Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die twyfel van die Swartes aan Jesus se Goddelikheid

195 Toe sê diegene van die swart metgeselle wat, ondanks hul oorgrote verbasing tog nog iets kon sê: "Is so-iets dan denkbaar en moontlik? Hierdie heel eenvoudige, beskeie mens moet die draer wees van die Allerhoogste, Goddelike Wese? Watter oortuigende bewyse het jy daarvoor? Weet jy dan nie dat `n mens baie op sy hoede moet wees om nie deur onversigtigheid te verval in duistere, bygelowige afgodery, wat uiteindelik erger sou kon wees as duisend nog so versluierde I-sis-beelde? Dink eers aan die gevare en dwaalweë waarin ons tereg sou kon kom as dit ten slotte tog nie so sou wees nie! Dink eers aan die eindeloos kolossale begrippe wat ons oor die wese van die oergoddelike Wese in Memphis en by name by die groot rotstempel kry uit die mond van die wyse owerste - en dit sou alles saam in hierdie mens verborge moes wees?! Alles kan by God natuurlik moontlik wees, maar hier lyk dit vir ons baie onwaarskynlik! Watter oortuigende bewyse het jy dan daarvoor?

[2] Ja, as dit is soos wat jy aan ons met jou gesigsuitdrukking, wat altyd baie waarheidsgetrou is, nou vertel het, dan sou ons inderdaad die hoogste van die allerhoogste gevind het; ons lewe sou sy mees verhewe doel, sou sigself in sy oorsprong gevind het en vir ons sou niks meer te ontdek en te soek oorbly nie! Want wie homself en God, die oorsprong van alle bestaan, gevind het, het alles gevind en het die ewyde en salige doel wat die owerste ons getoon het, volkome bereik!

[3] Maar dat ons dít alles hier sou gevind het, moet streng en baie duidelik aangetoon en bewys word, omdat jy en ons met jou anders uit te groot liggelowigheid, waarteen die owerste ons bo alles gewaarsku het, maar al te maklik, soos wat ons al vroeër opgemerk het, in die grootste dwalinge sou kon laat verval het!

[4] Kyk eers na die oneindige groot uitspansel met die tallose baie sterre, wat volgens `n heel geheime mededeling van die owerste louter reusagtige wêrelde moet wees en net vanweë die onmeetlike afstande so klein daar sou uitsien! Kyk na hierdie oorgrote aarde van ons en alles wat daarop leef en beweeg! Kyk na die see, die magtige Nyl, die sand, die gras, die tallose struike en bome en al die diere in die water, op die grond en in die lug! Kyk na die wolke aan die hemel en hul krag, na die maan, die son! Kan jy jou ook maar by benadering indink en op die een of ander wyse verstandelik voorstel dat hierdie mens, wat verder beslis uiters wys is, vanuit hierdie aardoppervlak, wat eintlik skaars `n hand breed is, die hele, ewige oneindigheid van die kleinste tot die grootste kan oorskou, onderhou, lei en bestuur? Ja, Hy kan as `n man wat goed vertroud is met die geheime kragte van die natuur vir ons selfs wonderwerke doen soos wat ons daar in Cahirou en Alexandrië `n aantal gesien het; maar wat stel dit voor vergeleke met die ewige oneindigheid en sy tallose, aan ons ewig onbekende wesens en dinge?!

[5] Dink daaraan hoe nadruklik die owerste ons gewaarsku het teen sulke korrupte goëlaars en towenaars, soos wat hy hulle noem! `n Mens wat sy toorkuns ook nog verbind met sedelike wysheid sou, soos wat die owerste dit sê, homself met die grootste gemak tot heerser van die aardse mense en uiteindelik selfs tot god maak en hierdie mens lyk vir ons tot op hede daarvoor ryklik baie aanleg te hê! Daarom moet ons hier besonder op ons hoede wees en bewyse verlang wat in alle opsigte geskik is om die komende, uiters belangrike saak die nodige lig te gee! Want hoe groter, meer gewyd en belangriker `n saak is of skyn te word, des te meer moet daarby alle ligsinnigheid vermy word!

[6] As dit gaan om die verwydering van `n lastige klein klippie wat in `n voetpad lê, is daar geen spesiale oorleg nodig oor die wyse waarop mens so `n klip moet verwyder nie. Die eerste die beste tel dit op en gooi dit êrens heen waar dit niemand hinder nie. Maar dit is `n heel ander saak as `n enorm groot rotsblok van `n berg na benede geval het, `n smal pad versper en daardeur skeiding teweegbring tussen mense, bure, ouers en kinders, broers en susters! Ag, dan sal die hele gemeente beraadslaag oor wat daar gedoen moet word; want die pad moet weer begaanbaar gemaak word! Maar hier gaan dit om die allerbelangrikste oomblik van ons lewe, waarvoor ons almal die baie ver en buitengewoon moeilike reis onderneem het!

[7] Is ons op die regte plek volgens jou visioene, dan het ons alles gewen en dít sal afdoende bewyse ons sekerlik aantoon; indien ons egter nog lank nie op die regte plek is nie, dan moet ons onverrigter sake huis toe gaan of ons reis verder voortsit nadat ons die opregte oppasser betaal het vir wat ons hier gebruik het. Maar sê jy nou onomwonde of jy, hoe dan ook, bewyse in die hande het vir wat jy ons oor dié man gesê het en welke!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205