Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 257

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die alwetendheid van God

257 Mathael en `n aantal ander sê: "O Heer, nou is dit vir ons volkome duidelik, en ons sal nouliks nog iets weet om aan U te kon of te wil vra! Heer, vra U ons nou die een en ander, want U sal wel die beste weet wat ons nog kortkom!"

[2] Ek sê: "Dit is nie vir My gepas om julle in feite iets te vra wat julle My eerste sou moet vertel nie, terwyl Ek tog alles weet en sien wat daar in julle omgaan! Ja, selfs julle geheime gedagtes, wat vir julleself nouliks bekend is, sien Ek net so duidelik soos julle die son aan die hemel sien, en sou Ek julle dan nog êrens na moet vra asof Ek dit vooraf nie sou weet nie?! Sou dit nie baie ongepas wees, of op die minste `n nuttelose, tydverspillende gebruik van die tong en mond wees nie?!"

[3] Dan sê die naaste staande swarte: "Heer, dit lyk my nie konsekwent nie, want sover ek weet, het U nog nie solank gelede tog Self U blanke leerlinge gevra of hulle alles goed verstaan het! Dit is tog ook `n vraag waarmee mens van iemand iets wil hoor, wat mens vroeër nog nie presies geweet het nie! Waarom vra U dit dan aan U leerlinge? Weet U dan nie, of hulle U groot en uiters wyse onthullings wel of ook nie verstaan het nie?"

[4] Ek sê: "O, gewaardeerde, swarte vriend van My! As mens iets vra, lig jy mense nie altyd in slegs na dit hulle wat mens uiteindelik self nie weet nie, maar mens vra dikwels, en dit met goeie redes, ondersoekend, om deur die vraag sy medemens tot nadenke te bring.

[5] So vra `n onderwyser sy leerlinge na sake, wat hy ook sonder die antwoord van die klein leerlinge vantevore baie goed weet en moet weet. En die regter vra die oortreder van die wet wat hy gedoen het, nie om nou eers te wete te kom wat hy teen die wet gedoen het nie - dit weet die regter al lankal! -, maar hy wil van die ondervraagde slegs die bekentenis hoor, en hy straf die geslepe sondaar as hy alles hardnekkig ontken, waarvan die regter deur die eensluidende verklarings van `n aantal getuies reeds lankal volkome oortuig geraak het!

[6] En so kan ook Ek wel, as `n egte leraar en as `n baie regverdige regter, altyd vrae aan julle mense stel, nie om van julle iets te hoor wat Ek vroeër nie geweet het nie, maar om julle daardeur te dwing tot nadenke en selfondersoek! Dus in die gees kan Ek wel aan elkeen vrae stel; maar as Ek iemand van julle so sou vra, asof Ek My sou wil oortuig of hierdie of daardie van die leerlinge My les wel begryp het of nie, dan sou dit wat My betref `n ydel en misplaaste vraag wees, omdat Ek ook sonder al die vrae, as God tog al sedert ewigheid kon weet wie My in hierdie tyd op hierdie aarde sou verstaan en hoe goed ook! - Is dit vir jou nou ook duidelik!"

[7] Die swarte sê: "Ja, Heer, en ek vra U om vergifnis dat ek U, o Heer, nou met my baie misplaaste vraag lastig geval het! In die vervolg sal ek so-iets beslis nooit meer doen nie, as dit my vergun sal word om nog langer in U heilige nabyheid te mag bly!"

[8] Ek sê: "Solank jy wil, kan jy by My bly en ook vrae stel! As jy nog iets het wat nie vir jou duidelik genoeg is nie, dan het jy net soos alle ander die vrye en volle reg om te vra! Want nou op hierdie plek is Ek geheel en al beskikbaar; later sal daar `n tyd kom dat Ek gedurende enige tyd op geen enkele vraag sal reageer nie. Jy mis nog iets; ondersoek jouself en vra, en ook dit sal vir jou uitgelê word!"

[9] Die swarte sê: "O Heer, ek hoef nie lank daaroor na te dink nie; want wat ek mis weet ek reeds lankal! Kyk, `n vername ding wat my ontbreek is, dat ek my God se alwetendheid op geen enkele manier kan verklaar nie! Hoe kan U nou heeltemal alles in die gehele oneindigheid weet?"

[10] Ek sê: "Ja, as jy dit nou nog nie verstaan nie, dan het jy vroeër My onthulling oor die vrye lewenseter van die gees nie goed genoeg verstaan nie! Jy sal tog wel begryp het dat die ewige skeppingsruimte ewig en oneindig is, en dat hierdie met niks anders gevul is as orals ewig altyd met My Gees, wat bestaan uit suiwer Liefde, dus Lewe, Lig, Wysheid, die suiwerste selfbewussyn, en `n heel noukeurige gevoel, gewaarwording, sig, gehoor, denke, wil en werke.

[11] In My bevind hom weliswaar die brandpunt van hierdie enig en ewig onveranderlike Gees, maar dit vorm wel `n eenheid met sy oneindige groot, die gehele oneindigheid vullende, vrye lewenseter, wat by My via die vernaamste lewensbrandpunt steeds met alles wat hy bevat ten nouste verbonde is. Hierdie vrye lewenseter van My deurdring en omvat egter alles in die geheel, ewige oneindigheid en sien, hoor, voel, dink, wil en werk orals op een en dieselfde wyse.

[12] Tot op `n bepaalde afstand kan jou siel dit ook doen, en dit sou vir iemand moeilik wees in jou omgewing om bose gedagtes in hom op te laat kom sonder dat jy dit dadelik sal opmerk. Soos wat jy dit egter kan doen met die kragtige, uitstralende lewensfeer van jou siel, wat daarmee steeds direk in verbinding staan en sodoende jou heldere ek tot ver buite jouself reik, - so is dit ook by die vrye lewenseter van My Gees, slegs met die verskil dat die uitstralende lewensfeer van jou siel slegs tot `n bepaalde ruimte beperk is omdat sy as materie vanweë die ongelyksoortigheid van die vreemde elemente wat sy op haar weg ontmoet, nie verder kan reik nie.

[13] Maar die vrye lewenseter van die gees kan ewig teen geen vreemde elemente stamp nie, omdat alles feitlik deel is van homself; en daarom kan hy ook vry en ongehinderd eindeloos van al wat is alles sien, voel, alles hoor en volkome verstaan. En kyk, dit is dan helder en goed verstaanbaar die basis van wat vir jou so moeilik te verstane was van die alwetendheid van God! - Sê eers, is dit vir jou nou duidelik?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205