Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 247

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor die besetenheid. Die langsame uitbreiding van die evangelie

247 Mathaël sê: “Ja, Heer, dit is vir my nou volkome duidelik, maar hoewel ek en my vier metgeselle tog ook slegter was as honde, en ek `n duiwel was, het U almagtige wil my tog baie gou genees en ek het desondanks, nie die selfbewussyn en die herinnering aan alles van vroeër verloor nie! Hoe is dit dan daarmee? Daar het U almag ons tog baie gou volledig gehelp!"

[2] Ek sê: "Ja, My vriend, dit was `n heel ander geval; nie julle siele nie, maar slegs julle liggame was bedorwe, omdat daar in julle ingewande `n aantal bose geeste genestel het! Hulle het die liggaamlike organisme verower in soverre dat hulle daarin meester en owerste was solank hulle wou, en julle siele, wat lankal nie meer opgewasse was teen soveel geeste nie, het hulle gedurende die tyd teruggetrek en het die bose geeste in julle liggaam hul gang laat gaan.

[3] Maar daardeur het julle siele nie die minste skade gely nie, want sulke besetenheid word ook slegs maar daar toegelaat waar `n liggaam bewoon word deur `n siel wat reeds so suiwer is, dat die slegte, nog baie onryp geeste van siele uit die hiernamaals, hierdie siel beslis nie kon skaad wanneer hulle nog eenmaal, in die bedoeling om daar beter te kan word, gebruik maak van `n liggaam nie.

[4] Die geringste uiting van My mag is dan voldoende om duisendmaal duisend van sulke siele uit die liggaam te verwyder, waarvan `n voorbeeld, wat vandag nog gegee sal word, jou nog meer sal oortuig. As die geeste eenmaal uit die liggaam is, sal jy seker `n behoorlike swakte in jou liggaam voel, wat aanhou totdat die siel haar weer meester gemaak het van die hele liggaamlike organisme. Sodra dit plaasgevind het, heers die ou, heeltemal gesonde siel weer in die liggaam; hier word dus slegs die liggaam en nie die siel deur My almag gehelp. Maar wanneer `n siel as sodanig deur haar eie wil verwoes is, kan My almag nie meer help nie, maar slegs liefde, onderrig en geduld, omdat elke siel self moet gaan bou en haar self met haar gegewe materiaal moet vervolmaak. - Begryp jy dit nou? As daar nog iets nie duidelik is nie, vra dit dan, want dit is nou die tyd van die algehele uitleg oor alles, en julle het baie lig nodig om al die ander in al hul duistere lewenskamertjies so goed as moontlik te verlig!"

[5] Mathaël sê: "Heer, U, die enige wyse en liefdevolle van ewigheid! Alles is vir my nou volkome duidelik en ek glo dat daar in die lewenskamertjie van my siel nog maar weinig duisternis heers, maar hoe dit met baie ander gesteld is weet U, o Heer, natuurlik slegs maar self! By my skoonvader en by my vrou sal nog wel `n aantal duistere kamertjies wees, slegs daar sal ek met U barmhartigheid en hulp die ontbrekende in elke geval sorgvuldig aanvul!"

[6] Ek sê: "Doen dit maar, want jou skoonvader en jou vrou was tot op hede nog heidene, maar heidene van die beste soort, waarvan Ek kan sê: Elkéén van hulle is vir My kosbaarder as duisend nakomelinge van die Judeërs in Jerusalem en ook in die ander twaalf stede van die hele beloofde land! Want hulle wil almal niks hoor en weet van `n God wat naby is nie; `n Oneindige, êrens ver verwyderde God is vir hul beter, omdat hulle heimlik by hulleself in hul groot domheid dink dat `n êrens eindeloos ver verwyderde God makliker vir die gek gehou kan word as `n baie naby Een!

[7] O, wat `n ontsettende vergissing van die Judeërs in hierdie wêreld! Maar wat kan mens dan anders doen, as met die grootste geduld en selfs met opoffering van die eie liggaamlike lewe, as dit nodig mag wees, die mense deur onderrig en ooreenkomstige dade na die oerlig van al die oorsprong en lewe terug te bring?!

[8] En dit is nou die taak wat Ek Myself vir julle gestel het, en julle taak vir die naaste sal volg! Weliswaar mag julle geen hoop koester dat dit alles al binne enkele jare sal kan plaasvind nie! Ek sê vir julle: Oor duisend jaar en meer, sal meer as die helfte van die wêreldbevolking nog geen sillabe van My woord gehoor het nie!

[9] Maar dit skaad nie die saak so baie nie, want ook in die hiernamaals sal die evangelie gepredik word aan die geeste van alle dele van die wêreld. Maar wees desondanks tog heel ywerig hier, want die ware kindskap van God vir My binneste en suiwerste liefdehemel sal slegs hieruit bereik kan word! Vir die eerste en ook vir die tweede hemel kan nog in die hiernamaals gesorg word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205