Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Aankondiging van `n voorbeeld van die magnetiese slaap

42 (Die Heer:) "Sodat julle dit egter ook in die praktyk sal kan sien, sal Ek nou daarvoor sorg dat daar uit Césarea Philippi so `n dom en deur en deur slegte mens sal opdaag. Hy sal deur één van julle op hierdie wyse behandel word en julle sal sien en hoor hoe verbasingwekkend wys hierdie stompsinnige en slegte man in die ekstatiese slaap word. As hy daarna weer sal ontwaak, sal hy dadelik weer dieselfde slegte en bot man wees van voorheen, en dit sal ons moeite kos om hom langs die natuurlike weg ook maar enigermate beter insigte oor God en die mense by te bring."

[2] Cyrenius sê: "Heer! Daaroor verheug ek my al weer besonder, want daar sal weer baie ervaring opgedoen word en baie lering uit gehaal kan word! Is die genoemde persoon dalk al op weg hierheen?"

[3] Ek sê: "Ja wel, hy is op soek na jou en sal jou heel onbeskaamd om ondersteuning vra, omdat hy deur die brand `n hut, twee skape, `n bok en `n donkie verloor het. Hy het egter gehoor dat jy jou hier ophou, en die slagoffers hulp aanbied. Hierdie man, wat nog altyd sleg en dom was, is daarom onderweg om van jou vir sy gelyde skade vergoeding te kry. Maar eintlik het hy, ook al is hy `n arme drommel, nie soveel skade gely nie, want die twee skape het hy twee dae tevore, vóór die brand uitgebreek het, van iemand anders gesteel, en die donkie en die bok het hy homself al `n jaar gelede op dieselfde wyse toegeëien.

[4] Uit wat Ek jou nou vertel het, kan jy dus wel tot die slotsom kom dat ons nuwe aankomeling `n taamlike slegte deugniet is, wat bowendien ook nog regtig onnosel is, wat met sulke mense gebeur as gevolg van dierlike, blinde hebsug. Hy sou sy hut, insluitende sy eiendom heel maklik kon gered het, maar tydens die brand sluip hy steeds orals rond om langs onwettige weë homself die een en ander toe te eien. Wel, hy het egter niks gevind nie, en toe hy baie sleg gehumeurd huis toe gaan, vind hy sy hut soos `n fakkel brand en sy vier diere was reeds tot op die been verbrand.

[5] Tot nou toe kerm hy oor sy hut, maar toe hy `n uur gelede te wete gekom het dat jy weens genoemde redes hier oorbly, het hy, na nie baie nadenke nie, besluit om te kom kyk of jy werklik hier is, en of jy ook werklik die gelyde skade sal vergoed.

[6] Sodat jy nou vooraf weet met wat se mens ons hier baie binnekort te doene sal kry, en watter houding jy, altans in die begin, moet aanneem, het ek hom vooraf ietwat aan jou beskryf; die fynere besonderhede sal jy hierna wel self van hom te wete kom."

[7] Cyrenius vra: "Moet ek hom wel een of ander vergoeding laat gee?"

[8] Ek sê: "Voorlopig nie, want eers moet jy hom op eg Romeinse manier aan die tand voel. Eers nadat jy hom onder hande geneem het, as hy `n bietjie mensliker sal wees, sal die ander wel in orde kom! Zinka moet hom egter behandel, want hy het die meeste krag daarvoor. Ek sal Zinka vooraf My hande oplê sodat hy meer krag kan kry sodat die behandeling hom beter sal geluk."

[9] Maar Zinka, wat die hele tyd in My nabyheid was om geen woord te mis nie, tree na vore en sê: "Heer, hoe sal ek dit nou kan doen, terwyl ek nog baie min vertroud is met die manier van behandeling?"

[10] Ek sê: "Lê die regterhand op sy voorkop en die linker op die maagholte, en hy sal dadelik in die genoemde slaap val en ook dadelik begin praat, maar met `n swakker stem as die normale! As jy hom dan weer wil wek, hoef jy slegs vir enkele oomblikke jou hande andersom op te lê. Maar sodra hy ontwaak, trek jy jou hande terug en dan is die behandeling beëindig!"

[11] Zinka is dit nou met alles eens en ook rotsvas daarvan oortuig dat dit hom alles so sal geluk. Hy wag nou self verlangend op sy man - vra My egter tog of hy die behandeling dadelik by sy aankoms moet uitvoer en of hy op `n aanwysing moet wag.

[12] Ek sê: "Ek sal jou wel `n teken gee wanneer dit moet gebeur. Eers moet julle tog nog sy domheid en grofheid leer ken, dit wil sê, hoe siek sy siel wel is. Eers as julle hom voldoende daarin leer ken het, sal dit tyd word om sy siel in `n gesonde toestand te beskou en om daaruit te sien dat geeneen van julle mense `n ander mens, ook al lyk hy hóé verdorwe, mag veroordeel en in die algehele verderf mag verdoem nie, omdat elke siel nog `n gesonde lewenskiem in haar dra. - Maar berei julle voor en neem julle in ag, hy sal nou meteens hier wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205