|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 226
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die verhouding tussen siel en gees
226 (Die Heer:) "Die siel sal haar steeds so tot die gees in verhouding stel soos die aardse liggaam tot die siel. Die liggaam van `n siel, al is dit hoe volmaak, het in sekere sin ook `n eie wil om te geniet, waardeur die siel bedorwe kan word as sy daarop ingaan. `n Korrek opgevoede siel sal egter nooit ingaan op die vraatsug van die liggaam, en steeds die baas oor haar liggaam bly nie; maar by `n verkeerde opgevoede siel is dit wel moontlik.
[2] Tog bestaan daar tussen siel en gees maar net dieselfde verhouding as tussen `n oervolmaakte siel en haar liggaam. Die liggaam kan self begeertes hê soveel as wat dit maar wil, en met al sy stekels, wat dikwels baie skerp is, die siel prikkel om daaraan te voldoen en dit te bevredig, maar dan sê die volmaakte siel tog altyd met sukses nee daarteen! En presies dieselfde doen My Gees in die siel waarin hy heeltemal oorgegaan het!
[3] Solank die siel heeltemal opgaan in die wil van die gees, so lank gebeur alles presies volgens die wil van die gees, wat ook My wil is; maar wanneer die siel egter, deur herinnerings van vroeër, wat meer besig was met sinnelike dinge, ingetrek raak, dan tree die gees op sulke oomblikke terug en laat die siel net oor aan die uitvoering van haar begeerte, waarvan meestal niks tereg kom nie, veral as die uitvoering daarvan baie weinig of dikwels ook heeltemal niks geesteliks ten doel het nie.
[4] Die siel, wat weldra haar egoïstiese swakheid en onhandigheid bemerk, laat dan ook baie gou haar, op eie begeerte gerigte, drome vaar, verenig haar weer baie innig met die gees en laat sy wil oorheers. Dan is daar natuurlik weer orde en krag en mag in oorvloed."
[5] Ten slotte vra Cyrenius weer: "Heer, deur al U huidige spreuke en vermanings het ek nou tog wel op `n punt gekom waarop ek voel dat ek op die terrein van my kennis `n belangrike tekort het en dié tekort word steeds duideliker merkbaar!
[6] U sê nou so pas dat die egoïstiese van die siel, ook al is sy deurdring deur die voltrekking van die geestelike wedergeboorte, al is die siel volledig deurdring met U Gees en al neem hy haar volledig in besit, het die siel tog nie sodanig in die gees oorgegaan dat sy op bepaalde oomblikke haarself nie meer van hom sou kon distansieer nie. Die siel besit dus nog steeds haar egoïsme en kan self op haar eie houtjie dink en wil, netsoos wat sy dit voor die wedergeboorte van die gees in haar substansiële wese gedoen het.
[7] Maar as sy voor die tyd self kan wil en dink, moet sy ook `n vry, op haarself staande onderskeidingsvermoë besit, en moet sy daarmee die onnoemlike voordeel insien van dit wat haar gees haar ingee, bo dit wat haar eie sinne haar kan bied. As sy dit noodsaaklikerwys besef, hoe kan sy dan ooit nog vir haarself iets dink en wil wat nie vir haar deur die gees ingegee is nie?! Moet dit dan nie haar vurigste begeerte bo alles wees nie, wat haar hele wese die gelukkigste sal stem, om vir ewig baie volmaak één te wees met die gees en dit onveranderlik te bly nie?! Ek vind eintlik dat die blywende vermoë om egoïsties te dink, te wil en te beslis, nog `n onvolmaaktheid in die geestelike bestaan van die mens is.
[8] Maar dit klink ook vreemd dat `n siel, wat eintlik heeltemal opnuut gebore is in haar gees, dan tog baie sterker behoort te wees as die suiwer, oervolmaakte siel van een van hierdie More, by wie nog lank geen sprake van `n geestelike wedergeboorte is nie, en vroeër nog minder as ooit sprake daarvan was -as sodanig baie minder kan doen as so `n op haarself staande, suiwer, oervolmaakte siel van een van hierdie More! As sulke siele iets wil, dan gebeur dit; maar as `n siel wat in haar gees wedergebore is - wat tog beslis meer beteken as om net `n oervolmaakte siel te wees - iets self sou wil, gebeur dit nie, omdat die gees dit nie wil nie!
[9] Ook in die hiernamaals sal die siele van hierdie More die wonderbaarlike vermoë besit om daar minstens net soveel wonderbaarlike dinge te kan doen as hier; maar ons, - siele wat in die gees wedergebore is, sou dan, sê maar vir haar private genot, heeltemal niks kan doen nie? Waaragtig, Heer, vir die eerste keer is dit nou iets wat ek beslis nie kan verstaan nie! Want ek kan geen rede daarvoor vind nie, nog enige, vir die verstand aanneemlike aanknopingspunt daarvoor vind nie. Sou U daarom so goed wees om hierdie saak vir ons blankes baie duideliker te maak, want dit is iets onverteerbaar vir ons!"
|
|
|
|
|