Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die seën van die oerkultuur by die eenvoudige mens

184 (Die owerste:)" 'Behou daarom julle groot en oorspronklike, natuurlike reinheid en verlang nooit na so `n miserabele kultivering van die land nie! Bou veral geen stede nie! Bly in julle eenvoudige hutte en julle kan vir alle tye der tye die gelukkigste volk op die aarde wees, veral as julle in die regte kennis van die een en ewige ware God bly, Hom alleen eer en liefhê! Ook al kan julle Hom nie sien nie, dan sien Hy julle tog en Hy sal julle altyd die krag gee wat nodig is om elke element wat vir die mens vyandig is, weg te hou. Volgens die oorspronklike natuurwette is die mens meester oor alles wat op, onder en bo die aarde is, leef en asemhaal.

[2] Julle is nog wat die mens moet wees! Vir julle vlug die woedende leeu, en tiers, luiperds, hiënas, wolwe, bere, slange en adders vermy julle nabyheid; slegs die mak kuddes volg julle te voet! Met sulke eienskappe toegerus, staan die mens nog op die vlak van die verhewe oerbestaan waarop die Skepper hom aan die begin van alle skepsels gestel het. Gaan lê in die gras waarin die ratelslang en die giftige adder hul ligsinnige spel speel en hulle wyk van die heilige plek waarop die mens as meester van die natuur sy lêplek gekies het! Die kwaai mier, die vloek van so vele bosse en grasvlaktes, trek weg sodra die mens in sy oerkrag die gebied betree en sy woning oprig. Die leeu, die luiperd, die kwaadaardigste tier bly ver van die kuddes wat die egte mens bewaak en die krokodil, die draak van die Nyl, is nooit te sien in dié dele van die land wat deur mense bewoon word nie. Die ibis, die ooievaar en die icz ne ma on (ichneumon = gif het hy nie) staan die mense baie bereidwillig ten dienste en reinig die land van al die kruipende ongediertes, en die skerpsiende aasvoëls soek na alle kadawers en eet dit sodat die lug nie daardeur verpes sal word nie.

[3] O, wat `n heerlike bestaan het `n egte mens in elke streek en wat `n ellendige lewe het die mense in die stede wat vol hoogmoed en vol stinkende eieliefde is! In hulle het alle oerlewenskrag verdwyn; hulle het in die groot ryk van die hul omgewende natuur vreemde liggame, vreemde wesens geword, wat enige verband met God en daardeur ook met alle ander skepsels verloor het. Hulle moet versterkte burge (dorpe) en kastele bou om hulle daarin teen die vyandige natuur te verweer en so goed moontlik te beskerm!

[4] As ek vandag honderd mense laat oornag op die weiveld wat ek julle sal aanwys, dan sal daar môreoggend geen enkele oorlewende wees nie, want hulle is geen mense meer nie, maar swak afskaduwings daarvan, en hul misvormde liggame is ware woonplekke van alle moontlike uit die natuur en die onnatuur afkomstige kwade en onryp geeste. Hul uitstralende lewensfeer is nie meer hul goddelike self nie, maar `n lae dierlike self en daarom is daar geen krag meer in hulle nie en nog minder rondom hulle. Die natuur om hulle heen neem in hulle nie meer die hoogtepunt van hul bestaan as skepsel waar nie, maar net `n algehele verworpenheid en `n volledige verwoesting van die bestaansvlak waarop elke skepsel sy hoogste doel moet bereik. Dít is die rede waarom al wat geskape is totaal vyandig staan teenoor hierdie mense en hulle op elke moontlike wyse probeer vernietig, omdat dit van hulle niks meer te verwag het nie.

[5] Edele, swartvellige vriend, wees daarom met jou hele volk bly dat julle swart is en dat julle nog woon in die totaal onskuldige voorjaarshutte van die ware lewe. Want juis daardeur is julle nog wat die ware mens volgens die orde van die allerhoogste Gees van God moet wees! Bly daarom egter ook altyd wat julle nou is, ook in julle laaste nageslag, dan sal julle nooit oor nood en ellende van die menslike lewe hoef te kla nie!' "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205