|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 208
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Verskillende sedes
208 Nou staan ons eindelik op van ons tafels en gaan vinnig na die More toe, terwyl die mooi môreson juis weer haar natuurlike, ligtende glans aanneem. Toe Ek daar aankom, staan hulle almal van hul lang tafels af op en maak met die hande oor hul bors gekruis, baie eerbiedig `n buiging voor My.
[2] En die aanvoerder sê in goeie Galilese Hebreeus: "Heer, Heer, Heer! Daar is nou geen ongelowige meer onder ons nie! Elke woord uit U heilige mond sal vir ons `n onmeetbare, groot barmhartigheid van U waaragtige vriendelikheid en erbarming wees vir alle tye van die tye, ja tot in ewigheid!
[3] Ewige Heilige, as U ons swartvelle waardig genoeg ag om ons meer te vertel oor ons en ons pligte en vervolgens ook oor U Wese, maak ons dan geseënd deur woorde uit U mond, en dan sal ons onsself daardeur vir alle tye van die tye, ook nog tot in ons laaste nakomelinge, oorgelukkig voel om U as Skepper en Heer van die hele sintuiglik waarneembare- en geesteswêreld te gesien het en met U te gepraat het!
[4] Die ligglans, wat ek in my visioene as `n lewende stralekrans om U heilige Wese gesien het, is nou sigbaar in U groot liefde en vriendelikheid en in U Wysheid, wat Haar weergawe nie in die hele oneindigheid ken nie.
[5] Ons is nou as gewillige lammers, al is ons dan begroei met swart wol; maar soos wat die swart kleur sekerlik meer lig en warmte in homself opneem as die wit - waarom ons ook wit kleding dra om die meeste lig en warmte van ons af te hou -, so glo ek dat ons swartvelle ook die heilige lig van U Gees dieper en intensiewer in ons hart sal opneem as sovele waarvan die liggaam gehul is in `n wit vel, maar by wie die gemoed die geestelike lig sterker afstoot as wat ons wit kleding die natuurlike lig en die warmte afstoot. Daarvan het ons genoeg voorbeelde in die groot Memphis aangetref, wat die owerste “bewegende lewenskaduwees” genoem het. Die mense lewe net soos eendagsvlieë, wat in die môre geskape word en wat in die aand weer sterf.
[6] Weliswaar het ons ook niks waarop ons onsself teenoor U, o Heer, sou kan beroem nie, maar ons weet goed dat ons maar net mense is en dat ons almal werke is van één en dieselfde Skepper, en ons daarom ook onsself nooit kan inbeeld dat die een bo die ander moet wees nie, asof hy in alle erns `n soort heersende halfgod sou wees. Iets dergeliks sien ons by die Blankes, waar daar een is wat hom verbeel om heerser te wees en alle ander tot op die grond voor hom moet buig, terwyl diegene wat dit nie doen nie, dadelik met stokke geslaan word. Heer, hierdie gebruik van die Blankes geval ons nie heeltemal nie, en die straf gee `n aanduiding van min wysheid!
[7] Ons slaan ons kinders nooit nie, ook nie diere nie; maar ons het geduld en kan wag en oefen ons kinders voortdurend in alles wat ons goed, waar en noodsaaklik vind. Sodra ons kinders groot, kragtig en verstandig geword het, behandel ons hulle nie meer as ons lewenslange slawe nie, maar as ons broers en as mense wat heeltemal gelykwaardig aan ons is en wat net soos ons en ons ouers met alle lewensregte uit God se hand voortgekom het. En tog hou ons kinders baie van ons en nooit doen enige seun of dogter dan ook ooit `n onreg teen vader of moeder nie!
[8] By die Blankes sien ons die kinders van angs kruip en soos honde kerm onder die streng blikke van hul ouers! Mens sou byna nie kan glo dat hulle so engele kan word nie. Maar wanneer sulke kinders by bepaalde geleenthede sonder toesig van hul ouers is, verander hulle en sou `n mens hulle maklik sonder meer as leerlinge van die duiwel kon beskou, wat, soos wat die owerste in Memphis ons vertel het, die barre klowe van die aarde onveilig maak. Vir so `n opvoeding van mense sou ons vir ewig en altyd nee dankie wil sê!"
|
|
|
|
|