|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 130
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Wat die heldersiende Mathaël gesien het by die teregstelling van die roofmoordenaars
130 (Mathaël:) "Toe ek `n jong seun van twaalf jaar was en reeds in staat was om met manlike erns te dink en te praat, word daar in Jerusalem `n aantal roofmoordenaars van die ergste soort veroordeel om gekruisig te word. In totaal was daar sewe. Dit was in dié tyd nie net in Jerusalem baie opsienbarend nie, maar ook in die verre omtrekke. In dié tyd was `n sekere Cornelius hoof van die Romeinse leër en daarby ook ad interim, d.w.s. tydelike landvoog. Hy was besonder vertoornd op hierdie aartsbooswigte, omdat hulle met `n ware tiere-aard die gevange mense sommer vir hul plesier onder allerlei verskriklike martelings doodmaak en daar des te meer plesier in het namate hulle iemand langer kon martel. Kortom, die begrip 'duiwel' sou vir hulle nog veels te goed en fatsoenlik gewees het!"
[2] Hier onderbreek Cornelius hom en sê: "Vriend, vergeet nie jou woorde wat vir my uiters waardevol is nie, maar ek moet hier ter wille van die waarheidsgetrouheid van jou vertelling nog opmerk dat ek dié Cornelius was! En gaan nou maar weer verder met jou verhaal, want tot nou toe was daar nog geen enkele onwaar woord by nie!"
[3] Mathaël vertel verder: "So heel vaagweg vermoed ek dit al wel, omdat ek my jou gesig uit dié tyd nog redelik goed herinner en dit is maar net tot voordeel van my verhaal dat jy in jou hoë funksie `n sprekende en waaragtige getuie daarvan is! Wees dus so goed om verder na my te luister!
[4] Omdat dié sewe dus sulke boosaardige duiwels was, besluit Cornelius dan ook om, as afskrikwekkende voorbeeld, sonder mededoë teenoor hulle op te tree. Dit bestaan daarin dat hulle allereers veertien volle dae lank die dood in die vooruitsig kry, terwyl hulle gedurende hierdie tyd daagliks heel realisties voorgelees word oor die martelings wat hulle te wagte staan. Origens word hulle tydens hierdie verskriklike tyd goed gevoed, sodat die lewe vir hulle baie aangenaam sou lyk en die met sekerheid te verwagte, pynlike dood hulle des te bitter sou voorkom.
[5] Ek het tesame met my vader hierdie kêrels ongeveer vyf maal besoek, sien hulle egter aan die einde steeds rook soos `n halfverkoolde en nog gloeiende houtblok en dié damp en rook versprei, in elk geval vir my neus, `n ondraaglike stank, wat waarskynlik op hierdie wêreld met niks te vergelyk is nie! Hoe langer hul wagtyd duur en hoe nader hul verskriklike dag kom des te deurdringender word die damp, rook en stank. Dit is te verstane dat die kleur van die sewe duiwels nog meer verander as dié van `n verkleurmannetjie.
[6] Eindelik kom die vreeslike dag van verskrikking. Die geregsdienaars en die beulsknegte kom en die sewe word in die openbaar in die aanwesigheid van duisende toeskouers tot op hul skaamte ontklee en vervolgens tot bloedens toe gegésel. Ek kon hierdie teregstelling slegs van veraf sien, maar merk tog op dat tydens hierdie behandeling `n aantal swart vlermuise soos `n swerm bye uit die gegéseldes wegvlieg; en dit lyk of klein vlieënde drake hulle bo die gegéseldes verhef, wat nou al heelwat minder damp en rook.
[7] Maar toe ek bietjie noukeuriger kyk, sien ek gou dat hierdie damp en rook vinnig allerlei afgryslike vorms aanneem, wat dan soos die voornoemde swart vlermuise wegvlieg; ook die klein drake word so gevorm. Hoeveel sulke helse kreature sou daar gedurende dié veertien dae hulle losgemaak het van die sewe?
[8] Maar nadat die sewe op barbaarse wyse gegésel was, merk ek dat hul eers heel duiwels-uitsiende gesigte `n ietwat mensliker uitdrukking kry, en dat die misdadigers ook swakker en banger word; hulle laat my dink aan dronk mense wat skaars weet wat daar met hulle gebeur. Ek vind dit baie vreemd dat hierdie vroeëre woestelinge nou so mak soos lammetjies begin word.
[9] Na die geséling word daar sewe kruise gehaal en elke misdadiger kry een op sy skouers om na Gólgotha te dra, wat sedert lankal die algemene teregstellingsplek van die Romeine was; maar ondanks alle stampe, slae en mishandelinge was geeneen van hulle in staat om met die doodslas wat hom opgelê is, ook maar `n voet te versit nie. Daarom laat die mense `n groot wa kom, ingespan met twee sterk osse, lê eers die kruise daarop en dan daar bo-op die misdadigers, bind alles met toue en kettings stewig vas en ry toe na Gólgotha.
[10] Daar aangekom, waarheen behalwe ekself en my vader maar min van die volk gevolg het vanweë die verskriklike wreedheid, maak die mense alles weer los, sleep die misdadigers wat van bloed drup van die wa af, bind dadelik die een na die ander met growwe 303 en van dorings voorsiene toue stewig aan die kruispale vas, en plaas dit toe regop in die gate wat spesiaal daarvoor in die rots uitgekap was. Nou begin die misdadigers eers regtig te skreeu en vreeslik te jammer!
[11] Dit moes gewis vir hulle ondraaglike pyn veroorsaak het, want ten eerste was hul liggame al heeltemal oopgeskeur - en ten tweede was daardie toue met dorings daardeur heengevleg en ten derde die growwe en ruwe hout! Want so `n kruis is weliswaar stewig, maar verder altyd so grof moontlik tot `n kruis saamgevoeg en dit moet by die een wat met `n gesonde liggaam met hande, voete en middel daarteenaan vasgebind word, al sonder meer ondraaglike pyn veroorsaak, laat staan nog by iemand wat reeds meer as verskriklik belemmerd is weens foltering. Ek het dit slegs daarom so uitvoerig beskryf sodat julle, broers, in die teenwoordigheid van die Heer die nou volgende des te makliker kan begryp en terselfdertyd ook om aan te toon hoe standvastig en getrou die geëerde Cornelius sy woord as regter nagekom het.
[12] Hoe langer die sewe aan die kruise hang, des te verskrikliker word hul geskreeu en des te ontsettender lasteringe en vloeke uiter hulle, tot hulle na ongeveer drie uur, omdat hulle heeltemal hees en hul stem kwyt was, slegs nog maar bloederig kwyl en hulle tonge en lippe stukkend byt. Na sewe volle ure word hulle rustiger en dit lyk asof hulle almal gelyktydig deur `n senuweeslag getref is.
[13] Ek moet egter eerlik beken dat dit alles vir my uiteindelik tog nie baie prysenswaardig voorgekom het nie, ondanks die feit dat hulle, toe hulle nog vry rondloop, soos egte duiwels te kere gegaan het en daar beslis niemand in die hele Jerusalem en Judea was wat ook maar één van die sewe sou betreur het nie! Maar dit is so; die wet skryf dit voor en in die oë van die wêreld het hulle dit verdien!
[14] Van dit wat ons tans, o Heer, uit U mond gehoor het, en wat U ons laat sien het, het toe natuurlik geen mens ook maar die geringste vermoede gehad nie, en dus was dit regverdig en tereg om hierdie sewe as afskrikwekkende voorbeeld vir die baie wat op die een of ander wyse dieselfde doen, uiters swaar volgens die wet te straf. Maar hoe weersinwekkend gruwelik die hele verhaal tot nou toe al was, dit verdwyn volkome in die niet by die vervolg daarvan wat ek julle nou gaan vertel.
[15] By hierdie sewe begin hom nou ook op die hoogte van die bors `n vreemde soort gitswart newel en rook te ontwikkel, wat uitdy tot tweemaal die grootte van hulle wat aan die kruis hang. Ek sien ook die bepaalde newelige draad raak waarmee die na buite gekome newel met die nog koorsig en krampagtig rukkende liggaam in verbinding is. Die swart newel gaan egter nie oor in menslike vorm nie, maar in die verskriklike vorm van `n groot, heeltemal swart tier, wat egter asof met bloed gestreep is.Sodra hierdie swart gediertes hul vorm gekry het, begin hulle dadelik op vreeslike wyse tekere gaan en hulle probeer hulleself met alle mag heeltemal van die liggaam losmaak. Maar dit gebeur nie, want die lewensnoere is so taai dat hulle onmoontlik deur enige geweld te breek is.
[16] Dit alles word vir my te gek en te afgryslik en omdat dit tog alreeds ruim `n uur na die middel van die dag was, gaan ek en my vader huis toe en eers onderweg vertel ek my vader wat ek alles tydens die verloop van die kruisiging gesien het. Hy erken aan my weliswaar dat hy niks dergeliks gesien het nie, maar dat hy my oë goed dopgehou het, en uit hul stip gevestigde heen en weer gly goed waargeneem het dat ek daar iets besonders moes sien; daarom glo hy ook die getrouheid van my woord. Hy as geneesheer van noodgevalle en as filosoof en terselfdertyd teosoof, ontdek veel gedenkwaardigs daarin, hoewel hy ondanks al sy filosofie en teosofie eweveel van my verhale verstaan as ekself; maar hy neem hom voor om teen die aand tog weer daarheen te gaan om deur my nog verdere waarnemings te kan doen en om by geleentheid die Sadduseërs eendag flink te kon vertel dat hulle die grootste osse en esels is as hulle die onsterflikheid van die menslike siel loën."
|
|
|
|
|