|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 91
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Verdere ontwikkeling van die arme siele in die hiernamaals
91 (Die Heer:) "As volgens hierdie onveranderlike beginsel, wat vir die bestaan en die lewe uiters noodsaaklik is, `n sogenaamde arme en naakte siel aan hierdie kant direk met `n gees, soos wat ons RafaEl byvoorbeeld een is, in kontak sou kom, dan sou sy onmiddellik op gelyke wyse verslind word daardeur soos wat die see `n enkele waterdruppel opsluk. In die hele oneindigheid het Ek daarom die voorsorgmaatreël getref dat `n klein, swak en nog erg naakte lewe altyd so geplaas word dat dit sy op haar eie kan bestaan en dat slegs dié lewenskragte haar mag benader wat beslis op geen enkele wyse veel sterker is as daardie afsonderlike lewe wat haar daar in haar eensaamheid en naaktheid bevind nie.
[2] Sulke lewenskragte kan mekaar nie verswelg nie, omdat die heilige ek-hede van gelyke krag en sterkte is; maar hulle vorm tog gesamentlik verenigings en pleeg onderlinge oorleg, waaruit egter nooit veel vrugbaar kan voortkom nie, omdat die wysheid van elke afsonderlike wese bykans ewe groot is. Stel jou `n vergadering voor van louter oerdomme mense, wat `n wyse besluit moet neem om dit met verenigde kragte te gaan uitvoer! Wat sal daar uit hulle beraadslagings voortkom? Niks anders as domhede nie!
[3] Ons het op hierdie aarde, en hoofsaaklik op die eilande, nog tot op hede volkstamme wat al sedert Adam se tyd hulle eilande heeltemal ongestoord bewoon het; dit is Kain se nakomelinge, wat nou nog op dieselfde trap van beskawing staan as waarop hulle tweeduisend jaar gelede gestaan het. Waarom het hulle dan in hulle ontwikkeling geen tree vooruit nie, maar eerder `n tree agteruit geneem, ondanks al hulle vele beraadslagings? Omdat die mees wyse onder hulle dommer en blinder is as die domste varkopasser by ons! Maar as die mees wyse al niks weet nie, wat moet die ander, wat raad by hom inwin, dan weet?!
[4] Nou sal die mense natuurlik die vraag stel: 'Ja, maar waarom het God dan geen profete wat met Sy Gees vervul is, na sulke volke gestuur nie?' Daarmee kom ons nou presies by die belangrikste punt!
[5] By hierdie volke woon nog veels te veel onryp en naakte siele. `n Hoër openbaring sou hulle verswelg en hulle in so `n oordeel opsluit dat hulle nooit weer daaruit bevry sou kon word nie. Die hoogste en suiwerste waarheid sou hulle in die ergste ongeloof verander en hulleself so daarmee vereenselwig, dat Ek hulle uiteindelik met geen enkele middel nog Self daaruit sou kon verlos nie.
[6] Dit is daarom noodsaaklik dat hulle nog ongeveer duisend jaar bly soos wat hulle is. Eers ná die tyd moet hulle besoek word deur suiwer verstandelik ontwikkelde mense en dan moet hulle egter nog lank geen onderrig aan hulle nie, maar slegs `n voorbeeld gee wat hulle `n bietjie verstandiger maak. So moet hulle meermale van tyd tot tyd so `n verrassing kry wat hulle ietwat meer ontwikkel. As dít gedurende etlike honderde jare gebeur, sal sulke naakte volke bietjie meer na liggaam en siel beklee word, en dan eers bietjie vir bietjie ryp word vir `n hoër openbaring.
[7] En op presies dieselfde wyse en nog heelwat moeisamer, vind in die groot hiernamaals die verdere ontwikkeling en lewensvervolmaking van `n heeltemal naakte natuursiel plaas. Sy moet so lank sonder enige lig met haarself alleen gelaat word totdat sy, deur eie nood gedrewe, haarself uit haar nog meer as halfstoflike letargie (sieklike slaapsug) wakker geskud word en in haar hart begin nadink oor ietwat meer omlynde gedagtes.
[8] As die gedagtes steeds geprofileerder en vaster omlyn word, begin dit in so `n siel baie saggies te skemer en sal sy `n basis kry waarop sy kan staan en gaandeweg ook `n bietjie kan rondloop. Hierdie rondloop is dan te vergelyk met die oorgaan van die een gedagte in die ander en van die een waarneming in die ander. Dit is `n soeke, en op die soeke moet die een of ander vind volg omdat die soeker andersins, as hy te lank heeltemal niks sou vind nie, uiteindelik ten gevolge van sy vrugtelose inspanning sou verlam en op dié manier sou moes terugval in die ou letargie.
[9] Maar sodra die siel, wat ywerig begin te soek, ook maar iets vind, gee dit haar `n nuwe en versterkte impuls vir `n nog verdere en yweriger soeke en navorsing, en as sy self spore vind van die bestaan van haar gelyke, dan jaag sy dit soos `n speurhond na en rus nie voordat sy iets gevind het wat aan haar ten minste bevestig dat haar gelyke naby is nie.
[10] Deur hierdie steeds versterkte soeke, word sy egter ook ryper en probeer sy om alles te versamel wat sy as’t ware toevallig vir die omhulling van haar substansiële sieleliggaam vind. Hier en daar is daar ook iets te vinde, ook al is dit hóé skraal, om haar maag te vul en om haar dikwels brandende dors te les. Want as die verlange in `n siel eenmaal goed begin te groei ten gevolge van die innerlike, steeds lewendiger wordende lewensvuur, dan kom daar altyd meer dinge waarvoor in die siel `n behoefte ontwaak."
|
|
|
|
|