Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 233

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die samehang van die harsings in die voor- en agterhoof

233 (Die Heer:) "Maar nou blaas Ek nog `n keer op ons vier harsingshope en dan sal jy ook iets soortgelyks sien soos die obeliske*), wat twee aan twee voor die piramides staan. Die obeliske was egter vir `n ander doel bestem as die suiltjies wat twee aan twee voor elke vlak van die harsingspiramideplaatjies staan, want die obeliske voor die piramides dui slegs daarop dat die wysheid in die piramides gesoek moes word, wat ewenwel slegs vir mense, wat sigbaar rein was, toeganklik was. *(hoë, vrystaande vierkantige suil, wat van bo smaller word na benede, en aan die boonste-sye in `n piramidevormige spits uitloop)

[2] Die twee suiltjies voor die vlakke van die harsingsplaatjies, waarvan elke harsingspiramide dus agt daarvan besit, is die skryfstafies wat deur middel van die beweging van die harsingsenuwee wat daarvoor bestem is, wat heel kunstig en organies-meganies met die gesigs- en gehoorsenuwee in verbinding staan, die plaatjies is wat volgens bepaalde reëls beskryf of met nog ander ooreenkomstige, geestelike, ligtende beelde gevul is.

[3] Let nou egter heel spesiaal op alles wat daar sal gebeur! Ons sal nou hierdie skryfstafies met limf vul en ons waarnemings sal eerste by die geordende geheue begin! - Ek wil dat die plaatjies van hierdie harsings eers op ordelike wyse, uitgaande van die gemoed, sowel aan die kant van die gesig as van die gehoor in geheel volgens die reëls beskrywe word!"

[4] Almal span hul oë toe soveel moontlik in en staar met die grootste aandag na ons harsing-apparaat. Ek moes weliswaar die ligtende beelde ook hier deur stoflike, fel lig laat ontstaan, want met die lig van die siel sou daar vir die liggaamlike oë van My leerlinge so goed as niks te sien gewees het nie. - Wat sien die aandagtige toeskouers toe?

[5] Hulle sien, dat daar uit die suiltjies rosige en blouerige sterretjies oor die harsingsplaatjies stroom en wel op so `n wyse dat `n baie skerp oog in hierdie tallose sterretjies op die harsingsplaatjies allerlei wonderlike, miniatuur beelde begin ontdek.

[6] Ek maak vir die oomblik weliswaar ook dat die oë van die toeskouers etlike oomblikke lank die sterk vergrotende eienskap van `n mikroskoop kry, wat hier noodsaaklik was, omdat die toeskouers anders nie baie van die wonderbaarlik getekende, ligtende beelde en -vorme sou kon waargeneem het nie. Daarvoor was die aanvanklike, tienvoudige vergroting van die harsingpiramide nie voldoende nie. Maar omdat hulle nou die harsingplaatjies duisendmaal vergroot sien, kon hulle tog al heelwat ontdek.

[7] Ek vra nou dan ook aan Cyrenius wat hy aan almal wil sê. En hy sê: "Heer, wonder na wonder! Uit die besondere beweeglike, voor die piramide staande obeliske, wat oor die algehele lengte aan alle kante uit baie organe bestaan, stroom daar voortdurend sterretjies met `n ligrosige- ligblou kleur. Beide, sê maar, voelhorings van elk van die vier piramidevlakke is ononderbroke besig en beweeg met hul vonkesproeiende punte voortdurend naarstiglik oor die piramidevlak wat voor hulle staan en bestrooi dit met die sterretjies. Jy sou dink dat daar deur die skynbaar sinlose en willekeurige rondbeweeg oor die driehoekige vlak niks anders as krabbels te voorskyn kan kom nie, maar soos vanself groei daar allerlei ordelike vorme uit, en dit sien daar baie mooi uit.

[8] Ek merk nou dat beide suiltjies heeltemal tot rus kom sodra `n vlak eenmaal volgeteken is. Dit is egter nouliks te glo dat hierdie duisendmaal duisende tekens en beelde in so `n kort tydjie deur die twee lewende tekenstafies op één so `n driehoekige vlak geteken kon word! Die vorme is vir ons weliswaar nog baie klein, hoewel ons op so `n vlak sien soos die grootte van `n groot man; maar hierdie klein beeldjies en tekentjies staan daar so suiwer, dat mens hom niks suiwerders en volmaakter kan indink nie.

[9] Maar waarom is daar dan op die plaatjies in die agterhoof, wat volkome lyk soos die van die voorhoof, geen beelde te ontdek nie? Daarop sien ek niks anders as suiwer lyne, punte en ander haakvormig tekenwerk nie, waarvan ek niks verstaan nie. Wat is tog die betekenis daarvan?"

[10] Ek sê: "Dit is tekens van geluide en tekens van woorde; hulle staan egter nie op hulleself nie, maar hulle staan steeds in polêre verbinding met `n vlak van `n harsingplaatjie van die voorhoof, en die geluid of die begrip, wat deur middel van lyne, punte en ander haakvormige tekens op die plaatjies van die agterhoof aangebring word, word op dieselfde oomblik gewoonlik ook as `n ooreenkomstige beeldjie op die onderste liggende piramidevlak van die voorhoof opgeteken, en so aan die siel getoon sodat sy dit beter daardeur kan herken.

[11] Om dit tot stand te bring, moet daar `n aantal senuweedrade van elke harsingspiramide van die agterhoof af na die ooreenkomstige piramide van die voorhoof toe loop, omdat niemand andersins iets sal verstaan wat hy gehoor het nie, of `n duidelike voorstelling of begrip sou kon maak van `n omgewing of handeling wat met woorde beskryf is nie.

[12] Ongeartikuleerde klanke, ook musiek, word nie oorgedra nie, daarom kan geen mens hom dan ook van `n toon of `n harmonie of `n melodie een of ander beeld of ding voorstel nie; want soos wat gesê is, sulke klanke word nie weer geteken op die harsingsplaatjies van die voorhoof nie, maar bly slegs op `n passende piramidevlak van die agterhoof bewaar as lyne, punte en hakies.

[13] In plaas daarvan, gaan daar egter van die piramidevlakke in die agterhoof, waarop suiwer klanke opgeteken word, senuwees deur die ruggmurg na die senuwees in die maagholte en vandaar na die hart, en dit is waarom baie suiwer musiek veral op die gemoed inwerk, dit ontroer en dit dikwels teer en gevoelig maak.

[14] Maar uitgaande en opstygend uit die gemoed kan die note tog deur die lig van die liefde, deur middel van die sterretjies deur twee obeliske op die harsingsplaatjies, as vorme geteken word en dit is dan dikwels vir die siel ware wegwysers in die groot lewensale van die gees, en om hierdie rede kan goeie en baie suiwer musiek die siel baie behulpsaam wees om volledig een te word met haar gees. Leer en onderrig daarom ook die suiwer musiek, soos wat Dawid dit eens beoefen het!

[15] Dat baie suiwer musiek daartoe in staat sal wees, kan julle ook sien wanneer julle vyande en vriende in een gebied bymekaar bring en dan in hul midde suiwer musiek laat hoor, dan sal julle in plaas van vyande weldra maar net gemoedelike vriende sien. Maar hierdie uitwerking kan slegs met baie suiwer musiek bereik word; onsuiwer en laag-by-die-grondse musiek veroorsaak juis die teendeel.

[16] So het julle dan nou via `n omweg gesien dat klanke ook tog ook as iets sigbaar aan die siel voorgestel word, wel nie as afbeeldings van voorwerpe nie, maar tog as hoëre geestelike vorme, in die vorm van allerlei simbole, soos wat mens dit ook op die ou gedenktekens van Egipte aantref. Ek glo dat wat julle tot nou toe getoon is, taamlik duidelik sal wees, en daarom voeg Ek daar niks daarby nie, behalwe dat dit alles slegs by `n goedgeordende en onbedorwe brein sal voorkom wanneer dit, soos wat dit hoort, vooraf vanuit die gemoed gevorm is, waarby die harsingsplaatjies eers met lig met allerlei vorme van die siel en die gees beskrywe was."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205