Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 191

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die swartes wat agterna gekom het

191 (Die Heer:) "My Naam as mens op aarde is Jesus van Násaret, en JaHWeH van ewigheid af; maar van nou af aan sal dit in ewigheid Jesus bly. In hierdie Naam sal julle alles kan doen en tot stand bring, nie net vir die tydelike nie, maar ook vir ewig!

[2] Julle moet My bo alles liefhê as julle God en Majesteit en Heer en julle moet mekaar liefhê, elkeen soos julleself, dan sal julle in My liefde, in My krag en mag bly en My lig sal nooit van julle wyk nie!

[3] As julle egter swakker word in die liefde vir My en julle armer broers en susters, dan sal dit ook in julle hart donker word en My krag en mag in julle sal afneem en uiters gering word! Ook al sal julle dan My Naam aanroep en daardeur wil werk, dan sal dit julle tog geen krag en mag meer gee nie; want alle krag, alle mag en alles wat julle in My Naam sal volbring, kry julle alleenlik maar deur die liefde vir My en vervolgens daaruit vir die naaste!

[4] My Naam alleen bewerkstellig niks nie, maar net die liefde daarin, daardeur en vir hom en daaruit vir die naaste! Wanneer iemand by wie `n arm mens kom wat hom om hulp smeek, sê: ‘Gaan heen en sorg dat jy dit verdien!’, dan het hy waarlik nie My liefde nie en hy sal in My Naam geen mag en krag kry nie!

[5] Gaan nou heen en vertel dit aan jou metgeselle, en kom dan terug, dan sal Ekself aan jou nog meer van die Evangelie vertel! Laat dit so wees!"

[6] Oubratouvishar buig diep voor My en gaan na die tafel van sy metgeselle om aan hulle mee te deel wat hy van My gehoor het. Maar hoe groot was sy verbasing toe hy in plaas van die etlike twintig persone wat hy saamgeneem het, ook nog vier-en-dertig vroue aan tafel sien sit. Hy herken hulle natuurlik dadelik as sy bure en naaste verwante en sy eerste vraag was heel verstaanbaar niks anders nie as: ‘Hoe en wanneer hulle agterna gekom het?’

[7] En die nagereisdes antwoord: "Om self te sien en hoor is beter as om die wonderbaarlike suiwer net uit die mond, ook al is dit van die betroubaarste oog-en oorgetuies, te verneem! Ons was altyd `n halwe dagreis agter julle!

[8] Ons sou dit nie aangepak het as daar nie, kort na julle vertrek, `n werklik onbeskryflike mooi, skitterend wit jongman asof uit die hemel na ons afgedaal het en ons letterlik daartoe aangedryf het nie. Ons het `n kudde koeie, bulle, en `n klein troppie skape saamgestel en het daarmee tot by Memphis gekom; daar het die goeie owerste ons al van ver af met sy mense tegemoet gekom en gesê dat ook hy van dieselfde jongeling berig oor ons gekry het en ons daarom tegemoet gekom het.

[9] Hy vertel ons oor julle, neem intussen ons kudde in bewaring en voorsien ons daarvoor van goud en silwer in verskillende gewigs- en waarde-eenhede om daarvoor, soos wat nou orals gebruiklik is, allerlei lewensmiddele en ander dinge en sake te ruil. Ons bedank hom en hy gee ons begeleiers tot in Alexandrië mee, wat ons onderweg al die nodige verskaf en ons in Alexandrië ook `n veilige waterkis besorg waarin ons oor `n groot water, waaraan maar geen einde wou kom nie, hierheen gebring is.

[10] Toe ons op die kus afgesit word, sien ons julle voetafdrukke heeltemal onbeskadig in die sand en op dié spoor het ons agter julle aangetrek. Ons het ten slotte so naby aan julle gekom dat ons die stof wat deur julle kamele opgewoel was, goed kon sien; net toe julle agter `n bos en `n berg verdwyn, kon ons niks meer van julle waarneem nie.

[11] Maar juis toe kom die jongeling ons tegemoet en dié het ons op so `n manier hierheen gebring dat ons daaroor maar net kan sê dat ons nou self tot ons verbasing hier is! Hoe ons egter van daar na hier gekom het, daarvan weet ons nog minder as van `n bose droom!

[12] Ter wille van ons het daardie Mees Verhewene egter nou iets aan jou opgedra! Wat is dit? Spreek! Want Hy sien daar uit volgens die visioene wat jy ons so dikwels vertel het, wat die uiterlike betref, presies so uit as Die Een waarvoor jy en ook ons almal eintlik hiernatoe gekom het! Spreek, spreek!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205