buiten U, o Heer, definitief niemand sal beantwoord en uitlê nie! As U heilige wil dit daarmee eens sou wees, sou U hierdie twee sake wel aan ons kon uitlê!"
|
|
|
|
|