Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel as moordenaar van sy moeder

69 Johannes sê: "Ja, ja, later het jy dit gedoen, maar in die begin het jy jouself gedra soos wat ek dit aan jou vertel het! Dat jy egter slegs in geringe mate die meisies sou misbruik het, is ook nou nog `n growwe onwaarheid! Slegs één van hulle het jy ietwat sagsinniger bygedam, en dit was die laaste, toe jou ellendige geilheid alreeds te kort geskiet het; die eerste vier het jy nie in die minste ontsien nie, maar ontsettend misbruik! Kan jy dit teenspreek? - Kyk, jy swyg en beef! Die meisies het daarna `n baie gevaarlike uitslag gekry wat gemaak het dat hulle vroeër gesterf het, maar ook daarvan was jou geilheid die eintlike en enigste oorsaak! Maar hierdie hoofstuk is verby, en nou gaan ons na `n volgende!

[2] Weet jy, wat jy nog meer op jou gewete het, is weliswaar iets waarvoor jou wil weer nie aanspreeklik is nie, maar die daad en sy gevolge is! Daarom moet `n mens nooit iets in toorn doen nie, want die dade wat in toorn gebeur, word altyd deur die bose gevolge soos `n skadu op die hakke gevolg. Kan jy jou nog herinner wat jou reaksie was toe jou moeder Agla, wat `n heel verstandige vrou was, jou ernstig die leviete voorgelees het oor jou liederlike streke en jou gewetenlose vriende?"

[3] Zorel sê: "O gode! Ek herinner my nog wel iets vaagweg soos uit `n droom, maar baie kan ek nie meer daaroor vertel nie! Sê jy dit dus maar, jy is tog aan die woord! Ek weet wel dat ek nooit met `n vooropgesette plan iets kwaads gedoen het nie, maar vir wat ek egter in my drif doen, kan ek nie instaan nie, ewemin as `n tier iets daaraan kan doen dat hy `n bloeddorstige, verskeurende dier is! - Sê jy dit nou maar!"

[4] Johannes sê: "Daaroor sal ons dit eers later hê; maar tóe het jy `n pot, wat op `n bank gestaan het, gegryp en met geweld na die kop van jou moeder geslinger, sodat sy bewusteloos op die grond geval het. Jy het toe, in plaas van jou moeder by te staan en hulp te verleen, die ponde goud waarvan jy bewus was, weggevat en jy het op `n seerowerskip hierheen gevlug. Daarna maak jy `n paar jaar lank die skone seerowershandewerk mee, wat ook die aanleiding vir jou was om slawehandelaar te word. Jou moeder sterf egter nie lank daarna nie, ten dele weens die gevolge van `n swaar kopwond, en ten dele uit verdriet oor jou onverbeterlikheid. En so het jy, naas vele ander sondes, ook die van moedermoordenaar op jou gewete en as kroon op jou talle slegte dade rus daar op jou hoof `n baie bittere vloek van jou vader, ewenas van jou broers en susters! - Nou is jy heeltemal ontmasker; wat sê jy nou as suiwer verstandsmens van dit alles?"

[5] Zorel sê: "Wat moet ek daaroor sê? Wat gebeur het, het gebeur en dit kan nie meer ongedaan gemaak word nie! Nou sien ek baie van my vroeëre dade in, dat hulle baie verkeerd was; maar wat het ek aan hierdie insig? Jy kan dit vergelyk met `n tier wat die mense verander het in `n verstandige mens, sodat hy kan sien watter bloedige gruweldade hy gepleeg het; wat baat dit hom? As hy die gebeure ongedaan sou kon maak, sou hy hom beslis alle moontlike moeite daarvoor getroos het; maar wat kon hy tydens sy bestaan as tier daaraan gedoen het dat hy nou juis `n tier, en nie `n lam is nie?! Op daardie punt is ook die berou oor `n bose daad, en die beste wil om dit weer volledig goed te maak, net so nutteloos soos die dwase inspanning om van `n vergane dag weer `n komende dag te maak. Ek kan wel vanaf hede `n heel ander en beter mens word, maar daar waar ek `n slegte mens was, kan ek my onmoontlik beter maak as wat ek was. Moet ek dalk bitter trane van smarte stort omdat ek soveel slegte dade begaan het? Dit sou tog net so belaglik wees as wanneer `n mensgeworde tier die bitterste trane van berou sou wou vergiet omdat hy vroeër `n tier was!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205