Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 231

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die seën van `n verwekking volgens die gestelde orde

231 (Die Heer:) "Wel, waar ontug en hoerery by die mense as `n ware pes vir die siel om haar heen gegryp het, het die prediking van die evangelie geen sin meer nie! Want hoe sou mens vir dowe ore moet en kon spreek en vir blinde oë tekens doen? Waar die Waarheid egter nie gepredik word nie, en nie meer gepredik kan word nie, terwyl Sy die enigste is wat siele kan sterk en vrymaak en deur en deur verlig, omdat die siel slegs maar deur die Waarheid werksaam, vol liefde en bygevolg ook vol lig word, hoe sou daar dan van êrens anders vandaan `n lig in die siel moet kom, en waaruit sou sy dan, behalwe juis uit die lig van die waarheid in die siel, die uitstralende lewensfeer moet vorm?!

[2] By `n volk waar ontug en hoerery dus hoogty vier, besit die mense glad geen uitstralende lewensfeer nie; hulle is traag, laf en gevoelloos en niks besorg hul nog `n verheffende en gelukkigstemmende genoeë nie, en `n mooi vorm of gestalte doen niks aan hulle nie. Hulle lewe slegs vir die stomme, dierlike genot waarheen hulle liggaam hulle dryf; vir al die ander dinge het hulle of heel weinig, of heeltemal geen gevoel nie!

[3] Sorg daarom bo alles dat hierdie sonde nêrens om hulle heen gryp nie, en egpare moet maar net dit doen wat beslis noodsaaklik is vir die verwekking van `n mens!

[4] Wie sy vrou lastig val tydens haar swangerskap, bederf die vrug alreeds in die moederliggaam en plant die gees van die ontug daarin; want die gees wat die egpaar dwing en prikkel om meer as wat volgens die natuur noodsaaklik is, gemeenskap te hê, dieselfde gaan gees dan versterk oor in die vrug.

[5] Daarom moet daar ook by die verwekking goed en baie gewetensvol daarop gelet word dat die gemeenskap ten eerste nie uit lae wellus moet plaasvind nie, maar uit ware liefde en geestelike toenadering, - en ten tweede dat die vrou, sodra sy verwagtend is, nog ruim sewe weke na die geboorte van haar vrug met rus gelaat word!

[6] Kinders wat so volgens die reëls verwek word en in die moederliggaam ongestoord tot volle rypheid gekom het, sal eerstens al met `n meer volmaakte siel in die wêreld inkom, omdat die siel in `n volmaak rypgemaakte organisme beslis vroeër en makliker vir haar geestelike sentrum sal kan sorg as by `n heeltemal bedorwe siel, waarin sy steeds maar moet verbeter en herstel, en tweedens is sy self suiwerder en ligter, omdat sy nie verontreinig was deur die wulpse, ontugtige geeste, wat dikwels daagliks deur die wellustige nabevrugting in die vlees en ook in die siel van die embrio saam verwek word.

[7] Hoe maklik kan so `n siel haar hart nie reeds in die teerste kindertyd, as `n Samuel, uit ware kinderlike, heel onskuldige liefde tot God verhef nie! En wat `n glansryke grondskets van die oerlewe word nie op hierdie wyse uit die ware diepte van die hart vóór elke materiële skets in die jong, tere brein, soos stralende lig en helder ingeprent nie, waardeur die kind in die lig dan die later komende beelde uit die materiële wêreld op die korrekte wyse kan beoordeel betreffende betekenis en verband, omdat hierdie beelde op `n verligte en lewensegte ondergrond in `n sekere sin ingeplant en uitgebrei word en as te ware in hul deel ontleed en, omdat hulle deur en deur verlig is, deur die siel ook maklik deur en deur gesien en begryp word.

[8] By sulke kinders begin `n uitstralende lewensfeer reeds te vorm, en hulle word baie gou moeiteloos heldersiende, en alles wat hulself binne My orde bevind, sal hulle na hul wil begin te rig. - Hoe vergelyk die kinders wat reeds in die moederliggaam bedorwe is, daarmee? Ek sê vir julle: Nouliks meer as skynbaar lewende skadubeelde van die lewe nie! En wat is die vernaamste oorsaak daarvan? Dit, wat Ek julle nou al voldoende as gevolg van die wellus beskryf het!

[9] Wanneer My woord later deur julle gepredik gaan word, moet hierdie les nie ontbreek nie; want dit bewerk die grond en die bodem van die lewe en maak dit vry van alle dorings en struikgewas en distels, waarvan`n mens nog nooit druiwe en vye geoes het nie. As die grond en die bodem eenmaal gereinig is, is dit nie moeilik om die edele lewenssaad in die lig deurdronge hart, en deur die vlam van die liefde met lewe verwarmde, vore te strooi nie. Nie één korreltjie sal daar val sonder om dadelik te ontkiem en homself gou te ontplooi vir die dra van `n ryk lewensvrug! Maar op wilde, ongereinigde grond kan julle saai wat julle wil, maar julle sal daarmee tog nooit `n geseënde oes uithaal nie!

[10] Want `n mens wat My woord uitdra en onder die mense uitstrooi, lyk soos `n saaier wat pragtige koring neem en dit op elke bodem strooi waarby hy maar gekom het.

[11] Baie val daar op onvrugbare sand en rotse. Toe dit daarna reën, begin die korrels wel baie teer te ontkiem en te vorm, maar die reën hou weldra op en daar kom winde en die gloeiende strale van die son, en dit verdryf weldra alle vog van die harde bodem en daarmee sterf ook die tere, nouliks uitgelope ontkieming, en daar kom geen vrug te voorskyn nie.

[12] `n Ander deel val egter onder doringstruike en vind daar vog en ontkiem goed en groei op; maar baie gou word dit deur die onkruid van die wêreldse begeerte oorwoeker en verstik, en dit lewer daarom ook geen vrug nie.

[13] `n Deel val egter op die openbare weg; dit ontkiem selfs ook nie, maar word dadelik vir `n deel platgetrap en vir `n deel deur die voëls uit die lug opgeëet! Dat dit ook geen vrug oplewer nie, hoef nie ekstra vermeld te word nie.

[14] Slegs één deel val in die goeie aarde; dit ontkiem, groei goed op en gee `n goeie en ryk oes.

[15] Die beeld dien om julle te laat besef dat `n mens nie die pêrels vir die swyne moet werp nie! Dit gaan daar veral om die bodem ten eerste te reinig en te bemes, en dan eers daarop te begin met die uitsaai van die saad van die lewende woord, dan sal die swaar werk beslis geen vergeefse moeite gewees het nie! Want by die werk van die verspreiding van My lewende woord is net `n goeie wil nie voldoende nie; `n korrekte en ware lewenswysheid moet daarby leiding gee, - as `n verspreider van My woord maar net `n goeie en vaste wil gehad het, sou jy hom kon vergelyk het met die profeet Bileam, wie se esel wyser was as hyself!

[16] Kyk, vriend Cyrenius, in alles wat Ek vir jou tot op hede gesê het, het jy weliswaar nie die antwoord op jou vraag as sodanig gekry nie, en in jou hart staan jy nog steeds op die punt om My daaraan te herinner, - maar Ek sê vir jou dat as daar dadelik aan jou verlange voldoen sou gewees het, dit van weinig nut vir jou sou gewees het as Ek dit nie eers vooraf laat gaan het nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205