Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 210

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor die onbedorwe oertoestand van die mens

210 Ek sê: "Nie net `n paar nie, maar nog heelwat baie woorde sal Ek nou tot julle rig! Ek sal julle geen nuwe wette gee nie, maar slegs die oues bekragtig wat Ek Self reeds vanaf die begin van die tye met onverwoesbare skrif in julle harte geskryf het.

[2] Ek het eintlik en vernaamlik in hierdie wêreld gekom om die geheel ontaarde mensdom, wat My oorspronklike orde heeltemal verlaat het, weer deur lesse, voorbeelde en dade in die oertoestand terug te bring waarin die eerste mense hulle bevind het, wat ware heersers oor alle ander skepsels was.

[3] Hierdie mense met die ligte velkleur het daarom My lesse en My dade baie hard nodig om te besef wie Die Een is wat hulle leer en wat Sy wil is. Julle bevind julleself egter nog in die heerlike oertoestand. Julle lewenskool begin met die korrekte middele ook op die korrekte plek. Julle begin die mens eers daar as mens te vorm, waar hy die eerstens en voor alles gevorm moet word, en dit moet die blankes in die vervolg ook doen, want Ek wys hulle nou die weg daartoe.

[4] Maar dit sal nog baie moeite, lesse en dade en tyd kos voor hierdie blankes sover sal kom as wat julle nou is. Hulle is die verdwaaldes, die verkeerdes, die verlorenes wat op die regte weg gebring moet word; hulle is siek en het daarom `n Dokter nodig wat hulle kan genees.

[5] Ek kon ook na julle toe gekom het, omdat julle nou tog onvergelyklik veel beter is as die blankes; maar julle het My koms nog nooit nodig gehad nie. Ek het julle nou egter hier nodig as getuies van My oorspronklike orde, en laat julle daarom nou deur My wil lei en het julle ten slotte selfs aangespoor om hierheen te kom, sodat die blankes kan sien wat die mens in sy onbedorwe oertoestand is en moet wees.

[6] Daarom sal julle nou hierdie mense iets laat sien van wat julle as egte oermense kan doen, om daarmee hierdie talle blinde broeders van julle wat nog baie verkeerd is, `n les te leer! Daar is al enkeles by wat baie naby die voltooiing staan, maar as mens is geeneen van hulle so ver as wat die minste onder julle is nie! Wil julle dit vir My doen?"

[7] Oubratouvishar sê: "O Heer, wie se Liefde, Goedheid en Medelye nou reeds die ruimte van die oneindigheid vervul, waarin eers na verloop van ewigheid nuwe skeppings U mees heilige Naam in diepe wroeging sal prys, wat sal ons nie dadelik met die grootste oorgawe aan U heilige wil doen nie? Alles, alles! O Heer, sê maar wat ons moet doen!"

[8] Ek sê: "Nou dan, toon dan eers julle oermenslike beheersing van die element van die water, en loop oor die oppervlakte daarvan soos oor `n droë, vaste vloer en toon ook julle groot behendigheid op die vogtige vlak!"

[9] Dadelik roep die aanvoerder ongeveer sestig van sy pikswart metgeselle, en vra My of dit genoeg was. Ek bevestig dit en die sestig, manne sowel as vroue, gaan na die see en loop daaroor net so goed as op die droë grond. Ten slotte maak hulle etlike glybewegings en skiet met so `n snelheid herwaarts en derwaarts oor die taamlik rustige oppervlak dat geen swaeltjie hulle in sy snelste duikvlugte sou ingehaal het nie. Binne enkele oomblikke was hulle reeds so ver van ons af verwyder dat ons hulle nie meer kon sien nie en `n paar oomblikke later kom hulle weer orkaanagtig tot baie naby aan die oewer tot stilstand.

[10] Cyrenius se hare rys orent toe die sestig, asof hulle vlieg, op die oewer afstorm; hulle kom maar net tot vyftig treë van die oewer af en bly plotseling daar staan. Net die aanvoerder kom oor land, baie rustig asemhalend, na My toe en vra My of hy nog `n paar voorstellings op die water moes gee.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205