|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 27
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die lewensgeskiedenis van die twee meisies
27 Hierop rig Schabbi hom tot My en vra of hy dit mag doen.
[2] Ek sê: "O, doen dit in elk geval, want deur `n weldaad het niemand nog nooit `n sonde teenoor My begaan nie! Gaan, en laat beide aantrek!"
[3] En Schabbi gaan en binne enkele oomblikke is hy terug met twee kosbare, helder wit syhemde en met twee hemelsblou, kosbare Kashmir oorrokke en daarby twee paar van die duurste fees sandale met lang, sygevoerde bande. Ook twee diadeemvormige kamme en goue voorhoofsbande, versier met kosbare edelstene, word aan die twee nuutopgewektes oorhandig. Hulle wil egter die sierade, wat vir hulle te kosbaar voorkom, nie aanvaar nie.
[4] Ek sê egter: "As Ek dit wil, kan julle aanneem wat julle gegee word, want dit pas bruide om pragtig getooi te wees!"
[5] Toe neem beide ook die sierade aan, en nadat hulle so heeltemal aangetrek en getooi is en daar gestaan het soos twee koningsdogters, toon hulle groot en dankbare vreugde.
[6] Maar toe hulle so voor ons staan en gewoonweg van skoonheid straal, sê Zinka: "Nee, nee, dit is alweer `n wonder! Toe ek beide netnou daar bekyk het toe hulle dood was, het hulle vir my voorgekom soos `n paar vroue van in die veertig, en hulle verskrompelde vorms het geen besondere grasie vertoon nie. Selfs toe hulle daarna op wonderbaarlike wyse opgewek was, was daar niks besonders te aanskou nie, en nou is dit twee skoonhede soos wat my oë nog nooit vroeër aanskou het nie! Nou is dit twee meisies van nog nie twintig nie! Ja, dit is tog ook `n wonder bo wonder! Die jonge Herodias versink daarby in die niet! Nou, as Herodus een van hierdie twee te siene sou kry, sou hy vir haar, as sy dit sou eis, dadelik alle Judeërs laat onthoof! Sou ek, arme sondaar, werklik die barmhartigheid waardig bevind word om een van hierdie twee engele tot vrou te kry, dan sien Jerusalem my nooit weer terug nie, want dit sou `n te groot lokaas vir Herodus en ook vir die talle ander gewydes van die stad van God wees!"
[7] Toe sê Cyrenius: "As hierdie twee wonderkinders geen eie ouers meer het nie, of as die eie ouers, deurdat die dood daartussen gekom het, elke reg op hulle verloor het, dan is hulle my dogters en kry van my `n toereikende bruidskat!"
[8] Toe sê die oudste van die twee, wat Gamiëla heet: "Ons is beide - streng gesproke - ouerloos, en diegene wat ons vader en moeder noem, is eintlik glad nie familie van ons nie. Ons het as kinders van twee en drie jaar in die huis van `n koopman gekom wat eintlik Grieks was en eers later so half en half tot die Jodedom oorgegaan het. Volgens die verklaring van `n ou, ongetroude vrou was ons deur `n slawehandelaar van Sidon na Kapernaum gebring en daar deur die betreffende koopman, wat ons vader genoem het, vir vyf varke, drie kalwers en agt skape gekoop.
[9] Die verkoper moes daarby dokumente aan die koopman gegee het waarop ons name en die van ons oorspronklike ouers vermeld sou staan! Ons egte ouers moes Romeine van baie hoë afkoms gewees het, maar wat daarvan waar is, weet ons nie. Met die reis waarop ons verongeluk het, het ons egter ook die geheime doel om by `n familielid wat in `n ander plek gewoon het as ons skynouers, die volle waarheid te hoor, of ons egte of werklik slegs gekoopte dogters van ons ouers was.
[10] Ons het ewenwel in die hande van brute seerowers geval, word van alle meegenome besittings beroof, ons klere word uitgetrek, daarna, ondanks al ons smekinge met ons hare vas aanmekaar gebind en so lewend in die diep see gegooi. Wat later met ons gebeur het, weet ons nie, en ons weet ook nie hoe ons op hierdie plek wat algeheel onbekende aan ons is, gekom het nie en wie ons die lewe teruggegee het nie; want ons moes tog gewis dood gewees het toe die mense ons, waarskynlik deur die see aan land uitgespoel, êrens langs die oewer of op die strand gevind het! - Waar is ons dan nou, en goeie verhewe mense, wie is u?"
|
|
|
|
|