Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die ewige grondwet van naasteliefde

39 "Kyk, die praktiese toepassing van alle wette van Moses en van alle voorspellings van alle profete bestaan uit die volgende: Jy moet jou God, jou ewige Vader, bo alles liefhê, en jou arm en dikwels siek broers en susters onder alle omstandighede net so lief soos jouself, dan sal julle as ware, geestelik gesonde kinders van die ewige Vader in die hemel ewe volmaak wees as wat Hyself volmaak is - en daarvoor is julle eintlik voorbestem! Want wie nie so volmaak word soos die Vader in die hemel volmaak is nie, sal nie na Hom toe kom en vir ewig aan Sy tafel eet nie.

[2] Kyk, My Cyrenius, dit omvat alles wat jy voorheen as `n moeilik te oorwonne, wêreldse kwaad gesien het! Weliswaar is die leuen in die wêreld onder die mense ingewortel en moeilik om te bestry, omdat dit `n erge, fundamentele siekte van die siel is, maar deur die waarheid te gebruik, wat uit liefde voortkom soos wat die lig uit die vlam kom, kan `n mens maklik met die leuen afreken. Wanneer jy egter lig nodig het vir die verligting van `n donker vertrek, sal mense jou wysheid prys as jy die vertrek dadelik maar eerder aan die brand steek en dit daardeur verwoes? Daarom moet My woord en My leer nie deur die swaard verkondig word nie!

[3] As jy iemand wat `n pynlike wond het wil genees, moet jy hom naas die wond wat genees moet word, nie `n nuwe en nog tienmaal erger een toedien nie. As jy dit wil doen, sal dit beter gewees het as jy die eerste wond ongenees gelaat het!

[4] Waarlik, wie My woord en My leer met die swaard in die hand wil verbrei, sal geen seën van My vir sy ywer ontvang nie, maar sal self in die grootste duisternis uitgestoot word! As jy snags `n vertrek met suiwer olielampe verlig, sal almal wat daarin is `n aangename lig hê; steek jy egter die hele vertrek aan die brand, dan sal almal jou begin te vervloek en jou as `n gevaarlike gek ontvlug.

[5] Wie preek om siele te genees, moet goed verstaanbaar maar tewens tog sagsinnig praat, en nie soos `n rasende, wat van woede en raserny skuimbek nie. Want `n van woede skuimbekkende mens verbeter niemand met sy woeste geskreeu nie! Hy maak dat die toehoorders hom bespot en uitlag, of hom, as hy nog harder begin te skreeu, uiteindelik selfs met knuppels en vuiste uit die gemeente stoot.

[6] Laat niemand ook versoenende woorde met sy broer spreek as hy self nog innerlik vererg is nie, want uiteindelik gee hy sy ergernis in sy geesdrif te veel lug en word kwaad. Daardeur het hy sy broer nie net onvergewensgesind gemaak nie, maar net nog meer tot die teendeel geprikkel en daarmee die goeie doel wat hy hom voorgestel het, ver op die agtergrond weggedruk!

[7] Ja, julle moet by die uitbreiding van My leer altyd vriendelik kyk, want met My leer kom julle tog met die aangenaamste en verheugendste berig uit die hemele na die mense toe en julle moet hulle dit ook met blye en vriendelike gedrag meedeel!

[8] Wat sou iemand vir jou sê as jy na hom toe sou kom en hom uitnooi na `n feesmaal, maar die uitnodiging soos volg inklee: 'Luister, onwaardige, deur God vervloekte sondaar! Ek haat jou weliswaar vanweë jou sondes en God se geregtigheid, maar tog het ek gekom om jou met al my ten diens staande middele te dwing om na my feesmaal te kom, omdat ek jou andersins vir altyd sal vervloek en verdoem. Maar as jy kom, kan jy, ten minste solank as wat die feesdag duur, verseker wees van my barmhartigheid en welwillendheid!'

[9] Sê eers, wat se gesig die genooide na so `n uitnodiging sou trek en of die belêde feesmaaltyd vir hom ook wel `n feesmaal sou wees! Ek dink dat enige mens, hoe dom ook al, so `n uitnodiging sou bedank. As hy nie sterk in sy skoene staan nie, sal hy wel kom om daarmee onder die bedreiging van die bose gevolge uit te kom, maar as hy hom sterk genoeg voel, sal hy die brutale uitnodiger pak en hom uit sy huis uitgooi. Dat hy so `n uitnodiging sekerlik nie sal aanneem nie, is vanselfsprekend.

[10] Juis daarom moet daar by die uitbreiding van My leer, wat ook `n ware uitnodiging is na `n hemelse feesmaaltyd, vóór alles daarop gelet word dat almal wat My leer onder die mense van die aarde sal verbrei, as egte hemelse bodes, vervul met vriendelikheid en liefde, te midde van die mense sal rondgaan en so die evangelie sal verkondig. Want `n mens kan by die verkondiging van iets buitengewoon heuglik en goed tog nie `n gesig opsit soos `n donderwolk wat plotseling opgekom het nie. En as iemand dit tog sou doen, sou hy óf `n dwaas, óf `n grapmaker wees en as sodanig heeltemal ongeskik wees vir die uitbreiding van My woord. - Het jy en het ook julle ander dit wat Ek nou gesê het, baie goed verstaan?"

[11] Cyrenius wat berouvol geword deur die waarheid van My waarskuwing, sê: "Heer, enige Waaragtige, ek het dit alles goed verstaan en ek, sprekend vir myself, sal my in alles streng daarby hou! Natuurlik kan ek nie vir al die ander instaan nie, maar ek glo dat hulle U almal net so goed verstaan het soos ek. Ek sien nou tewens in hoe erg en hoe dikwels ek my besondig het aan die mensdom, terwyl ek na my beste wete, gewete, wil en gedagtes gehandel het! Wie sal dié sondes van my weer ongedaan maak by hulle teen wie ek gesondig het?"

[12] Ek sê: "Moenie jou nooit daaroor bekommer nie, maar wees besorg oor die toekomstige! - Maar nou sal daar dadelik iets anders aan die orde wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205