Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die wese van die dors na kennis

21 Cyrenius vra my egter heimlik wat daar nou met hierdie man gedoen kan word.

[2] Ek antwoord: "Nog baie! Hulle sal ook baie bekwame werktuie vir ons word, maar nou het hulle bietjie rus nodig en daarom laat Ek hulle so onverskillig word.

[3] Glo My! `n Siel wat eenmaal verlang na hoër kennis, gee haarself nie so maklik oor aan volledige dadeloosheid nie! Dit gaan met so `n siel soos `n pas verloofde jongman wat sielsverlief is op die uitverkore meisie. Die meisie, wat wel `n meisie is, maar geen eersame maagd nie, val egter nie so swaar vir die liefde van haar verloofde nie en dink: 'Voor hom eers honderd ander!'

[4] Maar na `n rukkie kom dit die verloofde ter ore en sy hart word baie bedroef. Vererg en kwaad neem hy homself ernstig voor om nie meer aan die trouelose meisie te dink nie. Hoe meer hy dit egter vir hom voorneem, des te meer dink hy aan haar en heimlik hoop hy dat al die erge wat hy van buitestanders oor die meisie gehoor het, `n growwe leuen mag wees.

[5] Maar ten slotte sien hy self die meisie met `n ander! Nou kan hy heimlik wel van kwaadheid uit sy vel spring en met alle geweld wil hy nie meer aan die trouelose dink nie. Dan word hy egter deur sulke witwarm gedagtes gepla, dat hy hom nie meer met ander gesonder gedagtes kan besighou nie. Dag en nag vind hy nóg rus nóg duurte, hy sug en ween dikwels bitter en verwens die trouelose.

[6] Ja, maar waarom dan tog? Het hy hom nie vas voorgeneem om nooit weer aan die nikswerd te dink nie?

[7] Maar dan kom, as hy hom so kwel, `n egte vriend hom opsoek en sê: 'Vriend, jy doen jou verloofde tog regtig `n onreg aan! Kyk, met haar skynbare ligsinnigheid het sy slegs jou liefde wou ondersoek, want sy weet maar al te goed dat sy arm is terwyl jy ryk is. Sy verstaan skaars hoe dit moontlik is dat jy haar tot jou wettige vrou sou kon neem. Sy beskou jou plegtig beloofde liefde vir meer as die helfte as foppery en wil jou vir die werklike huweliksbelofte bietjie aan die tand gevoel het, om te sien of jy haar wel so liefhet soos wat jou woorde sê! Want die ervaring leer arme meisies treurig genoeg maar al te dikwels dat sulke ryk jongmans soos wat jy is, `n ligsinnige en losbandige spel met die arme meisies speel. Jou meisie het nou gesien dat jy dit tog ernstig met haar bedoel het en hou daarom meer van jou as wat jy ooit sou kon glo. Sedert sy met jou verloof is, was sy jou in haar hart ook nie weer ontrou nie. - Nou weet jy, blinde dweper, hoe julle verhouding is! Doen nou wat jy wil!'

[8] Cyrenius, dink jy miskien dat die so diep beledigde minnaar nou van die arme, maar mooiste meisie niks meer wil hoor of sien nie, soos wat hy hom dit voorgeneem het? O, sekerlik nie! Die woorde van sy vriend maak hom gelukkig en hy kan nouliks wag vir die oomblik waarop hy sy geliefde vir altyd sy hand sal skenk.

[9] En so sal dit ook met ons Zinka gaan! Hy eet en drink nou weliswaar asof die wonderbaarlike hom glad nie meer interesseer nie, maar in sy binneste is hy nou baie meer daarmee besig as wat hy ooit vroeër was. Geen bekommernis dus daaroor nie!

[10] Ek ken alle mense en weet wat daar alles in hulle harte omgaan. Bowendien bestuur ook Ek alleen die gevoelens in die hart. Waar dit nodig is, weet Ek wat My te doen staan. Laat ons dus opgewek wees en eet en drink wat ons voorgesit is, want ons het vir vanmiddag bietjie meer liggaamlike versterking nodig en sal laat by die aandete kom!"

[11] Almal is nou regtig opgewek en bly en baie loof JaHWeH God. `n Paar begin selfs te sing, maar behalwe Herme is daar niemand wat goed kan sing nie. Van verskeie kante word hy gevra om iets te sing, maar hy het nie soveel sin daarin nie omdat hy bang is vir kritiek van die Romeine, wat nogal gevoelige ore het, en daarom gee hy hom nie gou gewonne nie.

[12] Hy sê: "My vriende en meesters! Vir JaHWeH God sing ek `n lied in my hart. Die God van Israel hoor dit sekerlik met welgevalle! As ek daardie selfde lied hardop voor u ore sou sing, sou dit u vanweë `n enkele valse toon waarskynlik nie geval nie. Dit sou my dan met skaamte en ergernis vervul, wat nóg vir my nóg vir u goed sou wees en daarom sing ek daardie lied van my hart liewer nie hardop maar baie stil in my hart. Die Een vir wie dit bestem is, hoor dit verseker!"

[13] Ek sê: "Jy het gelyk, Herme, sing maar altyd so in jou hart! Daardie gesang klink in die ore van God baie aangenamer as die harde, sinlose geskal waardeur slegs die liggaamlike oor gekielie word, maar waarby die hart koud en onaangedaan bly.

[14] As daar by geleenthede ook met die mond gesing word, moet dit dan net gebeur as die hart deur die gevoel van die liefde reeds so oorvol is dat sy haarself deur die stemgeluid moet uiter om in `n sekere sin nie te stik in die kragtige opwelling van liefde tot God nie. Vanselfsprekend is ook dan die uiterlike gesang vir God welgevallig, maar dit moet met `n suiwer stem gesing word, wat die gemoed nog meer sal verhef.

[15] Want `n onreine en onwelluidende stem is soos troebel moeraswater wat op `n laaiende vlam gegiet word! Die gevolge daarvan kan elkeen van julle hom maklik indink."

[16] Nadat Ek hierdie uitleg oor die singery gegee het, sê die lieflike Jarah vir My: "Maar Heer, hoe sou dit dan wees - omdat ons nou so opgewek bymekaar sit - as RafaEl ons eers iets voorsing?"

[17] Ek sê op skertsende toon vir haar: "Vra dit vir hom! Miskien doen hy dit om jou te plesier. Ek het natuurlik niks daarop teë nie."

[18] Jarah gryp nou dadelik vir RafaEl vas en vra hom dringend om iets te sing.

[19] En RafaEl sê: "Jy weet nog gewis nie hoe ons sing nie, maar by voorbaat sê ek al vir jou dat jy my stem nie lank sal kan verdra nie. Dit klink te aangrypend en moet ook so klink vanweë die suiwere elemente waardeur dit gevorm is. Jou liggaam kan die klank van my stem glad nie verdra nie. As ek `n kwartier vir jou sing, sal jy sterf deur die suiwere lieflikheid van die geluid van my stem, wat met niks op aarde te vergelyk is nie! Lieflike, sê my nou of jy my wil hoor sing, dan sal ek sing. Maar watter uitwerking my sang op jou liggaam sal hê, kan ek nouliks vooruit sê!"

[20] Jarah sê: "Sing dan in elk geval één enkele toon. Dit sal my tog sekerlik geen kwaad doen, of selfs dood nie!"

[21] RafaEl sê: "Goed, ek sal slegs één toon vir jou sing en almal wat hier is sal dit hoor en ook diegene wat taamlik ver hiervandaan woon, sodat hulle op soek sal gaan na die geluid wat hulle gehoor het! Ekself moet my vir `n paar oomblikke daarvoor voorberei! Hou jy jou maar gereed daarvoor, want ook die éen toon sal `n enorme uitwerking op jou hê!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205