|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 243
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die noodsaaklikheid van aardse beproewing
243 Ek sê: "Ja ja, dit is nou juis die moeilikheid, wat Ek na die uitleg oor die brein nie net in jou, maar in `n aantal van julle ontdek het, en Ek het julle juis daarom uitgenooi om vrae te stel.
[2] Dit spreek immers vanself, dat God, as die hoogste en suiwerste liefde, wat van ewigheid onveranderlik dieselfde is, nooit op een of ander wyse liefdeloos kan wees nie, en dat Hy al Sy ten dienste staande middele soveel moontlik sal aanwend om `n siel, hoe siek sy ook al is, te genees. Maar die eie karakteristieke persoonlikheid van die siel kan Hy nie aantas nie, Hy moet dit vir haar as selfstandigheid laat en die siel in sodanige toestande tereg laat kom, dat dit haar, as al die ander tot niks lei nie, deur `n soort les op `n goeie spoor gebring word!
[3] In `n ekstreme geval kan hierdie weg natuurlik ook maar `n besondere langdurige tydperk word, maar dan dra niemand anders daaraan skuld as die te star en eiesinnig geworde siel nie, wat dit natuurlik meestal maar net word as gevolg van dit wat Ek julle vroeër oor haar onvolmaaktheid vertel en uitgelê het.
[4] Dit lê egter by die kragtige, eie wil van die siel; sy wil dit so hê en sy doen maar net wat sy goeddink! Wel, dan help geen almagtige en dus baie kragtige teenwerkinge nie, want dit sou die allerongehoordste kwellinge aan die siel besorg! - want alreeds besorg die minste inmenging haar die onnoemlikste pyne, wat sou sy dan by `n baie sterk inmenging moet verduur?!
[5] God is Self die grootste vuur van al die vure en die sterkste lig van al die ligte! Maar wie kan vuur verdra, as hy self geen vuur is nie, en die grootste lig, as hy self geen lig is nie?! Kyk eers na die linker brein, wat nog hier aanwesig is. Sien jy enige vuur daarin, of `n liggie die grootte van die lig van `n heliotroopkewertjie (vuurvliegie) in die nag? Wat is dan nodig voordat die brein `n hele vuur en stralende lig word?!
[6] As Ek egter My invloed met alle krag hier moet laat geld, dan sal jy beide linker harsingsdele nie meer sien nie; want dit sal dadelik in vuurtongetjies opgelos word, wat jy tog wel ken, en dit sal versprei totdat hulle My sal wil pak en `n nuwe wese daaruit wil vorm. Maar hoe gaan dit dan met die huidige wese?!
[7] Sodat geen wese wat eenmaal bestaan het, ewig ooit op enige manier in sy geestelike sfeer vernietig kan word en nie in `n ander wese kan oorgaan en die oorspronklike persoonlikheid kan verloor nie, is in die opsig vir My ewig onveranderlike vasgestelde orde immers ook goed! En ook al het `n siel nog so lank nodig om volmaak te word, dan bly sy tog haar oorspronklike ‘ek’ behou en sy sal haarself as sodanig ook vir ewig onveranderlik herken, wat dan hopelik tog meer troos sal gee as wanneer die siel heeltemal uiteengeval en in `n ander individu sou oorgaan, waarby alle herinnering aan `n vroeëre bestaan noodsaaklikergewys sou moes verdwyn en waar geen spoor van `n vroeëre konkrete bestaan sou oorbly nie! Waarvoor sou `n voorafgaande lewe dan, waarin mens vry oor homself mag beslis, goed gewees het? Sou `n mens dan beter daaraan toe gewees het as `n kruipende wurm in die stof?!
[8] Die voorafgaande lewe is tog meestal geseënd met allerlei lyding. Die mens, al is hy ook `n koningseun, moet vanaf sy geboorte tot aan die graf dikwels baie swaar beproewinge deurstaan. Hy het dikwels duisende planne gemaak wat hy alles so geslaagd as moontlik sou wou uitvoer, maar daar doem weldra onvoorsiene hindernisse op en van al die mooi planne kom niks tereg nie. In plaas daarvan kom daar allerlei vertwyfelinge, siektes, ergernisse, - kortom op één aangename dag volg gewoonlik vyf dae wat niks goeds oplewer nie, en elke lewensjaar lewer seker dertig buitengewone slegte dae op!"
|
|
|
|
|