|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 117
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
`n Kluwe sielestof
117 Daarop sê Mathaël: "O, wat is dit vir `n reusagtige groot kluwe (Geheel van deur- of oormekaar gedraaide of gestrengelde of nou samehangende sake of persone. – Afrikaanse Verklarende Woordeboek) wat uit die omgewing van die stad hierheen sweef?! Dit kom steeds nader. Kyk, kyk hoe alles daarbinne soos slange deurmekaar golf en kronkel! Wat is dit tog alles vir merkwaardige figure?! Ek sien duidelik osse, koeie, kalwers, skape, hoenders, duiwe, en allerlei ander voëls, vlieë, en `n bonte verskeidenheid van kewers; donkies, ook enkele kamele, katte, honde, `n paar leeus, visse, adders, slange, akkedisse, krieke, strooi, allerlei hout, `n massa graankorrels, klere, vrugte, selfs allerlei stukke gereedskap, en nog `n menigte verskillende dinge wat ek glad nie ken nie! Wat beteken dit?! Is dit dalk ook siele, wat almal lyk asof hulle toegewerk is in `n ontsettende groot en algeheel deursigtige sak, en wat daarin deurmekaar gegooi word soos los strooi in `n warrelwind?"
[2] Ek sê: "Dit is siele, of respektiewelik geeste van `n laer orde, in die vorm van `n geselskap van ongelukkiges wat nog `n rukkie bymekaar bly, en eers dan uit mekaar sal gaan as dit in die duidelik sigbare voedingsak ryper geword het.
[3] Alles wat op die wêreld ook maar êrens hoe ookal bestaan, is sielestof. Indien haar stoflike samehang (kohesie) deur wat ook al vernietig word en die siel daardeur vry word, dan neem sy weer na die vernietiging haar vroeëre, stoflike vorm aan en bly so nog `n tydjie voortbestaan. As die intelligensie van hierdie vorm met verloop van tyd ryper geword het, begin sy stadig maar seker die ou vorm te verlaat, en in `n meer lewensvatbare vorm oor te gaan.
[4] Hierdie kluwe is `n opneemvat vir alles. Wat daar ook maar by die brand en deur die brand verwoes is, vind jy nou as sielestof in hierdie kluwe, toegerus met `n sekere intelligensie. Die angs maak dat dit lyk asof hulle almal in hierdie sak soos in `n kou by- en deurmekaar gemeng word.
[5] As daar byvoorbeeld êrens op aarde groot elementêre omwentelinge voor die deur staan, wat natuurlik `n gevolg is van `n groot beweging onder die aardse natuurgeeste of -siele, dan word alle dieresiele ook oorval deur groot angs. Alle diersoorte begin mekaar dan vriendelik bejeën en vorm `n vreedsame samelewing. Die adder bekommer hom nie oor sy gif nie, die slang ook nie; die verskeurende diere vergryp hulle nie meer aan die vreedsame lammers nie; die by en die wesp het hul angel in die skede gesteek, soos `n kryger sy swaard. Kortom, alles wysig hulle aard; selfs die plantewêreld laat die koppies treurig hang en geen plant verhef sy rein en ongerepte koppie voordat die ramp verby is nie.
[6] Maar alles wat tydens so `n geleentheid stoflik vernietig word - uitgesonderd die mense - verenig hulle na die vernietiging in die nog voortdurende angs ook as sielestof en omhul hulle desnoods. As so `n losse kluwe met siele dan ongeveer `n eeu lank rondgesweef het, het die oorspronklik ongelyksoortige siele-elemente mekaar meer wedersyds aangetrek en begin hulle stadig maar seker te verenig en vorm dan één of ook wel meer kragtige, natuurmensesiele. (* Lorber gebruik soms nuwe uitdrukkings, soos `naturmenschenseele', of `naturtierseele', wat deur ons letterlik vertaal word. `natuurmensesiel' is `n siel wat na die deurloop van tallose ontwikkelingstadia binne die natuurryke (mineraal, plant, dier) vir die eerste keer in `n mensevorm verskyn. So `n siel het nog geen voorbestaan as mens geken nie, nóg op aarde, nóg op `n ander planeet.)
[7] Hierdie voor ons swewende kluwe bevat alles wat deur die brand van Césarea Philippi verwoes is. Hierdie kluwe sal tot by sy volledige ontwikkeling goed meer as honderd jaar nodig hê; maar dan sal ook meer as honderd ryp, natuurmensesiele die tere omhulsel deurbreek en nog eers ongeveer honderd jaar later ons weg deur die vlees deurloop.
[8] By groot vuurherde, vuurspuwende berge, en ook by groot oorstromings, vorm sulke kluwens altyd vanself. As daar weinig dierlike elemente daarin aanwesig is, duur die omvorming langer; as daar egter dierlike elemente by betrokke is soos hier, duur dit gewoonlik korter.
[9] Ook is dit nie so dat uit kluwens waarin geen dier aanwesig is, nogtans natuurmensesiele sal ontwikkel nie; daar kan ook natuur- dieresiele of selfs slegs meer edele plantesiele ontstaan, welke laaste gewoonlik uit verrottingsdampe of uit allerlei sogenaamde vulkaniese dampe en rookmassas ontstaan.
[10] Kortom, as by dampe aangetoon kan word dat hulle uit die vergaan van grof-dierlike- of growwe plantemateriaal voortkom, of slegs afkomstig is van minerale gistingsprosesse, dan ontwikkel daar slegs allerlei plantesiele. Die grofste dele verenig hulle daarby deur die wortels, die ietwat edeler dele deur die blare en die edelste dele tydens die bestuiwing van die blom met `n plantesiel wat uit `n kiem uitbreek en werksaam word en sorg so vir die seënryke verveelvoudiging van die saadkorrels en hul ontkieming.
[11] Sulke growere spesifika van plantesiele bly in die materie agter, soos in die stam, en in die houtveselstof, die ietwat edeler deeltjies kom in die sagter lower, die nog edeler deeltjies vorm self die vrug en wat daar voor en daarna kom, en die mees edele deeltjies verenig hulle dan al tot `n selfstandige intelligente kiemlewe, wat dan reeds in staat is om òf sigself opnuut tot `n soortgelyke lewe te wek, om die ou aktiwiteit van voor af aan te begin, òf deur as voedsel deur dier of mens gebruik te word, dadelik in die dier- of selfs mensesiel oor te gaan.
[12] Daarom eet die mens dan ook meestal slegs die vrug van die plante waardeur die plantekiemsiele hulle regstreeks met hulle siel kan verenig. Die ietwat growwere dele van die kern en die vrug kan hulle egter slegs met die bloed en die liggaam en met die kraakbeen en die beenstelsel verenig. Uiteindelik moet dit alles, omdat dit nog te onsuiwer is, na die sterwe soms nog meerdere male opnuut deur die ryk van die plantewereld gaan om dit te suiwer totdat dit uitryp tot kiemgees en volledig ryp word vir die opname in `n nuwe dier- of selfs mensesiel. - Nou weet julle so terloops ook hoe hierdie kluwens ontstaan en watter ontwikkeling hulle deurmaak, en wat hulle einddoel is, en nou kan julle dus weer verder gaan met julle beskouings en sien of daar nie weer `n verskynsel voor julle sal opdoen nie!
[13] Maar dit wat julle nou hier sien, is die bekende leer van Jakob, waardeur hy hemel en aarde met mekaar verbonde sien, en waarop hy die lewenskragte, en God se gedagtes omhoog en na benede sien gaan (Gen. 28:12). Jakob sien wel die beeld, maar nóg hy, nóg iemand na hom het dit tot op dié uur verstaan. Vir julle het Ek dit nou ontsluier; maar ook julle almal moes eers deur die lig van hierdie ligbol in `n soort heldere slaap gebring word om die onthulde Jakobsleer te sien en dit vervolgens ook deur My woord te verstaan, sodat julle kan weet hoe die hemelse en die aardse saamhang, en dat op dieselfde leer die een altyd in die ander oorgaan. - Kyk oor die see, dit wil sê, nou met die blik van julle gees of liewer julle siel, en sê My wat julle daar sien!"
|
|
|
|
|