|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 216
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Oor die invloed van die mens op huisdiere
216 (Die Heer:) "`n Mensesiel wat nog oorspronklik en onbedorwe is, kan julle sien as `n egte son te midde van alle, op verskillende maniere besielde, en lewende skepsels wat hulleself almal moet onderwerp aan die mensesiel, omdat hulle uit die lewensfeer wat daarvan uitstraal, wanneer die siel volledig volgens die orde is, geestelike lewenslig en geestelike lewenswarmte tot groei van die verder opstygende lewensfeer van hulle siele opneem en daardeur sag, geduldig en gehoorsaam word. Want die siele sowel van plante as van diere moet immers, wat weliswaar vir julle nog `n baie onbekende bestemming is, eers self mensesiele word.
[2] Die plante en nog meer die diere is niks anders as voorlopige houers, wat volgens My Wysheid en Insig geskik is om agtereenvolgens gebruik te word vir die versameling, vorming en saamvoeging van die algemene lewenskrag van die natuursiele uit die onmeetlike skeppingsruimte, waaruit ook julle siele - oorspronklik gevorm op hierdie of ook op `n ander aardse wêreld, wat bykans dieselfde is, afkomstig is. Hierdie dieresiele voel die uitstraling van `n geordende mensesiel en die daaruit gevormde sfeer van uitstralende lewenslig en uitstralende lewenswarmte.
[3] In hierdie volmaakte, uitstralende lewensfeer ontwikkel die diere hulle soos die planete in die lig en die warmte van die son, en geen enkele dieresiel kan hom teen die wil van `n volmaakte mensesiel verset nie, maar hy sirkel beskeie daaromheen soos `n planeet om die son, en ontwikkel hom in dié geestelike lig en die warmte daarvan voortreflik vir `n volgende oorgang na `n hoër toestand.
[4] Om dit nog beter in die praktyk te sien, hoef ons maar net enkele huisdiere en hul besitters aan `n nadere beskouing te onderwerp! Luister! Laat ons eers na `n hardvogtige en trotse besitter gaan en al sy huisdiere geestelik bekyk! Sy waakhonde is kwaadaardiger en wilder as die wolwe uit die bos, sy beeste is sku en dikwels so gevaarlik wild dat jy daarvan skrik. Sy skape en bokke vlug weg vir alles wat soos `n mens lyk en laat hulle moeilik vang. Dit is nie raadsaam om by sy varke, wat hy aanhou om vet te voer, te kom nie, want hulle is so woes en wild dat hulle jou sal doodmaak. Die hoenders en die ander gevleuelde huisdiere is ewe-eens sku en laat hulle moeilik vang. Ook met sy esels, perde, kamele en trekosse kan jy nie baie vriendskaplik omgaan nie, want van enige afrigting is daar bykans geen sprake nie. Slegs deur `n voortdurende wilde geskreeu en gevloek en deur voortdurend te slaan, te stamp en te steek kan hulle vir hulle bestemde trekarbeid gebruik word, en byna daagliks gebeur daar ongelukke!
[5] Ja, waarom is die huisdiere by ons harde, trotse besitter dan so ru en wild en so uitermate stug? - Die siel van die besitter fungeer vir hulle as `n lewensson waar die grootste wanorde heers! Sy dienaars en knegte word ten slotte net soos hulle meester, dus ook absoluut geen lewensson vir die yskoud geworde siele van die diere wat aan hulle sorg en leiding oorgelewer is nie! Elkeen skreeu, vloek en slaan die diere! Hoe kan die diere van so `n eienaar dan die aangename gemoedsgesteldheid vertoon waarvan mens sou kon sê, dat hulle in orde is?!
[6] Maar laat ons nou eers na `n egte, ou patriargale, goeie en wyse eienaar van talle groot kuddes gaan en sy huisdiere dophou! Wat `n ongelooflike verskil! Nóg die beeste nóg die skape loop van hulle goeie herder af weg! As hy roep, kom hulle so vinnig as moontlik na hom toe, omring hom en luister letterlik met sigbare aandag of hy iets vir hulle te sê het! En doen hy dit, dan gehoorsaam hulle en skik hulle wonderlik na die wil van die goeie herder aan wie se sielelig hulle hulleself nou weer gesterk het.
[7] Die kameel verstaan die kleinste wenk van sy goeie leier en die moedige perd word nie sku onder die saal van sy ruiter nie. Kortom, alle huisdiere van `n saggeaarde en goeie meester is sag en mak en luister na die stem van hulle bewaarders en hulle meester, en `n mens ontdek by alle diere selfs `n sekere sagmoedigheid, soos wat `n mens met die eerste oogopslag al aan edele bome kan sien dat hulle edel vrugte dra; want die stam, die takke en die loof daarvan is baie sag afgerond, glad en sonder skerp punte en stekels, en die vrugte het `n lieflike smaak.
[8] Die oorsaak van dit alles is, soos reeds gesê, een of meer gesonde, onbedorwe siele, wat uit hulle eie verligte wese na buite `n geestelike ligsfeer uitstraal wat alles bevat wat die siel as lewenselement in haar het, soos liefde, geloof, vertroue, kennis, wil en welslae."
|
|
|
|
|