Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die erflike kwaad van die eieliefde

108 (Die Heer:) "Julle het van die erfsonde gehoor – ten minste sekerlik julle Judeërs (Jode)! Wat is dit en waaruit bestaan dit? Kyk en luister!

[2] Dit is die ou eieliefde as vader van die leuen, en al die kwaad wat daaruit voortvloei. Die leuen is egter die ou, sondige materie, wat in sigself niks anders is nie as `n lelike en sondige verskyningsvorm van die eieliefde, die selfsug, die hoogmoed en die heerssug.

[3] Dit was alles weliswaar gevolge van die noodsaaklike prikkel wat Ek ter wille van die besef van die eie, vrye wil in die geeste moes plaas, maar hoewel die prikkel noodsaaklik was, was die sondige vorming van die stoflike wêrelde as gevolg daarvan, beslis nie noodsaaklik nie. Dit was binne My orde ongelukkig slegs `n toegelate, noodsaaklike gevolg van die feit dat soveel geeste die prikkel nie wou weerstaan nie, hoewel hulle dit sou kon gedoen het – eweas wat ses maal soveel oorspronklik geskape geeste dit kon doen, waarvan daar nou één hier gereed staan om ons te dien en die naam RafaEl dra.

[4] Die vyand wat altyd die onkruid tussen die suiwere koring strooi, en nog strooi, en nog heel lank sal strooi, is derhalwe die ou eieliefde, en sy gevolg wat nou aan julle bekend is, is die onkruid, en in die ruimste sin omvat dit alle materie, in watter vorm dan ook, alle leuens, die Satan en die duiwel.

[5] My Woord is egter die edele en suiwer koringkorrel, en julle vrye wil is die landery waarin Ek as Saaier van alle lewe die suiwerste koring van My ewige orde strooi en saai.

[6] Laat julle nie deur die eieliefde oormeester nie, maar bestry dit eenvoudig en kragtig met die gloeiende swaard van die ware, algeheel onbaatsugtige liefde tot My, en tot julle naaste broers en susters, dan sal julle die land vry hou van alle onkruid, en eendag self as suiwerste en kosbaarste vrug My ryk binnegaan, en daar nuwe en suiwer geestelike skeppings aanskou en bestuur tot in ewigheid!

[7] Maar let daar goed op dat die vyand, of die eieliefde in julle, geen plekkie so groot soos `n atoom in die hande kry nie; want hierdie atoom is reeds `n saad van die ware onkruid wat mettertyd julle vrye wil algeheel vir homself in beslag kan neem, en julle suiwer geestelike wese gaan dan altyd verder in die onkruid van die materie oor, sodat julle dan self `n leuen word, omdat alle materie as sodanig heel duidelik `n klinkklare leuen is!

[8] Die kleinste atoom eieliefde in julle, My leerlinge (dissipels) van nou, sal in duisend jaar uitgroei tot hele berge vol van die giftigste onkruid, en die mense sal My woord in die stegies en strate met die gemeenste vuilheid bepleister, sodat geen leuen vol hoogmoed en haat daaraan aanstoot sal neem nie! Maar as julle heeltemal binne My orde sal bly, sal julle weldra die wolwe tesame met die lammers uit één stroompie sien drink.

[9] Ek het julle nou `n uitleg gegee wat tot op hede nog nie in die gedagtes van enige gees geplas is nie, sodat julle daaraan kon sien wie Die Een is wat alleen in staat is om julle dit te leer, en waarom Hy dit doen. Sekerlik nie alleen vanweë die les nie, maar vanweë die regte daad daarna! Daarom mag julle nie maar net ydele en verbaasde toehoorders wees van lesse wat niemand vóór My nog ooit so openlik verkondig het soos Ek nie; ook is dit nie genoeg dat julle nou duidelik insien dat God Self, die ewige Vader, dit aan julle gesê het nie, maar julle moet julle harte streng ondersoek of in dié se liefde geen atoom onkruid aanwesig is nie. As julle dit vind, roei dit dan met wortel en tak uit, ook die kleinste worteltjie, en gaan dan met alle mag oorvloedig aan die werk volgens My orde wat aan julle nie meer onbekend is nie, dan sal julle ewig die ware lewensvoordeel daarvan oes!

[10] Sodat julle ook kan sien hoe alles wat Ek julle nou verduidelik het, daar uitsien, sal Ek nou vir `n kort tydjie julle oë open, sodat julle alles ook met eie oë kan aanskou. Skenk daarom nou goed aandag aan wat julle sal sien!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205